AGIE TANNIES SE KOS KASKENADES
Potjiekos uit
die boonste rake |
(Boontoe) |
Die moets en moenies van ´n pot
Hoe om pot te behandel:
Maak goed skoon na gebruik.
Smeer binnekant met vet.
Indien daar roes binne is skuur met growwe sout.
Wenke:
Moet nooit te veel water in pot gooi nie. Gebruik
liewers wyn of bier in plek van water indien
jy vloeistof moet bygooi. Die potjie moet met
jou gesels, want ´n stil pot kan of aanbrand
of glad nie kook nie.
Hou altyd die deksel op.
Hou styselrige kosse weg van die boom of kante,
want dit brand maklik aan.
´n Platboom pot moet altyd op stene gesit
word.
Braai uie eers en haal dan uit. Dit word weer
bygegooi net voor opdiening.
Moenie kos in pot kook nie dit moet stadig prut.
Roer net deur voor opdiening nie voor dit nie.
Die beste houtsoorte is: rooikrans, swartwattel
en wingerdstompies.
Sny aartappels altyg groot stukke of gebruik
klein aartappeltjies.
Pak ´n pot in die volgende volgorde: vleis,
groentes, uie en dan stysels.
Vir nuwe potjie:
Voeg groente skille, stingels en blare in ´n
pot vol water en kook ´n uur lank . Gooi
uit en spoel deeglik skoon. Skuur met hout-as
en spoel weer skoon. Maak pot baie warm en giet
bottel asyn daarin en kook ´n ruk. Spoel
goed skoon.
Beesstertpotjie
2 beessterte opgesny
4 wortels in dik skywe gesny
3 medium gekapte uie
1 blikkie botterboontjies
sout
1 pakkie beesstertpoeier
250ml beesboeljon
4 aartappels in dik skywe gesny
250ml groen-ertjies
250g sampioene
6 murgpampoentjies in skyfies
2 uie in skywe gesny
Verbruin die beesstert in ´n warm pot
met olie en gekapte uie. Voeg sout by. Voeg
soppoeier en boeljon by. Voeg water by en laat
prut vir 2½ uur. Skep vet af. Voeg laag
aartappels en wortels by. Dan laag botterboontjies
met sous. Voeg laag ertjies rou sampioene, mutgpampoentjies
en laag uieringe. Maak pot toe en prut vir ±
½uur. Maak kluitjies en pak bo-op. Sit
deksel terug en prut vir 15 minute sonder om
deksel te lig. Bedien 10 persone.
Biltongpotjie
Jad wou ´n resep vir ´n Biltong-potjie
hê.
½kg biltong
500g pasta skulpies
2 uie - fyngesny
2 -1 rooi en 1 groen soetrissie - gekap
olie
250ml room
500ml vleisektrak
400g gerasperde kaas
sout en peper na smaak
Braai uie en rissies in olie in pot. Voeg vleisektrak
en noedels by. Kook tot pasta gaar is en water
weggekook het. Voeg room by -onthou potjie moet
nog op vuur wees- dan biltong en kaas. Roer
deur en kook nog vir ± 5 minute. Met
die resep kan lekker gespeel word. Voer enigiets
waarvan jy hou by. Toets net die eerstekeer
die resep en dan kan jy maar verbeelding byvoeg.
Hoenderpotjie
Hier is ´n heerlike hoender potjie.
Bestandele:
Sonneblom olie ( Olyf olie kan ook gebruik word
- baie gesonder)
Twee groot uie (gekap)
Garlic - Hoef nie bang te wees nie ( Garlic
is baie gesond )
Pak hoender bors stukkies, hoe meer vleis hoe
lekkerder ( Woolies se hoender is puik )
Hoenderpotjie in Roomsous
Die potjie het die heerlikste dik, ryk roomsous
met ´n hoender- en spekgeur. Genoeg vir
4 ? 6 mense en ´n No 2 pot word aanbeveel.
