|
|
Vigs
Vigs is ‘n siekte wat miljoene Suid Afrikaners
raak. Dit word veroorsaak deur die MIV Virus wat
geleidelik mense se vermoë om ander siektes
te beveg aftakel. Die virus bly lewenslank in
die liggaam, wat beteken dat alle mense met MIV
uiteindelik vigs sal kry met noodlottige gevolge.
Suid Afrika het die grootste aantal mense met
MIV/Vigs in die wêreld en sowat 20% van
die volwasse bevolking.
MIV word soos volg versprei
:
• Deur onbeskermde seks met ‘n besmette
persoon te hê
• Besmette bloed (Bloed oortappings) –
besmette naalde of instrumente
• Oordrag van ‘n besmette moeder na
‘n kind gedurende swangerskap, geboorte
of borsvoeding
Jy kan nie op ander maniere besmet word nie soos
bv:
• Hoes en Nies
• Deur aanraking, vas te hou of soen nie
(behalwe as jy ‘n seer in jou mond het en
die persoon met vigs ook.)
• Muskietbyte
• Urine of sweet
• Openbare toilette, stoombaddens, storte
of swembaddens
• Deur handoeke, linne, klere, eetgerei
of breekware te deel nie
Simptome:
Die meeste mense sal drie weke nadat hulle die
virus opgedoen het die volgende simptome ervaar:
• Koors en nagsweet
• Pynlike spiere en moegheid
• Seer keel
• Diaree
• Veluitslag en seervorming aan die binnekant
van die mond en genitaliëe
• Hoofpyn seer oë en sensitiwiteit
vir lig
Hierna het die meeste mense vir ‘n lang
tyd (+- 10 jaar) geen simptome nie tot die volgende
simptome begin:
• Onverklaarbare gewigsverlies
• Swelling van die kliere
• Maklike kneusings
• Terugkerende ongewone veluitslae wat met
jukkerigheid gepaard gaan
• ‘n Dik wit laag op die tong, mond
of vagina wat ernstig is (sproei)
• Sinusvolheid en dreinering
• Terugkerende herpes
• Gordelroos
• Aanhoudende seerkeel
• Aanhoudende hoes of kortasem
• Koors wat meer as 10 dae aanhou
• Nagsweet en koue
• Verandering in visie
• Pyn en verlies aan beheer van krag in
spiere en verlamming
• Vlekke of perserige groeisels op die vel
of aan die binnekant van die mond
Medikasie:
Daar is geen medisyne middel wat die MIV infeksie
kan genees nie maar daar is medisyne wat die vordering
vertraag. Al kan hierdie middels nie die virus
elimineer nie kan dit wel die simptome vertraag.
Antiretrovirale medikasie genees mense nie van
die MIV of VIGS nie en al die middels het newe
effekte wat ernstig kan wees, AZT mag die rooi
of die wit bloedselle uitput, veral as dit in
dielatere stadium van die siekte geneem word.
Die algemeenste newe-effekte is onder meer naarheid,
diaree en ander maagderm simptome. Navorsing word
steeds gedoen oor alternatiewe behandelings om
die vigs epidemie te stuit. Sterols en steroliene
en ander voedingsaanvullings kan gebruik word
en is goedkoper en meer doeltreffender om die
simptome te verlig en gesond te probeer bly.
Baie mense wat MIV-positief is, leef lank deur
na hulle gesondheid te kyk en fiks te bly, behandeling
te kry as hulle siek is en deur die regte kos
te eet. Deur stres te verminder en veilige seks
te beoefen kan dit ook lank uitgerek word.
Hoe om simptome van opportunisties infeksies te
verlig:
a) Diaree:
Probeer ses klein maaltye per dag eet. Dis noodsaaklik
om verlore vloeistowwe te vervang om dehidrasie
te voorkom. Vermy gasvormende kos soos kool, ertjies,
lensies, blomkool, uie, neuter, bone en knoffel.
