|
|
Privaatheidbeleid
Baie dankie dat jy hierdie webblad besoek en inligting oor
jouself aan ons verskaf.
Om seker te maak dat daar geen misverstande is wat dalk kan
lei tot ‘n dispuut oor jou internet interaksie met ons
nie, is dit belangrik dat jy die volgende vrywaring goed lees
en verstaan.
Vrywaring
Die inligting wat op hierdie bladsye verskyn is beskikbaar
gemaak sonder enige verteenwoordiging of waarborg van enige
aard, of dit nou gesê of geïmpliseer is, en Agie
Info sal geen verantwoordelik aanvaar in hierdie verband nie.
Alle inligting oor produkte en dienste, insluitend inligting
oor die terme en voorwaardes en pryse daarvan, is onderworpe
aan verandering sonder kennisgewing.
Agie Info aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige direkte
of indirekte verliese as gevolg van of verliese wat spruit
uit inligting wat op hierdie blaaie verskyn het nie, asook
aksies of transaksies wat hieruit voortgespruit het nie
.
Agie Info se produkte en dienste is slegs beskikbaar in die
Republiek van Suid-Afrika tensy spesifiek anders vermeld.
Die wette van die Republiek van Suid-Afrika sal alle terme
en voorwaardes van enige produkte en dienste wat in hierdie
blaaie bevat is, reguleer. As jy vir enige produkte of dienste
deur ons webblaaie aansoek doen, aanvaar jy ook die terme
en voorwaardes van sodanige produkte en dienste en onderwerp
jy jou aan die jurisdiksie van die Suid-Afrikaanse howe ten
opsigte van alle prosedures, aksies, aansoeke en diesulkes
ingestel deur een party teen die ander, en op enige manier
soos dit voortspruit uit die genoemde termes en voorwaardes.
Deur jou inligting by ons te registreer en/of aansoek te doen
vir produkte of dienste aangebied op hierdie internet webblaaie,
stem jy in tot hierdie afwysing.
Privaatheidbeleid
Bella Mari Advertising, die eienaars van Agie Info (http://www.agieinfo.co.za),
is daartoe verbind om jou privaatheid te beskerm en te respekteer.
Hierdie privaatheidverklaring sit ons privaatheidbeleid uiteen
en verduidelik wat ons doen met die persoonlike inligting
wat ons van ons gebruikers insamel. Lees asseblief die onderstaande
om ons standpunte en praktyke rondom persoonlike inligting
te verstaan, en ook om te sien hoe dit op jou en jou gebruik
van ons verskeie werktuie en dienste van toepassing is.
Hierdie verklaring verduidelik die huidige privaatheidspraktyke
van ons webblad. As ons enige ingrypende veranderinge aan
die beleid aanbring, sal ons dit op ons webblaaie aankondig.
As jy enige vrae het rakende die verklaring, kontak ons asseblief
by annemarie@agieinfo.co.za.
Hierdie Privaatheidsverklaring beantwoord die volgende
vrae:
Watter inligting versamel Agie Info oor jou?
Hoe gebruik Agie Info jou persoonlike inligting?
Sal Agie Info enige van jou persoonlike inligting bekend maak?
Watter sekuriteitsmaatreëls sit ons in plek om jou inligting
te beskerm sodat dit nie per ongeluk verlore raak of bekend
gemaak word nie?
Hoe sal jy weet as Agie Info se privaatheidbeleid verander
het?
Wat moet jy nog weet oor jou privaatheid?
Watter inligting versamel Agie Info oor jou?
Agie Info versamel ‘n klein hoeveelheid inligting oor
ons lesers, sodat ons ‘n webblad daar kan stel wat interessanter
en meer bruikbaar is, en ook sodat ons advertensies kan voorsien
wat geskik is vir ons lesers.. Ons kan by geleenthede vra
vir bepaalde inligting, soos as jy inskryf vir kompetisies
of ander promosies geborg deur Agie Info en/of ons vennote.
Soms doen ons ook meningsopnames, hoewel jy nie verplig is
om hierop te reageer nie.
Ons versamel ook IP addresse om ons te help verstaan hoe ons
lesers ons webblad gebruik, sodat ons ons webblad beter kan
maak en ons gebruikers se algehele ervaring op ons webblad
kan verbeter. Vir dieselfde rede, as jou “browser”
gestel is om dit te aanvaar, gebruik ons ‘n werktuig
bekend as ‘n “cookie”.