6 hoenderdye
braaivleisspeserye na smaak
250 g swoerdlose ontbytspek, in stukkies gekap
4 middelslag uie, gekap
60 ml fyn appelkooskonfyt
100 ml water
15 ml worcestersous
12 heel uitjies, geskil
10 jong heel aartappeltjies, geskil
750 ml gevriesde gemendge groente
300 g sampioene, in skywe gesny
aromat na smaak
1 pakkie beesstertsoppoeier
1 pakkie dik wit uiesoppoeier
500 ml vars room OF 250 ml room en 250ml melk
Sprinkel die braaivleisspeserye oor die hoender.
Verhit die pot en braai die spek daarin vir
5 minute. Voeg die uie en appelkooskonfyt by
en braai tot sag.
Voeg die hoender, water en Worcestersous by
die uiemengsel, sit die deksel op en laat prut
vir 15 minute. Voeg die uitjies en aartapels
by en laat prut vir nog 10 minute.
Voeg nou die groente en dan die sampioene by.
Sprinkel die geuropwekker oor, sit die deksel
op en laat prut vir 30 minute.
Meng die soppoeier met die room en voeg dit
by die potjie. Laat prut vir 30 minute.
Potjiemarinade
Lekker vir potjie - byvoorbeeld skenkels
1 suurlemoen sap uitgedruk
200 ml olie
2 uie fyn gerasper
2 knoffeltoontjies, gekneus
125ml vars pietersielie, gekap
1 takkie roosmaryn, blaartjies van takkie gestroop
125 koljander, vars en fyngekap-opsioneel
2,5 ml borrie
2,5 ml paprika
2,5ml Oreganum
rissiepeper - opsioneel
Meng alles saam en marineer vleis. Vleis kan
daarin gekook word voeg net sout na smaak by.
Seekospotjie
Braai 2 uie saam met n halwe potjie garlic.
(my keuse - kan verminder word)
Gooi 1 pak sampioene by en braai.
Gooi ´n pak gemengde seekos by en braai
vir sowat 5min saam.
Roer by 250ml vars room en 1 pakkie wit uiesop.
Laat dit vir ´n halfuur prut.
Wenke:
*as jy en jou vriende wil saam kuier om ´n
pot, sal ek ´n seekos-potjie afraai.
*indien jy jou skoon familie moet nooi vir ete,
is dit ideaal - sorg net dat daar al kole is
as hulle opdaag.
*indien jy bietjie variasie wil gebruik, kan
jy mossels met die skulp ingooi, of crabsticks
is ook goedkoop en baie lekker; stokvis kan
ook die potjie bietjie rek.
*vermeerder jou room en uiesop saam met die
seekos m.a.w. 2pakke seekos; 2 uiesop en 2 room.
*jou kole moet redelik koel wees.
*dien op saam met rys en Franse brood.
Skaap/Beespotjie
2 Kilogram sagte vleis in blokkies gesny. Die
vleis is jou keuse. Wat baie lekker is, is heel
skaap skenkels. Moet net nie goedkoop snitte
vat nie want dan gaan jy baie teleurgesteld
wees.
Groente in blokkies gesny (net wat jy van hou)
10 babaaartappeltjies.
2 blokkies vleisaftreksel
2 teelepels pietersielie-droog
1 teelepel mostertpoeier
2 teelepels Aromat
1 teelepel Oregano
2 eetlepels worcestersous
2 eetlepels tamatiesous
1 knoffeltoontjie geskil
Olie
Meel
250g Sampioene
Maak potjie warm en smeer met olie en knoffeltoontjie.
Rol vleis in meel en braai vleis in olie tot
bruin gooi vleisekstrak wat opgelos is in 1
liter water by. Kook stadig tot sag. Pak dan
jou groente bo-op MAAR moenie roer nie. Eerste
die aartapels en wortels dan die groentes wat
gouer gaar word. Laaste die sampioene. Kook
tot amper gaar. Meng al die ander bestandele
in bietjie water en gooi oor. Moenie roer nie.