Vermy alcohol en kafeien, want dit ontwater die
liggaam. Beperk fruktose - soos Appelsap, druiwe,
heuning, dadels, neute, vye, appelkose en tamaties
b) Naarheid:
Eet gereeld klein maaltye – so elke twee
tot drie ure, en vermy hoë vet en olierige
kos. Probeer om vir minstens twee ure nadat jy
ge-eet het nie te lê nie. Eet eenvoudige
laevet kosse soos rys, roosterbrood, pasta, piesangs
en aartappels
c) Seer mond of keel:
Eet sagte nat kos teen kamer temperatuur. Drink
vloeistowwe deur ‘n strootjie. Vermy souterige,
branderige of suur kos, asook gaskoeldranke
d) Droë mond:
Bedien kos met ‘n sous. Drink vloeistof
tydens etes en maaltye.
Eetgewoontes vir VIGS
Om reg te eet is van uiterste belang as deel van
MIV-sorg, Vigs en vigsverwante
infeksies
Vigslyers behoort ‘n hoë energie, hoë-proteien
dieet te volg soos bv:
a) Grondboontjiebotter, eiers, suiker en vetvrye
melkpoeier wat gebruik kan word om die proteiene
inname en energie inhoud in pap, soppe, souse
en bredies te vermeerder.
b) Minstens 500-750ml volroom melk of joghurt
daagliks. Suiwelprodukte is ryk aan proteien,
kalsium en verskeie ander voedingstowwe..
c) Bone, lensies en ertjies is ‘n goeie
bron van proteiene.
d) Smeer heuning of konfyt op brood vir ekstra
energie.
As jy enige navrae oor MIV/vigs het kan jy die
gratis 24uur vigshulplyn skakel by 0800 012 322
Borskanker:
(Vigs, Borskanker,
Kanker, Diabetes,
Rook, Vel,
Stres)
Wat veroorsaak borskanker?
Daar is tans nie sekerheid oor wat borskanker
veroorsaak nie, maar daar is belangrike faktore
wat dit kan verhoog.
Risiko Faktore:
• Om ouer as 50 te wees
• Indien jou ma of suster gediagnoseer was
met borskanker – veral as dit voor menopouse
ontwikkel het
• Indien jy nog nooit ‘n kind gehad
het nie en jou eerste kind na die ouderdom van
35 gebore is
• Vroë maandstonde voor jou tienerjare
• Laat menopouse – na die ouderdom
van 50
• Langtermyn-hormoonvervangings terapie
Jou leefstyl kan ook ‘n baie belangrike
rol speel – risiko faktore verwant aan borskanker:
• ‘n Dieet wat baie diervette bevat
• Alkohol inname – meer as 2 drankies
per dag
• Rook
• Deur oorgewig te wees
• Min fisiese aktiwiteite
Dit is raadsaam om ‘n “Bors Self Ondersoek”
te doen een keer per maand en ‘n ondersoek
ten minste een keer per jaar deur ‘n gesondheidspraktisyn.
Dit neem slegs 10 minute en jy kan so bewus word
van enige vordering in jou bors wat tekens van
borskanker kan wees.
Die beste tyd om jou borste te ondersoek is gedurende
die week na maandstonde. Dit is wanneer jou borste
die sagste en minste teer sal wees, wat dit makliker
maak om ‘n knop te vind. Indien jy nie meer
jou maandstonde kry nie, kies dieselfde dag van
elke maand. Dit maak dit makliker om te onthou.
Indien jy voorbehoedpille neem raadpleeg jou dokter
oor die regte tyd.
Gaan soos volg te werk met die self ondersoek:
Heel eerste staan voor die spiel en kyk:
Wat is ‘n
mammogram?
Dis ’n lae dosis bors X-Straal wat kanker
in die bors kan opspoor selfs nog voor ‘n
knop gevoel kan word. Dit is tans die beste metode
van opsporing. Indien jy oor 40 is, is dit raadsaam
om ‘n mammogram elke 1-2 jaar te hê.
Dit word egter nie vir vroue onder 40 as ‘n
roetine ondersoek aanbeveel nie.
‘n Mammogram kan kanker opspoor jare voor
jy kan.