Cookies bevat stukkies inligting wat ‘n webblad oordra
na jou rekenaar se hardeskyf vir rekord doeleindes. Cookies
kan die web meer bruikbaar maak deur inligting oor jou voorkeure
te stuur na ‘n spesifieke blad soos ons s’n. Hoewel
ons ‘n cookie aan jou “browser” kan toeken,
vertel dit ons nie wie jy is nie. Slegs jy kan dit doen.
Hoe gebruik Agie Info jou persoonlike inligting?
Agie Info versamel persoonlike inligting om jou, die gebruiker,
te voorsien van die beste en mees persoonlike webervaring
moontlik en om ons adverteerders van ‘n effektiewe manier
te voorsien om die regte mense te bereik. In kort, deur ‘n
bietjie meer van jou te weet, kan Agie Info meer relevante
inhoud en advertensies aan jou lewer terwyl jy op ons webblad
is. En dis gratis.
Agie Info doen navorsing oor ons gebruikers se demografiese
inligting, belangstellings en gedrag gebaseer op die inligting
wat jy aan ons verskaf wanneer jy registreer, aan ‘n
kompetisie of ander promosie op ons webblad deelneem of wat
verkry word van ons server rekords. Hierdie navorsing word
slegs op kollektiewe basis saamgestel en geanaliseer. Ons
doen dit om ons gebruikers beter te verstaan en jou algehele
ervaring van ons diens te verbeter.
Soms vra ons vir persoonlike inligting wanneer ons ‘n
spesiale, persoonlike diens lewer. As jy nie daardie inligting
aan ons wil verskaf nie, is jy nie verplig nie, maar dan sal
jy ook nie kan voordeel trek uit sekere van ons produkte of
dienste nie. Byvoorbeeld: ons kan nie vir jou jou prys stuur
as jy nie jou adres aan ons verskaf het nie.
Sal Agie Info enige van jou persoonlike inligting
bekend maak?
Agie Info sal nie enige inligting oor individuele gebruikers
bekend maak nie, behalwe soos beskryf in hierdie privaatheidsverklaring,
of om aan toepaslike wette of geldige wetsprosesse te voldoen,
of om die regte of eiendom van Agie Info te beskerm.
Ons gee, verhuur, leen of verkoop geen individuele inligting
aan ons adverteerders nie, slegs kollektiewe inligting. Byvoorbeeld,
ons kan aan ons adverteerders sê daar is 5 000 intekenare
vir een van ons nuusbriewe, maar ons sal nie vir hulle sê
jy is een van hulle nie, en ons sal nie vir hulle sê
wat jou e-pos adres is nie.
Ons kan ook hierdie kollektiewe inligting gebruik om adverteerders
te help om die soort verbruikers te kry wat hulle soek. Die
adverteerder het in hierdie proses steeds nooit toegang tot
individuele rekeninginligting nie. Ons kan kollektiewe inligting
bekend maak , om ons dienste te beskryf aan moontlike vennote,
adverteerders en ander derde partye , en vir ander wettige
doeleindes.
Ons kan persoonlike inligting bekend maak in sekere beperkte
gevalle, maar ons sal dit spesifiek aan jou beskryf as ons
die inligting insamel, soos in die reëls van ‘n
kompetisie of ‘n nuwe diens.
Byvoorbeeld, as ons jou persoonlike inligting gaan deurgee
aan ‘n borg van ‘n kompetisie, sal ons jou inlig
voor jy inskryf vir die kompetisie, sodat jy kan besluit of
jy wil inskryf of nie.
Watter soort sekuriteitsmaatreëls sit ons in plek om
seker te maak jou inligting raak nie per ongeluk weg of word
bekend gemaak nie?
Sal Agie Info jou inligting gebruik vir direkte e-pos?
As jy by Agie Info registreer of inteken vir enige persoonlike
diens, sal ons jou e-pos met inligting oor ons verskeie produkte
en dienste of ander produkte en dienste wat ons voel jou sal
interesseer.
Slegs Agie Info (of mense wat namens ons werk en vertroulikheidskontrakte
onderteken het) sal hierdie e-posse aan jou stuur. As jy nie
enige sulke aanbiediginge of pos wil ontvang nie, laat weet
ons by annemarie@agieinfo.co.zaannemarie@agieinfo.co.za
Veranderinge aan hierdie privaatheidsverklaring
Agie Info kan enige tyd veranderinge aan hierdie privaatheidsverklaring
maak, maar ons sal jou in kennis stel van enige ingrypende
veranderinge (deur middel van e-pos) en jou die geleentheid
gee om af te teken.
Rig asseblief enige navrae aan annemarie@agieinfo.co.za
|