Sit deksel op en kook vir nog 15 minute. Bedien
saam met rys of stampmielies en ´n groen
slaai. Die sous kan verdik word indien nodig
- met mielieblom.
Volstruispotjie
30 ml kookolie
1,5 kg volstruisnekskywe
2 groot knoffelhuisies, gekneus
5 ml droë roosmaryn
250 g swartsampioene, in skyfies gesny
30 ml ingemaakte groenpeperkorrels, gekneus
75 ml brandewyn
50 ml droë sjerrie
375 ml droë rooi wyn of ½ rooi wyn
en ½ hoenderaftreksel
30 ml suurlemoensap
15 vars piekeluitjies, geskil
10 klein, heel wortels
8 geskilde klein, heel aartappeltjies of skoongeskropte
jong aartappels in die skil
1 x 300 g-pak verroomde spinasie en sampioene,
ontdooi
15 ml koekmeelblom
bietjie melk
knippie neutmuskaat
sout na smaak
Verhit die olie in die pot en braai die vleis
in sarsies tot bruin. Skep uit en hou eenkant.
Braai die knoffel, roosmaryn, sampioene en peperkorrels
in dieselfde pot. Skep die vleis terug in die
pot.
Verhit die brandewyn, sjerrie, rooi wyn en suurlemoensap
en voeg by die vleis.
Sit die deksel op, verminder die hitte deur
van die kole onder die pot te verwyder en prut
2 ½ uur of totdat die vleis byna sag
is.
Pak die groente, behalwe die spinasie, in lae
bo-op die vleis, sit die deksel op en prut nog
45 ? 50 minute.
Meng die ontdooide spinasiemengsel met ´n
pasta van koekmeelblom en melk en skep versigtig
oor die kos in die pot. Geur met neutmuskaat
en sout, sit die deksel op en prut nog 15 minute.
Braai
Vleis en Braai Dinge |
(Boontoe) |
Braai wenke
So maak mens jou braai beter as die buurman
s'n:
• Boerewors Ryg boerewors deur 'n sosatiestok
met uie tussen in.
• Groente Maak 'n sousie met gelyke hoeveelhede
van balsemasyn, suiker en olyfolie en verf dit
gereeld oor jou groente terwyl dit braai.
• Kruie Gooi jou gunsteling kruid op die
vuur vir 'n aangename reuk.
• Lam Vir ekstra geur gooi jy klam takkies
roosmaryn of lourierblare in jou halfuitgebrande
vuur waarop jy gaan lam braai.
• Mielies Maak 'n pasta van gemmer, rissie,
olyfolie, heuning en sesamesaad en smeer oor
mielies.
• Piesang Braai piesang in die skil. Haal
af sodra die skil begin swart word en sit voor
met room.
• Piesangblare Was 'n piesangblaar en
vou 'n vis toe daarin. Stoom gaar op die braai,
± 45 minute. Probeer 'n pasta van gemmer,
suurlemoensap en olyfolie op die vis.
• Suurlemoensap Druk vars suurlemoensap
oor hoender, groente, vis of lam net voor dit
van die kole afkom vir 'n pikante smaak.
Lekker Vleisies vir die kole
Skaapspit
Ons is bietjie laat met die een, want ons kon
nie spitmeester Cobus Swart kry om te kom verduidelik
hoe nie. Uiteindelik het Groot Leeu en Hanz
tot die redding gekom.
Die skaap van jou keuse moes ten minste vir
een week gehang het voor hy op die spit kom.
Maak voorsiening vir sowat 450g per persoon.
Jou spit moet stadig draai, anders raak die
skaap nie reg gaar nie. Maak die skaap stewig
en op ´n paar plekke aan die spit vas.
Hou in gedagte dat die gaar vleis maklik van
die spit kan lostrek.
Jou kole is reg as jy jou hand nie vir langer
as 10 sekondes onder die skaap kan hou nie.
In die areas onder die skaap se bene moet daar
meer kole wees as onder die res.
