Artikels:
Agie se Wenke
Feite & Flaters
Gesondheid
Kos Kaskenades
Het jy geweet.... Grappies
Finansies

E-pos fotos

Advertensies



Wat gebeur?
Museums in Pretoria

Webtuistes

Skakels na ander webtuistes

 

 

 

 


Stuur vir Kersvader
 

Kers Legendes:

Die legende van die Pointsettia!

‘n Arm Meksikaanse meisie Pepita, het geen geskenk gehad om vir die Christus kindjie te gee by die aand diens nie. Soos Pepita stadig aanloop na die kerkie toe saam met haar nefie Pedro was haar hart baie seer in plaas van opgewonde. Haar nefie se toe vir haar hy is seker al is die geskenkie hoe klein solank as wat dit uit die hart bedoel word en met baie liefde gegee word sal dit aanvaarbaar wees.

Pepita het langs die pad ‘n klomp grassies gepluk en dit in ‘n ruikertjie bymekaar gemaak. Toe sy na die ruikertjie kyk is sy nog meer ongelukkig gewees en moes sy veg om die trane weg te hou toe sy by die kerkie ingaan.

Hoe nader sy aan die altaar gekom het het sy Pedro se woorde onthou en dat hy gese het hy is seker dit sal aanvaarbaar wees. Sy het sommer baie beter gevoel toe sy naby die uitstalling van die Stal met sy krippie kniel. Skielik het die bossie grassies uitmekaargebars en daar het ‘n briljante rooi blom ontluik – almal wat dit beleef het het gese dit is ‘n Kersfees wonderwerk reg voor hulle oe.

Van daardie nag af is die rooi blomme bekend as “Flores de Noche Buena” of “Flowers of the Holy night” omdat hulle elke jaar slegs gedurede kerstyd blom! Vandag is die algemene naam vir die plant “Pointsettia”!

St Nicholas Dag:

Die 6de Desember staan beken as St Nicolas dag. Op die 5de Desember in die aan sit die kinders gewoonlik hulle “boots” uit vir geskenkies en lekkergoed. Dit alles hang af van hoe hulle hulle gedra het deur die jaar so hulle kan enige iets van lekkergoed, vrugte of geskenke daarin kry.

In die meeste Europese lande is dit die dag wat die mense hulle geskenke uitdeel. Kersdag is meer ‘n spitrituele dag vir hulle.

Die Ivy

In die out yd was die Ivy bai na aan die Bacchus (die god van wyn) en het dit ‘n groot rol gespeel tydens feeste wat hy aangebioed het. Engelse kroee het die Ivy aangeneem as ‘n simbool van vrolikheid.

Die “holly”

In die ou dae was hierdie plant beskou as “magical” omdat dit sulke blink blaartjies het in dit vrugte dra al is dit in die koue wintermaande gewees.

Die romeine het die Holly Engeland toe geneem waar hulle dit as heilig bestempel het en het hulle dit baie uitgebeeld veral by kersliedere ens.

Sommige van die liedere het die Holly en die Ivy seksuele identiteite gegee en is daar gese dat die Holly ‘n manlike plant was en die Ivy ‘n vroulike plant.

Meer godsdienstiges het dit as die simbool van Jesus gesien en gese die plant stel ontsterflikheid voor en beeld ook die kroon van ons verlosser uit en die rooi berries stel sy bloed voor wat hy vir ons gestort het.



Die Kersboom

Dit word vertel dat Saint Boniface, ‘n monk van Crediton, Devonshire, England wat kerke in Frankryk en Duitsland in die 7de eeu begin het eendag op ‘n groep mense afggekom het wat ‘n kind wou offer aan hulle god Thor. Hy het die boom met een hou afgekap en sodoende die seun se lewe gered. Op sy plek het daar ;n klein boompie uitgekom. Die monk het die mense wat daar rondom gestaan het gese dit staan vir die boom van ewige lewe wat ook soos die lewe van Jesus is.

Dit word ook gese hy het die boom onderstebo gehang en die boom as heilig beskou omdat hy so vorm het en het gese die is nou die boom wat die vader, die seun en die heilige gees uitbeeld. Van daar af het mense bome in hulle huise begin ophang – onderste bo en niemand weet hoekom nie.


Daar word gese dat Martin Luther (1483 tot 1546) die eerste persoon is wat ‘n kersboom met kerse opgemaak het om die kinders te wys hoe sterre blink in die nag.

