| Grappies
 
Het jy gehoor Koos is dood toe hy melk
gedrink het? Dit koei het gaan sit!
‘n Minder aantreklike Van der
Merwe loop eendag langs die see, hy tel ‘n lampie
op en en vryf hom skoon en net daar spring ‘n
Djini uit. Jy kan enige iets wens wat jy wil hê
sê hy vir Koos. “Ek wens ek kan onweerstaanbaar
wees vir vroue sê hy” Die volgende oomblik
verander hy in ‘n GOUE kredietkaart!
Hoe faks ‘n blond ‘n geheime
dokument deur? Sy sit dit in ‘n koevert!
Matrone aan blonde verpleegster: Hoekom gebruik ons
rubber handskoene as ons pasiente was? Blond: Sodat
ons hande nie nat word nie matrone!
Die blond wag haar vriend in by die hek nadat sy
sy motor geleen het. “Ek het goeie en slegte
nuus” sê die blond. “Die goeie nuus
is jou kar se lugsakke werk.” “ Die slegte
nuus is jou kar is nie hier nie maar by die scrapyard.
Hoekom kyk die blond by die venster uit as die weerlig
slaan? Sy hoop hulle gaan haar foto neem.
Wat doen ‘n blondine as sy koud kry? Gaan staan
in die hoek want dit is 90º daar.
Woedende kient kom by die blonde winkel assistant
en sê “Ek het nou net hierdie sykouse
vir R20-00 gekoop en dit het ‘n leer in. Blondie
kyk haar op en af en snou haar toe: “Wat het
jy verwag – “n marmertrap?”
Hoekom gooi jy jou nuwe elektronise skaal weg vra
die brunette vir haar blonde vriendin. Wel antwoord
die blond – die dokter het gesê ek moet
ontslae raak van al die klein goetjies wat my irriteer.
Blond aan Brunet – kyk net hoe mooi spierwit
het die nuwe waspoeier jou hemp gemaak! Mag miskien
wees maar die hempie was eers rooi!
Die blond sit by die rekenaar en druk haar kredietkaart
vinnig in die rekenaar se disket dryf – die
baas staan nader en vra haar wat sy doen. Sy antwoord
vinnig: “ek probeer iets deur die internet koop
en hulle vra die heeltyd my krediet kaart”
Juffrou hoekom tik jy Philloppolis met ‘n F?
Blond – Ag jammer meneer ek kon nie die “V”
kry nie!
Brunet aan blond: Hoeveel suiker in jou koffie? Blond:
tien asseblief maar moet dit net nie roer nie –
ek haat soet koffie!
Hoekom het die blond getrek? Sy het gehoor 90% van
alle ongelukke gebeur in die huis.
Vrou aan vriendin: Genade Sannie wat gaan aan dat
jy so baie gewig verloor? Ag jong antwoord Sarie dis
my man wat my so baie werk gee van son opkoms tot
die son sak. Nou hoekom los jy hom nie Sarie? Nee
wat ek wil eers nog vyf kilogram verloor!
Vrou aan winkelier: Wat kos jou eiers? Net 50 sent
een mevrou maar as jy ‘n gekraakte een kry,
kos hulle 40 sent. Reg sê die vrou – kraak
gou vir my ‘n dosyn asseblief.
Die man wys die eiendomsagent sy huis en kom by ‘n
groot leë kamer uit. En dit vra die agent? Wel
sê die man dit is my musiek kamer. Maar hier
is dan geen musiekinstrumente nie? Ja antwoord die
man maar in hierdie kamer hoor jy die buurman se musiek
op jou beste.
‘n Man bestel kreef in ‘n restaurant.
Toe die bestelling uiteindelik daar aankom sê
hy vir die kelner – “Kelner my kreef is
nie vars nie!” Die kelner kom nader en sê
vir hom maar meneer die krewe het net gister van die
Kaap af gekom! Man antwoord – Ja hulle het seker
hiernatoe geloop né!
Die boer en sy vrou loop by die skou verby die bulle…..
Op die eerste bul se bordjie staan hy het 30 keer
gedek. Die tweede bul s’n staan daar hy het
al 80 keer gedek – by die laaste bul se bordjie
staan daar 365 keer gedek. Die vrou sê vir haar
man “jy kan iets hieruit leer!” Waarop
haar man antwoord –“Vra ‘n bietjie
vir die eienaar of die bul al 365 keer by dieselfde
koei was”
My pa is al tagtig en hy is nog elke dag in die Gim.
Genade is die oubaas nog so fiks? Nee maar daar is
niks fout met sy oë nie.
Tienerseun aan tiener dogter – Hoekom dra jy
‘n bra jy het dan niks om daarin te sit nie!
Sy antwoord: Ja en jy ….. jy dra ‘n broek
of hoe?
‘n Man sit in die kroeg – bestel ‘n
drankie, drink hom klaar en bestel nog een. Na die
derde een kyk hy elke keer in sy hempsak voor hy nog
een bestel. Die kroegman wonder later wat is die ou
se storie en vra hom hoekom kyk hy elke keer in sy
hemp se sak voor hy nog een bestel. Die man antwoord
“Jong ek het ‘n foto van my vrou hier
in en sodra sy vir my begin mooi lyk weet ek ek het
nou genoeg gedrink!