Vir meer inligting besoek:
www.cansa.org.za
Kanker (Vigs,
Borskanker, Kanker,
Diabetes, Rook,
Vel, Stres)
Praktiese advies in die hantering van kanker:
Ondanks die omstandighede waarin ons ingelig word,
is die diagnose van kanker ‘n hoogs emosionele
en vreesaanjaende ondervinding. Hoewel die hantering,
behandeling en herstel van kanker as oorweldigend
en selfs onoorkomlik kan voorkom, is dit egter
nie ‘n doodsvonnis nie.
Die grootste wapen wat die kankerpasient het,
is inligting – oor die siekte, behandelingsproses
en ondersteuningsgroep. Dit speel ‘n kardinale
belang in die hantering van alle aspekte van die
siekte en die herstelproses. Terselftertyd is
dit belangrik om nie na oningeligte mense te luister
nie ten spyte van van hul goeie bedoelings. Spesialiste
in kanker – bekend as onkoloë kan van
onskatbare waarde wees in die besluitneming van
geskikte behandelings prosedures.
Dit is noodsaaklik dat die kanker pasient ‘n
aktiewe eerders as ‘n passiewe rol speel
in alle aspekte van hul siekte. Dit behels om
ingelig te wees, om te weet watter opsies is beskikbaar
en dinge om te bespreek met hulle geliefdes en
om verantwoordelikheid te neem vir jou optrede.
Kanker se voreë waarskuwings tekens
Volwassenes:
• Ongewone bloeding of afskeiding
• ‘n seer wat nie gesond word nie
• ‘n Verandering van ‘n moesie
of a vrat
• Slegte spysvertering of probleme om te
sluk
• Aanhoudende gehoes of heesheid
• ‘n verandering in die derm of blaas
gewoontes
• ‘n Knop of ‘n verdikking erens
op die liggaam
• Skielike gewigsverlies
Kinders:
• Aanhoudende koors
• Gereelde pyn wat nie beter raak nie
• Hoofpyn metnaarheid in die vroeë
oggend
• Pers merke wat bloeding onder die vel
toon
• Bleek gelaat met lusteloosheid, koors
of vreemde kneusplekke
• Verandering in balans, stap of persoonlikheid
• Gesigsvertrekking of skielieke skewe uitdrukkings
Wees ingelig en ontwikkel ‘n gesonde leefstyl
soos bv
• Volg ‘n gesonde dieet – vermy
bv gebrande vleis, te veel diervet en sout. ‘n
Gesonde dieet moet skoon drinkwater en ‘n
verskeidenheid van groente en vrugte (verkieslik
5 porsies pe rdag) insluit. Navorsing het getoon
dat die inname van tamatie die kanker gevaarsoorte
verminder as gevolg van die hoe inhoud van bestandeel
genaamd liopeen
• Moenie rook nie – Kanker van die
keel, long, nier, blaas keel, mond en pankreas
is rookverwant
• Gewigstoename – Vetsug volgens navorsing
is verwant aan kankersoorte soos die blaas en
borskanker. Gesonde eetgewoontes en gereelde oefening
is belangrike faktore om ‘n ideale gewig
te handhaaf
• Fisiek aktief – Stap, fietsry en
swem moet deel van jou daaglikse lewe wees. Matige
oefening dra grootliks by tot geestelike sowel
as fisiese gesondheid met ‘n positiewe uitkyk
op die lewe
• Alkohol – Om alkohol te gebruik
om jou persoonlike lewe te verbeter kan gevaarlik
wees – beide geestelik en fisies. Alkohol
word verbind met kankersoorte wat slukderm en
lewerkanker insluit.
• Son – Beskerm jouself teen die son
– Die son se skadelik UV strale kan lei
tot velkanker indien jy in die son verkeer tussen
10 vm en 3 nm sonder enige beskerming.
• Seksueel oordraagbare siektes –
soos MIV wat kan lei tot die ontwilkkeling van
kankersoorte soos Kaposi se sarkoom
Diabetes:
(Vigs, Borskanker,
Kanker, Diabetes,
Rook, Vel,
Stres)
Wat is diabetes?
Diabetes of suikersiekte is ‘n algemene
metabolisme disfunksie wat deur te hoë vlakke
van glukose (suiker) in die bloed gekenmerk word.