Kersbome is eers met met appels lekkergoed en koekies versier voordat dit met balle en ander goed versier is.

Kersklokke

Klokkies wat geluide maak – mense het geglo dit hou bose geeste weg omdat dit so maklik was om die in die hand te kry en almal geweet het hoe om die te gebruik. Oor die tyd heen is klokke in kerke gehan om mense saam te bring, te waarsku en ook vir feeste.

Klokke lui nou om die feestelike tyd aan te kondig en die seisoen aan te kondig en die geboorte van Christus.

“Candy Canes”

Daar was lank gelede ‘n lekkergoed-maker wat ‘n lekkergoed wou ontwerp wat met Jesus in verband staan.

Hy het dit wit gemaak om die reinheid van Jesus uit te beeld. Die rooi is toe bygevoeg as simbool van die bloed wat hy gestort het vir ons aan die kruis. Somtyds word ‘n groen streep bygevoeg as ‘ herrinnering dat Jesus ‘n geskenk van God was. Die mint is bygevoeg aangesien dit baie dieselfde is as “Hyssop” en dit is in die bybelse tyd gebruik om mense rein te maak voor ‘n offer.
Die letter “J” is gebruik en dit staan vir Jesus – al is dit nou omgedraai.

So volgende keer as jy een van die lekkers sien – kyk twee keer en onthou waarvoor hy eintlik staan




12 dae voor kersfees vir jou geliefde:

1 ste dag
Koop vir jou maat ‘n doos van sy/haar gunsteling ontbytpap en stop klomp klein goedjies daarin soos in ‘n “luckydip” – bring die kind in hom/haar uit!

2de dag
Haal twee van jou beste glase uit en drink ‘n drankie op julle! Graveer julle name op die glase indien moontlik en gebruik dit elke jaar.

3de dag
Sorg dat julle 3 etes saam geniet.
Ontbyt in die bed
Piekniek vir middag ete (ani santas 035)
Kerslig ete in die aand

4de dag
Neem ‘n rustig 4 ure rit na nerens (Erens waar nie een van julle nog was nie!)

5de dag
Fax’n copy van jou hand na jou geliefde se werk en skryf vir haar/hom jy kan nie wag om die regte hand vas te hou nie!

6de dag
Gee haar 6 blomme – elkeen op ‘n ander plekkie
(ani santas 004) Gee vir hom 6 lekkers – ook elkeen op ‘n ander plekkie

7de dag
Dank jou sterre dat jy iemand so spesiaal in jou lewe het. Kyk op na die sewe hemele en waardeer dit. As dit reen kry maar gloei in die donker sterretjies en plak hulle teen die dak.

8ste dag
Koop ‘n 8 pak was kryte en laat julle altwee ‘n paar prentjies teken van julle lekkerste tyd saam!

9de dag:
Katte is nie die enigste met 9 lewens nie. Haal ou fotos en memories uit en ontspan die dag saam deur “memory lane” As julle klaar is beplan julle nuwe jaar vorentoe saam

10de dag
Masseer jou geliefde vir 10 minute lank. Gooi sommer ‘n rug vryf, en allerhande ander goedjies ook in J

11 de dag
Koop 11 broodjies en betaal ‘n dosyn se prys. Gewoonlik pak meeste mense een te veel in as hulle dit self pak. Sorg dat jy vandag vir een betaal wat jy nie het nie! Maak lekker kouevleis en slaai broodjies en gaan hou piekniek op die gras of balkon!

12 de dag
Gee vir jou Liefde in jou lewe ‘n almanac of dagboek waarin jy al die spesiale dae gemerk het sodat hy/sy nie kan vergeet nie!


 



Persoonlike Almanak:

(Kinders en volwassenes)

Benodighede: Gekleurde karton, Viltpenne – verskeie kleure, datums van volgende jaar, bruinpapier, gom (ekstra prentjies as jy dit wil plak en nie teken nie)

Trek twee tabelle met (8 blokkies horisontaal – dae en 6 blokkies afwaarts vir die weke)
Knip dit uit en skryf byvoorbeel in die een Januarie se datums en die ander een Februarie se datums. (Jy kan self besluit of jy 2 maande op ‘n bladsy wil sit of net een maand.

