Artikels:
Agie se Wenke
Feite & Flaters
Gesondheid
Kos Kaskenades
Het jy geweet.... Grappies
Finansies

E-pos fotos

Advertensies



Wat gebeur?
Museums in Pretoria

Webtuistes

Skakels na ander webtuistes

 

 

 

Het jy geweet.......

 

Die Toring van Pisa was nooit rerig reguit nie. Nadat die toring in 1173 begin bou is het die fondasie oneweredig gesak. Konstruksie is gestop en is eers 100 jaar later weer hervat. Nadat dit gebou is het dit eers sigbaar geword dat die toring skuins is na die suide kant toe. Dit skuif teen 0.05 duim per jaar.
*****


Die mens se kop bevat 22 bene waarvan die kopbeen die boonste kaak en en die onderste kaak ook deel van maak.
*****


Die brein bevat 100 biljoen senuwee selle wat bevele uitdeel in die vorm van elektriese impulse. Hierdie impulse beweeg teen meer as 400km/pu en is goenoeg om elektrisiteit te gee aan ‘n gloeilamp. Die brein verbrand meer energie as enige ander organe en verbrand ‘n vyfde van die voedsel wat ons inneem.


Daar is ‘n voël wat blaf inplaas daarvan om te sing. Die “Antpitta avos canis Ridgley” is ‘n voël wat soos ‘n opgestopde eend lyk wat op stelte staan en blaf soos ‘n hond. Hulle word aangetref in die Andes in die Ekwador. Dit is nog nooit rerig uitgevind voor die tyd nie omdat dit in hierdie verafgeleë plek te vinde is.


*****

Daar is ook honde wat nie blaf nie. Die Afrika Wildehond blaf nie – hulle tjank net, en die “Basenji” ‘n klein hondjie (koperkleur) jodel as hy opgewonde raak.

*****

Die wereld se populerste vrug is die tamatie. Ja net soos die pampoen word dit as ‘n vrug en nie ‘n groente gesien nie. Die tweede populerste is die piesang en die derde is appels en dan lemoene.

*****

Die wereld se grootste blom se blare is ½ meter lank. Die “Rafflesia amoldi” weeg 7kg en groei net op die Sumatra Eiland in Indonesie. Die blare is ½ meter lank en sowat 2,5cm dik

*****

Koeie het nie tande bo nie. Al het hulle nie boonste tande nie, vreet hulle 8 ure per dat en neem omtrent 45kg voer in. ‘n Gesonde koei gee omtrent 200,000 glase melk in haar leeftyd.

*****

Die plek wat eerste die millinium (1 January 2000 ) gevier het was die Kerguelen Eiland in die Indiese Oseaan.

Die sewe wonders van die wereld is:
Die hangende tuine van Babilon
Die goue standbeeld van Zeus

Die tempel van Artemis
Die Piramides van Giza
Die Mosuleum by Halicarnassus
Die Colossus van Rhodes
Die lighuis van Alexandria


*****

Dit is onmoontlik om jou elmboog te lek.

*****

Intelligente persone het meer sink en koper in hulle hare as ander mense.

*****

Coca cola het oorspronklik kokaine bevat.

*****

23% van all kopieer masjiene wereldwyd breek as gevolg van mense wat hulle agterwereld wil kopieer deur daarop sit.

*****

As jy oorfone dra vir 1 uur sal die bakterie in jou ore 700 keer vermeerder.

*****

Meer as 50% van die mense in die wereld het nog nooit ‘n oproep gemaak of ontvang nie.

*****

Die Eiffel toring in Parys weeg meer as ‘n duisend olifante.

*****

Elke 5 sekondes kry ‘n rekenaar erens in die wereld ‘n virus.

*****

Die wereld se jongste ma en pa was ondeskeidelik 8 en 9 jaar oud en het in China gewoon in 1910.

*****

As jy die getal kere kan tel wat ‘n kriek skree per minuut, en jy deel dit deur 2, plus 9 by en deel dit weer deur 2 het jy die korrekte temperatuur in grade Celsius

*****

Die Duitse dorp “Leeuwarden” kan 225 keer anders gespel word, bv Leeuwaarden, Leewaarden, Leewarden, Leuwardem ................ens.

*****

Druiwe ontplof as jy hulle in die mikrogolf is.

*****

As ‘n standbeel in ‘n park ‘n man op ‘n perd het en die perd het altwee pote in die lug het die persoon in die oorlog gesneuwel. As die perd 1 poot in die lug het, is die persoon dood an sy wonde. As die perd al vier pote op die grond het is die persoon dood aan natuurlike oorsake.

*****

Grondboontjies is ‘n bestandeel van dinamiet.