Die pankreas produseer gewoonlik insulien en so
word die glukose gekontroleer. Indien die pankreas
nie produseer nie word die persoon ‘n diabeet
Kern begrippe
Glukose is die eindproduk waarin alle voesel wat
ge-eet word in die bloed vervoer word. Dit verskaf
energie en is noodsaaklik vir groei en ander liggaamsfunksies.
Die pankreas is ‘n klier agter die maag
wat insulien produseer
Insulien veroorsaak die opname van glukose in
die ligaamselle. Indien die glukose nie die liggaamselle
binnegaan nie, bou dit in die bloedstrome op.
Dit veroorsaak dan te veel hoë vlakke van
glukose in die bloed.
Twee soorte suikersiekte:
Insulien afhanklike diabetes Mellitus (IADM)
Dit is tradisioneel bekend as tipe 1 suikersiekte
en ontstaan waar daar ‘n ernstige tekort
aan insulien in die liggaam is omdat die meeste
of alle selle in die pankreas wat insulien produseer
vernietig is.
NI-Insulien afhanklike Diabetes Mellitus (NIADM)
Tipe 2 suikersiekte, soos dit ook bekend staan,
ontwikkel wanneer die liggaam steeds insulien
produseer, maar die funksioneer nie normaal nie,
of daar is te min insulien. NIADM kom voor onder
ongeveer 80 – 90% van alle diabete.
Oorsake:
• Genetiese siekte wat in families voorkom.
Gewoonlik het iemand anders in die familie soos
‘n moeder, vader of grootouers suikersiekte
gehad
• Meer algemeen in oorgewig persone wat
nie aktief is nie – dit beteken nie dat
net oorgewig mense dit kry nie
• Kan veroorsaak word deur omgewingsfaktore
soos stres, virusse, trauma of disfunksie van
die liggaam se immuun sisteem
• Sekere medikasie soos steroides kan die
liggaam ‘n weerstand laat opbou teen insulien
• Swanger vroue kan onverdraagsaamheid teeenoor
glukose ontwikkel – daarom is dit belangrik
dat bloedglukose vlakke gehandhaaf word deur die
swangerskap
• Die risiko om dit te kry neem toe met
ouderdom
Gevaar tekens:
• Oorweldigende dors
• Uitslag, jeukerigheid
• Gewigsverlies
• Aanhoudende urinering
• Onverklaarbare moegheid
• Dubbelvisie
• Konstante hongerte
Kontroleer of beheer diabetes:
• Dieet
• Medikasie
• Oefening
• Bloedsuiker monitering
Dieetwenke:
• Eet gereelde maaltye met dieselfde hoeveelhede
stysel
• Eet minder diepgebraaide en vettereige
kos
• Lae vet smere, kaas en afgeroomde melk
asook maer vleis
• Eet meer veselryke kos soos boontjies,
ertjies en lensies
• Gebruik kunsmatige versoetmiddels
• Bereik ‘n ideale gewig en handhaaf
dit
• Drink alkohol in gematigde hoeveelhede
en nooit op ‘n lee maag nie
• Hoeveel jy eet is net so belangrik soos
wat jy eet.