Gebruik die kleure van jou karton om by die maande te pas byvoorbeeld:

Somer Helder warm kleure soos Rooi en geel (Gebruik temas soos son en see)
Herfs Herfskleure soos oranje en bruin ( herfsblare op bruin papier)
Winter Koue kleure soos Lig pers of blou (Knip wit papier uit soos sneeuvlokkies)
Lente Vrolike kleure soos Geel en groen (Nuwe blomme kleure of blare en sonnigheid)

Ander:

Desember: Kersfees temas
Oktober: Halloween
April: Paashasies
November: Guy Folkes
Januarie: Skool toe
Mei: Herfs
Junie: Winter
Augustus: Winde
September: Lente

Gebruik jou verbeelding en tower ‘n prag persoonlike almanak vir iemand spesiaal op!
Sit die blaaie as hulle voltooid is almal bymekaar en druk met ‘n gatjie pons gate in. Ryg ‘n raffia tou of lint deur en siedaar – ‘n Pragtige persoonlike almanak!!


Badsout wat bruis:

1/3 koppie Koeksoda
¼ koppie citro soda kristalle
1 eetlepel meelblom
Koppie Growwe seesout

Meng bestandele en is in ‘n lugdigte houer. Hou die sout droog anders sal die klammigheid maak dat dit fizz voor jy gaan bad. Sprinkle so twee opgehoopte eetlepels in jou bad en sys al jou verbeel jy bad is sjampanje!!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Mandjies:

Maak mandjies as geskenke:
Gebruik enig van die onderste:
Lekkergoed stokkies
Santa sjokelade wat toegedraai is
Bondeltjie Kaneel stokkies
Groenigheid
Kersornamente
Klein strikkies
Gedroogde Lemoene
Neute in hulle doppe
Klein geparfumeerde kerse

Ouma en oupa Mandjie
Kinder se tekenkunds
Geskenke wat deur die kinders gemaak is
Foto raam met die kinders en kleinkinders
Video van die hele familie
Lang Afstand foon kaart
Koffie
Beskuit en Koekies
Kers geskenkies

Liefdes mandjie:
Geskenkies
Fotoraam met julle saam
Klein botteljie sjampanje
Piekniek kombers

Nuwe jaars mandjie
Sjampanje
Glase
PArtytjie hoedjies
Geraasmakers
Sparkles
Konfetti

Bakkers mandjie
Gebruik ‘n diep pan as mandjie
Pot houer
Bak respte
Vadoekies
Verskeideheid sprinkles

Kers mandjie

Tuisgebakte koekies
Verskeidinheid sjokelades
Tuisgemaakte versierings
Kesmusiek
Soetgoed kieries
Sjokelade in kervader vormpies

Kinder “craft” mandjie
Potlode
Viltpenne
Post it notes
Tuiswerk boekie
Papider klo[s
Notas
Dagboek

Nuwe paartjie mandjie:

Duitse tradisie is dat ‘n nuwe paartjie 12 ornamente moet kry sodat hulle gelukkig kan lewe

1) Huis is vir beskerming
2) Hasie is vir hoop
3) Teepot is vir hospitaliteit
4) Voeltjie is vir vreugde
5) Rose vir liefhebendheid
6) Vrugte mangie vir vrygewigheid (ani santas 014)
7) Vis is vir die seen van Jesus
8) Akker vir vrugtevolle lewe
9) Santa vir geluk
10) Hart vir egte liefde
11) Glas ornament is vir vriendskap
12) Dosie vir die ornamentjies soos bo

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Liefde Pille

Geruik ‘n medisyne botteltjie en druk ‘n oulike label uit vir iets oos “liefdes pilletjies”, “tantrum pille” en Love potion”“hartseer pilltjies: ens
Gooi net lekkertjies wat soos pilletjies lyk in botteljies

Spesiale geskenkie uit die hart!

Gaan kyk op die Internet vir liefde liedjies se woorde – skryf dit op mooi papier en raam dit vir ‘n spesiale persoon met mooi liefdeswoordjies onderaan

Maak ‘n liefdes kersboompie:

Neem ou kersballetjies, gebruik sommer materiaalverf omlyner en skryf jou hele familie se name elk op ‘n balletjie – jy kan tot jou diere se name posit. Hang al die balletjies aan die boom – glo my dit maak die baie meer persoonlik as net die boom wat jy elke jaar opslaan en in jou sitkamer staan.
Skryf agter op die balletjie waaraan die mense jou laat dink soos ‘n sons ondergang, roomys, liefde ens.