*****

Geen vierkantige papier kan meer as 7 keer gevou word nie

*****

Die gemiddelde persoon eet 8 spinnekoppe in hulle leeftyd terwyl hulle slaap

*****.

“Stewardesses” is die langste woord wat jy kan tik met net jou linkerhand

*****

Die gemiddelde persoon verloor ongeveer 200 honderd hare per dag

*****

Snaakse wette


Alabama

Mag jy nie Domino’s speel op Sondag nie
Om sout op ‘n treinspoor te sit kan met die dood bestraf word

*****

Alaska
Bere mag geskiet word maar hulle mag nie wakker gemaak word vir ‘n foto nie.

*****

Arizona
In Tucson is dit onwettig vir ‘n vrou om ‘n broek te dra.
In Glendale is dit onwettig om ‘n kar in trurat te ry.

*****

Arkansas
Is dit onwettig vir ‘n man om sy vrou te slaan meer as 1 keer per maand.
Flirtasies tussen mans en vrouens in die strate van Little Rock mag jou 30 dae in die tronk besorg

*****

California
In Pasadenia is dit onwettig vir die sekretaresse om alleen saam met haar baas in die kantoor te wees.
Onwettig om ‘n muisval te stel sonder ‘n jag permit

*****

Maryland
In Baltimore is dit onwettig om iemand te soen vir langer as 1 sekonde

*****

Massachusetts
Selfs getroude pare word verbied om nakend in gehuurde kamers te verkeer.
In Boston is dit onwettig om ‘n bad te vat mits jou doktor gesê het jy moet dit doen

*****

Michigan
In Michigan mag ‘n boer nie met sy diere slap nie.
Die is Staatswet dat ‘n vrou se hare aan haar man behoort.
In Port Huron is die spoed grens vir ‘n Ambulans 20 mph
Tandartse word hier geklassifiseer as “mechanics”

*****

Montana
Mag ‘n vrou nie haar man se pos oopmaak nie

*****

Nebraska
Dis onwettig vir ‘n ma om haar dogter se hare te “perm”
Onwettig vir Kroeg eienaars om bier te verkoop, mits hulle heeltyd ‘n pot sop op die stoof het.

*****

North Carolina
Vrouens moet hulle lywe toemaak met ten minste 16 jaart material ten alle tye.
In Ashville mag jy glad nie in die strate nies nie

*****

North Dakota
In Fargo kan jy tronk to gaan as jy ‘n hoed dra.
Jy mag nie aan die slaap raak met jou skoene aan nie.

*****

Texas
Die hele Britanica ensiklopedie stel is verban in Texas omdat dit ‘n formule in het hoe om bier te maak.
Kriminele moet hulle slagofers 24 uur kennis gee per mond of per brief en hulle verduidelik wat hulle gaan doen
Jy mag nie iemand anders se koei melk nie

*****

Utah
Voëls het eerste ry van weg op die hoofpaaie.
In Monroe moet daar galig teenwoordig wees as twee mense met mekaar dans op die dansvloer

*****

Vermont
Vrouens moet geskrewe toestemming van hulle mans kry om vals tande te kan kry
Jy mag nie onderwater fluit nie

*****

Washington
In Seatle mag vrouens nie op mans se skote sit sonder ‘n kussing tussen hulle nie anders kan hulle tot 6 maande tronkstraf kry.
Jy mag nie maak of jou ouers ryk is nie of tronk toe met jou!

*****

Wisconsin
Geen vrou mag met rooi in die publiek verskyn nie.
Geen vrou mag haar hare sny nie
Dit is onwettig om op treine te soen

*****

Wat sê jou naels van jou gesondheid?

Die toestand van jou naels sê baie oor jou gesondheid en kan 'n reeks gesondheidsprobleme verklap. HIer is tien naelsimptome wat op ernstige mediese toestande kan dui, maar hou in gedagte dat die siektes waarskyn ook ander simptone sal hê:

* Wit naels - lewersiektes soos geelsug
* Gelerige naels wat stadig groue en al dikker word - longsie siektes soos emfiseem
* Naels wat half wit en half pienk is - niersiektes
* Rooi naelbed - hartsiektes
* Bleek of wit naelbed - bloedarmoede
* Duikies of riffies wat op die naeloppervlak - psoriase of artritis
* Toename in weefsel aan die vingerpunte of naels wat induik - longsiektes
* Onreëlmatige rooi strepe aan die basis van die nael - lupus of siektes van die bindweefsels.
* Donker strepe onder die nael - melanoom

Sappe
Die regte sap!


Hoewel rooidruiwe- en pruimsapbaie antioksiedante bevat wat die hart beskerm, dui nuwe navorsing daarop dat donker vrugtesappe keer dat die liggaam yster opneem. Ligte sappe soos appel en lemoen help ysteropname aan. Moet egter nie donker sappe heeltemal vermy nie - drink dit op hul eie sodat hulle nie kan inmeng met die vertering van kos nie en drink ligte sappe met ete.