‘n Geraamte hardloop straataf reguit by ‘n
kroeg in met sy grafsteen onder die arm. Die polisieman
keer hom en vra hom hoekom hardloop hy so in die kroeg
in? Wel sê die geraamte mens moet mos deesdae
orals bewys van ID lewer!
Terwyl die moeder in die kombuis besig is lui die
voordeurklokkie, Jannie is by en kom na ‘n rukkie
by die kombuis in. Wie was dit Jannie? Vra die moeder.
O dit was die tannie van die weeshuis wat gekollekteer
het. En toe het jy haar darrem ietsie gegee wou die
moeder weet. Ja sê Jannie – vir sussie.
Jannie eet jou groente dat jy kleur in jou gesig
kan kry! Ag ma, wie wil dan nou ‘n groen gesig
hê?
Die juffrou sê vir Bennie – Bennie jy
moet jou gesig mooi was in die oggend ek kan sien
wat jy vir ontbyt gehad het! En wat was dit juffrou?
Wel kom ons sien – Konfyt en brood? Nee juffrou
is verkeerd – dit was gister s’n!
Twee seuntjies sit in die bad. Wat het met jou gebeur
vra die een seuntjie, Ek is met geboorte besny sê
die seuntjie. Sjoe en was dit baie seer? Natuurlik
man ek kon vir twaalf maande glad nie loop nie!
Mike en Kallie werk al die heel dag lank –
Kallie grou gate en dan gooi Mike dit toe. ‘n
Man wat hulle vir ‘n hele rukkie bekyk stap
nader en vra hulle wat hulle doen. Wel sê Mike
ons plant bome. Die man staan verward en sê
nou hoe doen julle dit want die een grou en die een
gooi toe! Ag sê Kallie die ou wat die plantjies
insit is nie vandag hier nie hy is af siek geboek.
Mike ry in digte mis agter in Kallie se voertuig
vas. Ou Kallie spring uit en wil net vir ou Mike opdons
toe hy hom sien. Mike vra vir Kallie – Hoekom
stop jy so skielik voor my? Kallie antwoord –
Hel man ek is afterall in my eie garage!
Mike aan Kallie se vrou – Genade Tinkie is
dit nie moeilik om met ‘n bokser getroud te
wees nie? Nee wat dis eintlik opwindend want elke
keer as hy terugkom lyk hy anders!
My kop is seer, my lyf is seer en my elmbooog, my
rug pyn en alles sê die pasient vir die dokter.
Die dokter beveel hom om op die bed te gaan sit en
kap hom met ‘n hamertjie op die knie. “Eina!
Gil die man – nou pyn my knie ook!”
Sannie gaan dokter toe en vra die dokter om vir haar
iets te gee vir griep. Die dokter skryf die voorskrif
uit en gee dit aan haar. Sy gaan dit deur en vra –
gaan dokter nie vir my iets gee om my te laat sweet
nie? Nee wat sê die dokter kry net my rekening
voor by die ontvangsdame dan gaan jy in elk geval
sweet!
Dokter wat moet ek maak om honderd jaar oud te word?
Wel hou op drink, rook en met vroue lol! Sal ek dan
tot honderd maak? Miskien nie sê die dokter
maar dit gaan vir jou so voel!
‘n Man kla by sy dokter dat hy elke nag kaal
vroue in sy kamer sien. Die dokter dink so bietjie
na en vra dan – So wil jy he ek moet jou help
om van hulle ontslae te raak? Nee dokter ek wil net
hê jy moet my help om hulle te vang!
Dok jy moet asseblief help om my snork stop te sit.
Hoekom vra die dokter pla dit jou vrou? Ja dokter
en die res van die gemeente ook.
Hoekom bulk beeste? Kan jy dink hoe sou dit geklink
het as hulle geblaf het?
Die boer ry in dorp toe met sy perd, langs die pad
kry hulle ‘n klomp skape wat sê. Goeie
more, mooi ry – geniet die dag. Die boer kyk
om en sê vir sy perd – Genade ek het nie
geweet skape kan praat nie, Ja sê die perd –
ek ook nie.
Toe pa muis uit is op soek na kos vir sy gesin, trap
hy in ‘n muisval en sleep himself met val en
al terug huis toe, Boetie maak die deur oop en skree
vir ma muis – mamma, mamma pa het vor ons ‘n
jeep gekoop.
Wat is baie plat en lê op die wal van die rivier?
‘n Krokodil wat by seekoei se nooi aangelê
het.
Vrou stap by troeteldier winkel in en wil ‘n
jassie koop vir haar hond. Sy roep die winkellier
nader en vra: sal hierdie truitjie pas vir ‘n
Franse Poedel? Wel sê die winkellier bring haar
in dan pas ons dit aan! Vrou hewig ontsteld: “Ek
kan nie dit doen nie dis ‘n verrassing vir haar
verjaardag!”
|