Takbok kos:

Maak klein material sakkies en gooi bietjie oats en blinkertjies in. Maak dit toe met ‘n mooi strikkie en sit ‘n kaartjie op wat sê:

“springkel op jou gras in die nag”
“die maan sal skyn en blink in prag”
“Santa se takbokke vlieg en reis”
“so sal hulle stop by jou eie huis”


 

 

Tradisionele “Egg Nog”

(Kombinasie van brandewyn, melk, eier en suiker wat gemeng is en bedien word met
Neutmuskaat)

Bedien in ‘n lang glas

25 ml brandewyn
75ml melk
1 eetlepel Suiker stroop
1 eier
2 ys blokkies

1) Plaas die ys in ‘n “shaker”. Gooi die brandewyn, melk, suikerstroop en erier in en skud goed.
2) Dreineer die mengsel in die lang glas
3) Bedien met bietjie neut muskaat bo-op.

Tip:
Maak suiker stroop deur 3 eetlepels water en 3 eetlepels suiker stadig in ‘n

“Christmas Love”

Bedien in lang tuit glas

6ml Brandewyn
25ml Sherry (Soet of medium)
2 skyfies suurlemoen
1 blokkie suiker
75 ml droe vonkelwyn
Paar drupples suurlemoensap

1) Gooi die brandewyn en sherry on die glas. Roer ‘n paar druppels suurlemoen saam met die suiker blokkie tot suiker oplos. Maak dit toe en sit in yskas vir ‘n uur.
2) Om op te dien voeg die vonkelwyn by en laat die suurlemoen skyfies bo dryf.

“ Sleigh Ride”


25ml Tequila
25ml Peppermint Likeur
25ml Grenadine

1) Gooi die grenadine onder in klein glasies
2) Voeg nou die peppermint likeur by sonder om die kleure te meng
3) Laaste en heel bo die Tequila.

“Snow Ball”

25ml advocaat
125ml limonade – (yskoud)
Ysblokkies
1 skyfie suurlemoen

1) Plaas die ysblokkies in glas en gooi die advocaat in
2) Gooi nou die koue lemonade oor tot die glas vol is
3) Bedien met skyfie suurlemoen

“X-mas Tree”

12ml Peppermint Likeur
12ml Grenadine
12ml Irish Cream

1) Gooi die mint in ‘n tot glasie
2) Voeg die grandine by sonder om te meng
3) En nou laaste die Irish Cream



“Christmas Pudding”

50ml Southern Comfort
50 ml Drambuie
250ml Bier

1) Gooi die Southern comfort in glase
2) Voeg die drambuie by
3) Laaste maar nie die minste nie – die bier

“Mistle Toe”

12ml gin
12 ml grenadine
½ teelepel suurlemoen sap
Ysblokkies
Skyfie suurlemoen

Voeg al die bestandele bymekaar en skud goed in ‘n “shaker”
Dreineer en gooi in glase – bedien met skyfie suurlemoen sap


 

Resepte

Tradisionele Kersfees Poeding

Bedien: 4
Kook tyd: 66 Minute

4 eetlepels saadlose dadels
4 eetlepels gemengde droë vrugte skille (fyn gekap)
4 eetlepels rosyne
4 eetlepels sultanna’s
½ koppie neuter gekap
1 eetlepel brandewyn
1 eetlepel rum
2 eetlepels suurlemoensap
1 lemoen skil gerasper
4 eetlepels koekmeel
1 teelepel gemengde kruie (Kaneel, neut, naeltjies en gemengde kruie)
Knippie sout
2 koppies vars witbrood krummels
2 eetlepels botter
1 koppie bruin suiker
2 geklopte eiers
½ koppie melk
3 koppies water

1) Kombineer dit eerste nege bestandele in ‘n mengbak en hou eenkant.
2) Sif die koekmeel gemengde kruie en sout in ‘n mengbak en meng die broodkrummels by.
3) Klop die botter en suiker in ‘n ander bak tot lig. Voeg die eiers stadig by en klop goed. Voeg die melk stadig by totdat dit effens vas sit aan die lepel.
4) Vou die meel mengsel by die vrugte mengsel. Skep dit mengsel in ‘n gebotterde bak vorm. Sit was papier en foelie bo-oor en maak vas met ‘n lyntjie.
5) Gooi water in stoompot – sit rooster in en plaas bak bo-op. Maak die stoompot toe met die “regulator” Kook op vol hitte tot stoom deur kom. Verlaag die hitte en kook op lae hitte vir 15 minute.
6) Plaas nou die “regulator” in posisie en kook onder vol druk. Verlaag hitte en kook vir 15 minute . As die koker afgekoel het haal vorm uit en maak die koek los van die kante met ‘n mes. Plaas op ‘n bedizening bor en tik liggies boo m uit te kom.