Moet nie die skaap inspuit met ´n sous
nie. Verf jou sous oor dwarsdeur die braaiproses
of verf dit oor. ´n 2L plastiekbottel
met ´n paar gate in die doppie werk goed
vir laasgenoemde. Sorg dat jou sous ´n
goeie oliebasis het.
Sodra die skaap bruin is moet jy verkieslik
foelie om die ribbe plaas, aangesien dit gouer
gaar raak as die res van die skaap. Draai die
foelie sommer reg rondom die skaap by sy ribbe.
Die lieslappe sal eerste gaar wees. Sny dit
af en bied dit solank aan as ´n voorgereg
aangesien mense geneig is om ongeduldig te raak
by ´n spit en die wat te diep in die bottel
gekyk het soms sommer self wil begin peusel.
Jou skaap sal omtrent 5 ure neem voor dit reg
gaar is.
Skaapspit
Neem 2 plat gemarineerde hoenders en 1 Vark
ribbetjie so groot soos die skaap se ribbekas.
Maak aan die een kant die 2 hoenders was en
aan die ander kant die vark ribbetjie met die
ribbetjies na binne....
So droog die lieste en die ribbetjies nie uit
nie ..... en walla daar het jy sommer hoender
en vark ook om voor te sit.........
Varkribbetjie oor kole
Bestanddele:
2 kg varkkortribbetjies ("spare ribs")
in porsies gesaag sout en varsgemaalde swartpeper
na smaak
Marinade:
• 2 uie, gekap
• 3 knoffelhuisies, fyngedruk
• 500 ml rooibostee
• 250 ml kookolie
• 250 ml tamatiesous, ontpit
• 250 ml blatjang
• 75 ml Worcestersous
• 125 ml wynasyn of asyn
• 10 ml aangemaakte mosterd
Metode:
• Meng die marinadebestanddele in 'n kastrol.
• Verhit tot kookpunt en prut 'n paar
minute lank. Laat afkoel.
• Giet die koue marinade oor die ribbetjies
en marineer oornag in die yskas.
• Verwyder die ribbetjie uit die marinade
en druk droog met kombuispapier.
• Rooster die ribbetjie 20-25 minute lank
oor matige kole.
• Geur met sout en peper.
Bosveld-filet
Marinade:
125ml tamatiesous
60ml Worcestersous
15ml matige blatjang
10ml Franse mosterd
125ml wit wyn
15ml olyfolie
1 knoffelhuisie (gekneus)
1 eetlepel suiker
Ander bestanddele:
Dik filetskywe
speserye na smaak
125ml room
Metode:
• Meng al die marinade-bestanddele en
marineer vleis vir twee ure.
• Rooster oor warm kole vir 10 tot 18
minute afhangende van hoe gaar dit moet wees.
• Strooi speserye na smaak oor.
• Voeg room by marinadesous en verhit
effens oor kole. Sit saam met die vleis voor.
Duiwelsrib
Bestanddele:
Varkribbetjies
1 eetlepel marmite
5 eetlepels suiker
1 eetlepel mielieblom
2 eetlepels asyn
3 eetlepels fyn gekapte gemmerkonfyt
of 2 teelepels gemaalde gemmer
1 huisie gekapte knoffel
Metode:
• Kook ribbetjies stadig in 'n bietjie
water totdat die bene uitgetrek kan word.
• Laat die vleis afkoel sodat jy dit kan
hanteer en sny dan in vierkante.
• Meng res van die bestanddele en doop
vleisvierkante daarin.
• Rangskik in oondpan en braai bokante
bruin onder rooster.
• Sodra die bokante mooi bruin is, draai
om en bestryk met nog sous en braai weer bruin.
• Dit kan warm of koud bedien word.
• Die oorblywende sous word ook bedien,
sodat die stukkies vleis aan 'n stokkie opgelig
kan word en weer in die sous gedruk kan word
indien verlang.
Lamskotelette
Bestanddele:
12 lamskotelette
75g vars gekapte kruisement
1 teelepel roosmaryn
125g bruin suiker
1 liter asyn
geurmiddels na smaak
Metode:
• Sny meeste vet van die lamskotelette
af.