Rookgewoontes:
(Vigs, Borskanker,
Kanker, Diabetes,
Rook, Vel,
Stres)
Volgens die Wêreld gesondheids organisasie
sal rook teen 2030 die nommer een oorsaak wees
van sterftes in die wereld. Rook veroorsaak selfs
meer sterftes as heroien, kokaien, alkohol , vigs,
vure, moorde en padongelukke saam. In Suid-Afrika
veroorsaak tabakverwante siektes ongeveer 25 000
sterftes per jaar
Siektes wat rook veroorsaak:
• Hartaanvalle
• Beroertes
• Bloedvatsiektes
• Emfiseem
• Chronies brongitis
• Maagsere
• Impotensie
• Kanker van die longe, keel, stembande,
mond, tong, slukderm, blaas, pankreas, niere,
maag en nek
By vroue:
• Vroeër menopouse en osteoporose
• Babas van moeders wat rook is meer geneig
om ondergewig gebore te word of om dood te gaan
voor hulle eerste verjaarsdag
Onmiddelike negatiewe uitwerking wat rook om jou
gesondheid het:
• Oog irritasie
• Hoofpyn
• Nasale ongemak en nies
• Hoes en keelseer
• Naarheid en duiseligheid
• Verhoogde hartklep en bloeddruk
Voordele van ophou rook:
• Binne 2 ure nadat jy gestop het is daar
geen nikotien meer in jou bloedsstelsel nie. Dit
mag egter 2 dae neem voordat nikotien by produkte
uit jou liggaam is
• Binne 6 ure verlaag jou hartklop en jou
bloeddruk val effens. Dit kan van 3 tot 30 dae
neem vir jou bloeddruk om terug te keer na normaal
• Tussen 12 en 24 ure is daar nie meer koolstofmonoksied
in jou liggaam nie. Longdoeltreffendheid verbeter
• Jy sal minder uitasem wees wanneer jy
jouself inspan en jou uithouvermoë sal verbeter
• Binne ‘n paar dae sal jy begin om
varser te voel – jou smaak kliere sal lewend
word en jou sin vir reuk sal terugkeer
• Binne dae sal opgehoopte slym loskom in
jou longe en jy sal die in die volgende paar weke
uithoes
• Cilia – die liggaam se natuurlike
reinigingsmiddel sal begin herstel en dit kan
tot 3 maande duur voor jou longkanale weer doeltreffend
skoongemaak word
• Binne 2 maande het die bloedtoevoer na
die liggaam verbeter
• Jy sal meer energie hê en die trots
van genoegdoening sal jy ervaar
• Jou tande sal witter wees
• Binne 5 jaar word die risiko van longkanker
gehalveer
• Na 25 jaar is die risiko van koronêre
hartsiektes amper identies as die van nie-rokers
10 Wenke om op te hou rook:
• Besluit op ‘n datum om op te hou
en doen dit
• Gooi alle herinneringe aan rook weg soos
bv asbakkies en oop pakkies sigarette
• Drink baie water – dit sal help
om die nikotien uit jou liggaam te spoel
• Raak meer aktief – doen oefening
(draf of stap)
• Verander jou roetine – vermy rokers
en die dinge wat jou wil laat rook in die eerste
paar dae
• Vertel jou familie en vriende dat jy probeer
om op te hou sodat hulle jou kan ondersteun
• Jy mag seker positiewe tekens ervaar as
jy ophou soos duiseligheid, hoofpyn, hoes en naarheid.
Dit is normaal en binne 14 dae sal dit ook verdwyn
• Die eerste twee of drie dae is die moeilikste
en daarna raak dit makliker. Jou behoefte aan
sigarette sal afneem en uiteindelik verdwyn
• As jy bekommerd is dat jy gewig sal aansit
peusel dan aan vrugte tussen maaltye – maak
tyd vir oefening
• Moenie 'n krisis of spesiale geleentheid
gebruik as ‘n verskoning om net een sigaret
te rook nie – een sigaret lei to ‘n
volgende een en ‘n volgende een ens
VEL
(Vigs, Borskanker,
Kanker, Diabetes,
Rook, Vel,
Stres)
Bikini-uitslag
Hier is twee metodes om ontslae te raak van daai
uitslag by jou bikini-lyn:
1) Smeer gewone joghurt op die area en laat vit
15 minute op.
2) Los ´n geweekte teesakkie op die area
vir 10 minute.
Droë Vel
Meng ´n kwart koppie olyfolie en twee teelepels
sout. Vryf die mengsel oor jou hele liggaam. Dit
werk ook goed vir hande. Spoel af na vyftien minute.
Kook ´n
koppie melk tot ´n "vel" daarop
vorm. Meng die "vel" met ´n eiergeel
en wend aan (vermy die oogareas). Los op vir 20
minute en spoel af met lou water.
Die balans
tussen olie en vog is noodsaaklik vir ´n
gesonde vel. Die betrokke faktore werk saam om
vogverlies teen te werk. Droë vel kom dof
en soms skubberig voor en voel styf en ongemaklik.
Onder uiterste omstandighede kan dit selfs oopbars.
Oorsake sluit in verhitting, tekort aan vog in
die lug en oormatige reiniging. Dit kan ook verbind
word aan dermatitis, allergieë, velkwale,
´n swak dieet en blootstelling aan die elemente.