Bedien warm met roomys of vla of room

Gemmerbrood uit die oond

Bedien 4
Kooktyd: 15 minute

2 koppies koekmeel
½ koppie volkoring koekmeel
4 teelepels bakpoeier
2 teelepels gemmer
2 teelepels gemengde kruie
4 eetlepels gemengde gedroogte vrugteskille
1 koppie sagte botter
2 koppies bruin suiker
3 eiers geklop
1 koppie suurrroom
½ koppie heuning
4 eetlepels lemoen likeur
½ koppie lemoensap
1 koppie amandels
1 koppie rosyne

1) Voorverhit die oond tot 180 grade
2) Sif die eerste ses bestandele en meng die vrugte skille saam
3) Room die botter en suiker en vou die eiers geleidilik by en meng goed. Voeg die suur room, heuning, likeuer en lemoensap by en meng die amandels en rosyne by.
4) Vou die koekmeel en meng goed. Gooi in ‘n gesmeerde broodpannetjie.
5) Bak vir 15 minute en toets voor uithaal. Haal uit broodpan.
6) Bedien warm en gooi bietjie kakao of strooisuiker oor.

Bedien met styf geklopte room


Kers koekies

Bedien: 4
Kook tyd 8 minute

8 koppies koekmeel
½ teelelper bakpoeier
Knippie sout
9 koppies botter
½ koppie bruin suiker
4 teelepels goue stroop
½ teelepel vanilla essens
8 klein eiers
½ koppie oats
8 koppies “chocolate chips”
Melk indien benodig
Verglansde kersies

1) Voorverhit die oond tot 190 grade
2) Sif die eerste drie bestandele in ‘n mengbak
3) Klits die botter, suiker, stroop en vanilla geursel met ‘n elektriese menger of houtspaan in ‘n ander bak tot sag en romerig. Voeg die eiers nou een vir een by.
4) Vou die koekmeel met ‘n metaal lepel by en meng stadig. Roer die oats en sjokelade by. Voeg bietjie melk my indien nodig.
5) Skep lepels vol op ‘n bakplaat en bak vir 4 minute tot die koekie half gaar is.
6) Plaas die kersies in die middle van elke koekie en bak verder vir 4 minute. Laat afkoel en stoor in ‘n lugdigte houer.

ST Nicholas Lekkergoed

1 koppie dadels
1 koppie rosyne
½ koppie vye
½ koppie gedroogde appelkose
1 koppie neute
½ koppie lemoenskil (gedroog)
3 eetlepels vars lemoensap
Bietjie klapper

1) Voeg die droe vrugte en lemoen skil in ‘n voedsel verwerker en maal dit saam
2) Sit dit in ‘n bak en meng die lemoensap en die neute by. As daar enige sap oorbly gooi dit weg.
3) Sodra die mengsel stywerig is moet jy dit in klein balletjies rol en daarna in die klapper rol.
4) Draai nou elke lekkertjie toe in groen en rooi papiertjies en sit dit in die yskas om goed te stol.

Rum balletjies

2 eetlepels Kakao
Strooisuiker
2 ½ koppie fyn vanilla wafers
1 koppie fyn neuter
3 eetlepels meelblom
1 koppie rum

1) Sif die kakao en koppie suiker
2) Meng die res van die bestandele
3) Vorm die mengsel in balletjies en sprinkle versiersuiker oor
4) Stoor in blik vir minste 1 week voor gebruik. Dit kan tot 1 maand lank hou


Mint lekkergoed

1 pond suiker
½ koppie botter
2 eetlepels ingedampte melk
4 drupples peppermint geursel
2 drupples groen kleursel

1) Meng al die bestandele saam en knie goed.
2) Maak klein balletjies vorm minte
3) Plaas op ‘n bakplaat
4) Laat oornag set

Lekkergoed kieries

3 koppies suiker
1 teelepel mint geursel
½ koppie water
3/4 koppie stroop
¾ teelepel rooi kleursel
¼ eetlepel koeksoda

Meng suiker, water, stroop en koeksoda en verhit tot suiker opgelos het, kook maar moenie roer nie. Voeg ½ teelepel mint geursel by en verdeel dan in twee gedeeltes.
Meng die kleursel by die een helfte in. Sit olie op oppervlak en rol dit in riempies en draai die rooi kleur om die wit kleur.