Bevogtigers help teen vogverlies. Vermy harde
seep en bevog altyd jou vel na reiniging. Drink
ook heelwat water en vermy blootstelling aan die
elemente.
Eet goed, lyk goed
Sekere kossoorte hou jou nie net gesond nie, maar
laat jou ook goed lyk:
Appelasyn - Hou die vel soepel en sag. Breek ook
vette af en help met vertering.
Wortels - Hou die plooie weg.
Kaas - Beveg bakterieë in die mond en verhoed
tandbederf
Citrusvrugte
-Hou plooie weg.
Rooibosbessies - Hou die uitskeidingskanale skoon
en bevg bakterieë\
Knoffel - Hou plooie weg
Patats - Hou die plooie weg.
Tamaties - Hou jou vel gesond.
Water...Water...Water... - Die goeie goeters wat
al die vullis uit die liggaam spoel.
Hulp vir
rekmerke
Om daai rekmerke weg te dokter kan jy gereeld
´n bietjie Vitamien E olie aansmeer.
In die bad
Gooi ´n koppie melk saam met jou badolie
in. Dit help jou liggaam om die voordele van die
olie ten volle te benut. Wat is lekkerder as om
in ´n heerlike skuimbad te lê na ´n
lang dag. Meeste produkte op die mark is egter
nie geskik vir ´n sensitiewe vel nie. Hierdie
badskuim laat jou nie net ontspan nie, maar voed
ook jou vel:
Bestandele:
1 koppie olyfolie (of sesame)
´n halwe koppie heuning
´n halwe koppie vloeibare seep
1 eetlepel vanilla-ekstrak (of laventel) Meng
al die bestandele goed saam en gooi in ´n
skoon bottel wat goed seel. Skud die mengsel goed
voor gebruik.
Maak jou eie velroom
Sit 1/2 koppie geblikte kokosneutmelk in die mikrogolf
vir 30 sekondes. Roer 2 lepels heuning by en smeer
oor jou lyf. Spoel af in lou-warm water.
Ontspan
Gooi een koppie Epsom sout en 3 druppels laventelolie
in jou badwater. Die sout help jou ontspan , terwyl
die olie jou vaak maak.
Sagte vel
Gooi 1 eetlepel suurlemoensap en ´n halwe
koppie babaolie in jou badwater vir ´n sagte
vel. Vryf iggies oor jou lyf met ´n waslap
om van die ou vel ontslae te raak.
Word ´n Jelly Baby
Gee jou liggaam kans om te ontspan. Gooi ´n
pakkie jellie in jou badwater en week daarin vir
15 minute.
Stres:
(Vigs, Borskanker,
Kanker, Diabetes,
Rook, Vel,
Stres)
Die 7 redes vir stress :
Besluitneming
Geld
Verhoudings
Veiligheid
Kinders
Gewig en Kos
Gesondheid
Die hele wereld is vol stress. Is jy onder stress?
As jy nie is nie, is jy ‘n uitsonderlike
persoon want almal het maar stress oor een of
meer iets. Dit beteken nie dat jy gestures is
oor alles nie, maar die sameloop van die lewe
maak ons dat almal een of ander tyd druk ervaar.
Stres kan wees van inkopies doen, besige strate
en verkeer wat ons moet aanpak, om na jou familie
te kyk al sulke klein goedjies maak dat mens stress
opbou.
Hoekom word ons ontsteld? Almal het in ons een
of ander “nood knoppie” wat ons gebruik.
Dit bestaan uit chemikalie in ons liggaam wat
ons vinniger, sterker en so aan maak in ‘n
krisis. Stres moet uigewerk word en ‘n goeie
manier is gewoonlik om jou frustrasies uit te
haal deur sport of om net vir 15 minute ‘n
breek te vat en net stil te wees – kans
te gee om realisties oor jou probleme en dag te
dink en dan weer dit aan te pak met meer “oemf”
as wat jy gehad het voor die 15 minute.
Die volgende table dui vir ons aan die hoeveelheid
stress wat dit op mens sit as jy in enige van
die volgende situasies verkeer.