Suiker Koekies:

1 koppie suiker
1 koppie margenrien
1 groot eier
½ teelepel amandel of vanilla geursel
1 ½ teelepel bakpoeier
2 ½ koppies koekmeel
Rooi en groen kristalle
Gekleurde smarties
Klein silwer balletjies versiersel

1) Meng die botter en suiker, klits die eier, bakpoeier en sout saam.
2) Voeg die koekmell stadig by die mengsel en meng goed.
3) Knie die deeg enroll ‘n bal. Maak toe in plastiek en laat vir 2 ure in yskas.
4) Voorverhit ood tot 180 grade
5) Rol die deeg uit en gebruik koekiedrukkers om die koekies uit te druk.
6) Versien met smartjies, kristalle en silwer balletjies


Gemmerbrood mannetjies

2 ¼ koppie koekmeel
½ koppie strooisuiker
½ koppie olie candycane
½ koppie ligte molasse
1 ½ teelepel kaneel
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel gemmer
1 teelepel naeltjies
½ teelepel koeksoda
½ teelepel sout
1 groot eier
Maak versiersuiker – groen en rooi

1) Meng suiker en koekmeel
2) Voeg eier, sout, koeksoda, gemmer, kaneel, naeltjie en molasse by.
3) Vorm ‘n bal van die deeg en plaas in yskas
4) Voorverhit ood tot 180 grade
5) Rol die deeg uit en gebruik koekiedrukkers om die koekies uit te druk.
6) Versien met smartjies, kristalle en silwer balletjies
7) Plaas om gesmeeerde bakplaat en bak vir 8 tot 10 minute.
8) Vir verisering sit versiersuiker aan wat aangemaak is


 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 



Kersfees wenke

Lysie vir geskenke toe draai:

Geskenkpapier
Geskenk boksies
Geskenksakkies
Tissue papier
Linte
Strikkies
Kleefband
Geskenk naam kaartjies
Pen
Sker

Toedraai idees:

1) Gebruik gewone bruin papier
2) Maak stempels van aartapples of koop by “craft winkels”
3) Laat die kinders met helder kleure op die papier prentjies teken
4) Knip prentjies uit die koerant of tydskrifte en “decopage” dit op die bruin papier
5) Gebruik gekleurde raffia lyn om die geskenke mee toe te draai.
6) Sny kers motiewe uit materiaal en plak dit op.
7) Gebruik ou kerskaartjies as geskenk kaartjies – sny die een kant af en gebruik net die kant met die prentjie op.

Hoe om jou boom op te maak verskillende style:

1) Wit Kersfees – silwer en goud met baie blink goedjies
2) Kleur skakerings – helder kleure
3) Vorms – enige snaakse vorms om op te sit
4) Godsdienstig – engletjies en Maria ens
5) Cultural – tradisioneel volgens kultue
6) Nature – meer uit die natuur – natuurilik

Ou Kerse

Om ou kerse en blomme weer hulle glans terug te gee gebruik ‘n lappie wat in alkohol gedoop is en smeer dit daaroor. Dit sal weer splinternuut lyk

Ou Geskenkpapier

Om ou geskenkpapier weer te gebruik spuit ‘n bietjie stysel aan en stryk dit mooi – dit haal al die fyn kreukels uit en maak dit weer effe styf.
(Animated joy to the world)
Speletjie vir presentjies

Gooi almal wat hierdie kersfees by julle gaan bymekaar kom, se name in 'n hoed. Laat elkeen dan vir hom 'n naam trek en maak dan vir daardie persoon 'n geskenk wat minder as 'n vasgestelde bedrag kos. Op hierdie manier verseker jy dat elkeen 'n unieke geskenk ontvang én dit het meer waarde omdat dit self gemaak is !

Algemene “laat jou dink” wenke
Doen moeite om die present spesiaal vir die persoon uit te soek, want jy wil mos daarmee sê: 'Jy's vir my spesiaal'. Wat wil sy/hy hë? Wat pas by hom/ haar? Wat gaan sy/hy nie net passief geniet nie, maar gaan vir hom/haar goed wees? Vermy oorbesteding en oordadigheid. As dit iets is wat jy self gemaak het, sê dit waarskynlik nog die meeste.
Oorweeg dit om iets te skryf wat saamgegee word. Dis 'n geleentheid wat nie dikwels kom nie.
Gee sonder om terug te ontvang.
Leer kinders om van vroeg af om ook aan hierdie heilige spel deel te neem.
Ontvang met 'n oop hart sonder om skaam te wees of skuldig te voel. Laat die gewer voel dat jy die gawe en sy boodskap waardeer.
Doen moeite om die gee en ontvang in 'n besondere atmosfeer te laat geskied. Gesinne het verskillende 'rituele' en dis kosbaar as dit iets daarvan uitdruk dat ons die fees van die Liefde vier.

Geskenkpapier
Vir 'n interessante geskenkpapier rasper gekleurde stukkies waskryt en sprinkel dit oor wit of bruin papier.Bedek met nog 'n stuk van dieselfde papier en plaas alles tussen twee velle koerantpapier. Stryk dit met 'n warm strykyster. Die was smelt en vorm 'n gekleurde patroon op die papier.

 


Kers ornamente

Kaneel ornamente

1koppie Appelsous
1 ons Kaneel
1 ons Naeltjies
1 ons Neutmuskaat
1 ons gemmer

Meng al die bestandele tot ‘n stywe deeg.
Rol uit op bord wat met kaneel bestrooi is
Druk uit met koekiedrukkers
Druk gatjie bo in en sit lintjie deur

Laat plat le tot droog – draai om na 12 ure tot droog

Hang aan jou boom

Ou Gloei lampeGebruik ou gloeilampe as mooi versierings vir die Kersboom.

Popcorn

Maak popcorn en ryg dit met naald en garing in lang drade – drapeer dit om boom.

Crepe papier kettings

Sny die papier in lang repe en dan so 5cm lank. Vat die 2 punte en plak hulle vas aanmekaar. Neem nou die volgende een en druk hom deur die lussie en plak weer was. So gaan jy aan tot jy ;n lang ry “ketting paier het. Drapeer dit ook om die boom.

Dit kan ook deur die huis gehang word as jy dit met duimspuikers in jou plafon in druk vir bietjie vrolikheid.



Kers speletjies vir die kinders:

Spinne Web:

Gebruik lang stukke gekleurde wol en maak die een kant aan ‘n stoel of iets vas en die ander kant aan ‘n presentjie. Maak ‘n paar sulkes en gee vir elke kind ‘n kleur wat hulle moet soek.

Draai dit onder deur die tafels om hoekies en hakkies sodit dit ‘n regte skattejag is vir die kinders! Jy kan selfs lekkertjies gebruik as jy dit nie met kersfees wil doen nie!

Hierdie speletjie is in die agtiende eeu deur baie mense gespeel en het ‘n tradisie geword in baie lande oor die kers seisoen om die kinders iets te gee om hulle besig te hou.

Musikale Stoele:

Ek glo almal ken hierdie een maar meeste van ons dink nie altyd daaraan nie. Sit ‘n paar stoele in ‘n kringetjie redelik uitmekaar as jou spasie dit toelaat. 1 stoel minder as die hoeveel heid mense wat deelneem.

As die musiek begin speel moet almal in die rondte loop en sodra die musiek ophou moet hulle op die eerste stoel naaste aan hull gaan sit. Die persoon wat nie een kry nie is uit. So gaan dit aand totdat daar net een wenner oorbly!

Die “NEE” Speletjie

Elke persoon kry ‘n kaartjie wat om sy nek hang as hy inkom by die deur vir die partytjie. Almal mag mekaar vrae vra en die een wat nee se moet sy kaartjie vir die een gee wat hom uitgevang het. Teen die einde van die aan is die persoon met die meeste kaartjies om sy nek die wenner. As jy uitgevang is mag jy weer speel en vir jou ‘n kaartjie probeer terugwen.

Die “regse familie”

Almal neem ‘n geskenkie saam met hulle na die partytjie. By die party neem almal hulle geskenkies en staan in ‘n kring. Die volgende storie moet dan gelees word en elke keer as die “Right” genome word moet die geskenkies regsom aangegee word. Indien die Left gelees word moet die geskenkies links aangegee word.

Teen die einde van die storie neem elkeen die pakkie wat hy in sy besit het vir hom.