Stress Tabel
Dood van ‘n geliefde (eggenoot / vriend)
100
Egskeiding 73
Verslaafde wat alcohol of dwelms moet opgee 71
Opbreek van ‘n verhoudingwat lank was 65
Dood van ‘n familie lid of naasbestaande
63
Troue 50
Werkloosheid 47
Versoenng met ‘n geliefde 45
Gesondheids probleme van ‘n familie lid
44
Swangerskap 40
Ophou rook 39
Seksuele probleme 39
Nuwe toevoeging tot die familie 39
Groot verandering by die werk 39
Verandering in jou finansiele sake 38
Dood van ‘n goeie vriend / vriendin 37
Verandering van tipe werk 36
Argumente met geliefde 35
Groot verband uit te neem 31
Pre Menstruale spanning 30
Probleme met skoon familie 29
Groot persoonlik probleem 28
Skool verlater 26
Moeilikheid met personeel 23
Verhuising 20
Banklening 17
Verandering in slaap patroon 16
Vakansie 13
Kersfees 12
Parkeer kaartjie 11
Daar is ‘n baie nou verwanskap tussen spiere
wat gestres is en emosie. Jou spiere trek saam
wanneer jy so gestres is. Hierdie tekens is dt
jy moet onstpan en stadig in en uit asem haal
om jou asemhaling normal te hou. Sodra jy stress
dink jou brein jy het adrenalien nodig vir een
of ander iets wat jy nou beplan , waar as jy probeer
kalm bly sal jou brein die boodskap kry alles
reg en jou liggaam sal kalmeer. Deur jou spiere
te ontspan sal jou emosioneel ook beter laat voel.
Probeer gerus die volgende: Lê op jou rug
arms bietjie weg van jou af en dink aan elke ding
wat jy nou gaan doen. Trek jou asem diep in en
ontspan.
1) Laat jou enkels ontspan
2) Ontspan jou dye sodat hulle uitwaards rol
3) Laat jou rug ontspan
4) Laat jou vingers ontspan sodat hulle lig en
los is
5) Ontspan jou arms – jy sal so warm en
swaar gevoel ondervind
6) Rol jou skouers agter toe en ontspan
7) Ontspan jou nek
8) Laat jou gesig ontspan – lippe sag jou
tande nie opmekaar nie en jou voorkop sonder enige
fronse
9) Laat jou hele liggam ontspan en stil en kalm
word – RUSTIG
10) Dink aan sagte blou lug en wit vlieswolkies
wat in die lug ronddryf.
11) Ontspan vir 10 minute of 5 minimum.
By die werk ‘n vinnige oefening vir daardie
stress plekkies wat jy voel:
Hande
Maak ‘n vuis soos wanneer jy onder stress
verkeer - maak jou hand nou stadig oop en voel
die verskil as hy ontspan. Strek jou vingers so
ver en wyd as moontlik en ontspan hulle dan. Skud
jou hande lekker los en laat hulle net ontspan
vir 60 sekondes op jou skoot. Beter? Ek het so
gedink!
Voorkop
Sit jou vinger in die middle van jou voorkop –
frons en ontspan – die verskil is baie duidelik.
Rek jou wenkbroue so hooog as moontlik en ontspan.
Voel die verskil van ‘n gladde voorkop soder
‘n frons
Kake en lippe
Byt op jou tande en pers jou lippe saam. Ontspan
en maak jou mond net effens oop met jou lippe
wat net net aanmekaar raak.
Skouers
Trek jou skouer op tot teen jou nek –hou
vir 10 sekondes en ontspan. Laat sak jou skouers
so ver as wat jy kan en maak jou nek langer –
hou vir 10 sekondes en ontspan. Rol jou skouers
vorentoe en agter toe 4 keer en ontspan.
Bene
Knyp jou bene teen mekaar en buig jou enkels.
Hou dit vir 30 sekondes n ontspan – Nou
behoort jy gereed te wees tot jy huis toe gaan!
As u enige
iets kan bylas of weet van enige iets wat vir
ons lesers van belang kan wees stuur dit asseblief
vir ons na annemarie@agieinfo.co.za
|