Die storie:

Christmas was almost here and Mother RIGHT was finishing
the Christmas baking. Father RIGHT, Susie RIGHT, and
Billy RIGHT returned from their last minute Christmas errands.
"There's not much LEFT to be done," said Father RIGHT
as he came into the kitchen.
"Did you leave the basket of food at Church?"
asked Mother RIGHT?
"I LEFT it RIGHT where you told me to." said Billy RIGHT.
"I don't have any money LEFT."
The hall telephone rang, and Susie RIGHT LEFT to answer it.
She rushed back and told the family, "Aunt Tillie
RIGHT LEFT a package for us RIGHT on Grandma RIGHT's
porch. I'll go over there RIGHT now and get it," she
said as she LEFT in a rush.
Father RIGHT LEFT the kitchen and brought in the
Christmas Tree.
By the time Susie RIGHT returned, Mother RIGHT, Father
RIGHT, and Billy RIGHT had begun trimming the tree.
The entire RIGHT family sang carols as they finished
the decorating.
Then they LEFT all the presents arranged under the tree
and went to bed, hoping they had selected the RIGHT gifts
for their family.
Now I hope you have the RIGHT present for yourself,
because that's all that's LEFT of our story, except
to wish you a Merry Christmas, isn't that RIGHT?

Nog ‘n storie wat gebruik kan word:

Mr. WRIGHT was to take Mrs. WRIGHT RIGHT to the store
to do some of her holiday shopping. As he LEFT in the
car, he turned RIGHT out of the driveway. He had to
go RIGHT back as he LEFT without Mrs. WRIGHT.
They both got in the car on the LEFT side as the
RIGHT side door would not open. Mr. and Mrs. WRIGHT
again LEFT for the store, turning RIGHT out of the
driveway. An argument occurred about the RIGHT turn
as Mrs. WRIGHT said that Mr. WRIGHT should have
turned LEFT. Mr. WRIGHT kept insisting that he was
RIGHT, but Mrs. WRIGHT kept insisting that the nicer
department store was on the LEFT.
Two blocks away after another LEFT turn they
discovered they had LEFT the credit cards at home.
So, they made a LEFT turn, then a RIGHT to go back
home to where they had LEFT the credit cards. As they
turned RIGHT on to their street and LEFT into the
driveway, Mrs. WRIGHT said "Let's just stay RIGHT here!

Goeie daad Bottel

Sny 24 kaartjies en skryf op elkeen ‘n goeie daad neer. Gooi almal in die bottel en trek elke dag een kaartjie n doen die hele dag daardie goeie daad. Gaan so aan tot al die kaartjies uit die houer is.

Op kersdag kan jy die houer vol koekies maak en buite los vir Santa met ‘n glasie melk!


 


Stuur vir Kersvader ‘n briefie:

Kersvader se veiligheidswenk aan kinders:
Vra altyd eers jou ouers voor jy enige informasie vir enige iemand stuur oor die internet! Al die inligting wat jy nodig het om vir Kersvader te stuur is hier onder uiteengesit! Jy hoef nie jou van, adres of telefoon nommer te gee nie. Net jou e-pos adres, jou naam en jou ouderdom is al wat hy nodig het.


Liewe Kersvader,

My naam is

en my e-pos adres is

Ek is ‘n seun meisie en ek is jaar oud!!

Ek woon in Provinsie .

Dis natuurlik in , maar ek glo kersvader weet dit!!

My ouer/s se e-pos adres is:

Hierdie jaar was ek so soet dat ek . ‘n paar dingetjies wat

ek graag vir kersfees wil hê hierdie jaar is: , en

en .
P.S. Kersvader ek het amper vergeet! Ek wou nog weet …



As deel van die kersfees gees wil Kersvader graag van die mooiste briefies met ander mense ook deel, is dit reg as hy dalk jou briefie ook deel? Jy kan van Kersvader se briefies hier lees hier, as ‘n voorbeeld.

Is dit reg met jou?
Ja ek gee nie om nie
Eerder nie, miskien volgende jaar
Al wat jy nou moet doen is om die knoppie te druk!



Kersvader sal op elke briefie antwoord. Dit mag dalk ‘n dag of twee neem want dit is nogal rerig ‘n besige tydjie. Maar sodra Kersvader ‘n breek het en vir hom ‘n lang glas melk en ‘n bordjie koekies reg het sal hy dadelik terugskryf! “Geseende Kersfees vir al julle mensekinders!

 

Stuur asseblief vir ons enige ander inligting wat julle het wat ons nog kan opsit om ons ander agies ook te help. info@agieinfo.co.za