• Meng res van die bestanddele.
• Marineer lamskotelette vir 3 ure in
hierdie mengsel.
• Geur lamskotelette en braai op kole
of in skottelbraaier.
• Kook en verminder marinade met die helfte.
Gooi deur sif en bedien apart.
Bierbrood
1 bottel van jou gusteling bier
1 pakkie bruismeel
½ koppie gerasperde kaas
1 teelepel sout
Meng alles saam en sit dit op ´n gesmeerde
plaat. Bak vir 50 minute by 180ºC.
Broodjies
Rooster brood aan die een kant, smeer botter
op en sit en van die volgende vulsels op. Strooi
sout en peper oor, rasper kaas oor en rooster
tot die kaas smelt.
1) Meng fyngemaakte hoender met mayonnaise,
fyngekapte uie en skyfies sampioene.
2) Repies ham, pynappelstukkies en ´n
skeppie blatjang.
3) Gesnyde tamatie, salami en fyngekerfde blaarslaai.
4) Gesnyde hardgekookte eier, gebraaide spek
en pietersilie.
5) Tuna, gekapte ui, mayonnaise, pietersilie
en Tobasco.
Kaasbroodjie
Hierdie is n baie lekker broodresep en mense
se altyd ek moet dit maak as daar n braai is..Baie
lekker as dit nog lekker warm is
3 en n kwart koppie bruismeel.
1 pakkie wit uiesop poeier.
1 klein karringmelk.
1 koppie chedder kaas.
Meng bruismeel uiesop poeier karringmelk en
helfte van kaas baie goed en gooi in n gesmeerde
broodpannetjie. Gooi die ander kaas bo-oor die
broodjie..Daar kan nog meer kaas op die broodjie
gerasper word soos jy dit verkies..Bak vir 1
uur in oond van 180 grade.....
Lepelbrood
450ml melk
300ml mieliemeel
1 teelepel sout
50ml margarien gesmelt
4 eiers geskei.
Verhit melk tot kookpunt. verwyder van hitte
en roer meel by, tot glad. Plaas terug op hitte
en laat mengsel kook tot dik. roer nou en dan.
Voeg sout en margarien stadig by. en verwyder
van hitte . Laat goed afkoel. Klits eiergele
en voeg by. Klits eier witte styf en vou by
mengsel in. Bak in bakskottel in ooond vir 35
minute.
Maklike Mieliebrood
500g self-raising koekmeel
1 blikkie room mielies
1 blikkie ingedampte melk
200g gerasperde kaas
sout en peper
Meng alles saam. Gooi in gesmeerde brood pannetjie
en bak 45 min (of tot bruin) by 180gradeC.
Mieliebrood
70 g (150 ml) mieliemeel
265 g (550 ml) koekmeel
12 g (25 ml bakpoeier)
15 ml suiker
2 ml sout
450 ml melk
80 ml olie
3 eiers
1 x 410 g-blik mieliepitte, gedreineer
Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer en
voer ’n broodpan uit. Sif die droë
bestanddele saam. Klits die melk, eiers en olie
saam. Voeg die melkmengsel en mieliepitte by
en meng liggies. Giet die mieliemengsel in die
broodpan en bak vir ongeveer 1 uur.
Nan Bagnat
Sny ´n Portugese brood horisontaal in
twee en sprinkel olyfolie op elke kant. Pak
op een stuk ontpitte olywe, 12 ingelegde kapers,
twee agurkies, dik skywe tamatie, vier slaaiblare
en ´n paar skyfies sampioene. Sprinkel
olyfolie oor.
Sit die ander stuk brood oor en draai toe in
twee lae foelie. Sit ´n swaar gewig bo-op
en laat staan vir minstens 1 uur.
Potbrood
Lekker potbrood saam met braaivleis.
klaar brooddeeg
250 ml room
1 pakkie sop (sampioen is baie lekker)
bietjie knoffel
swartpeper
enige ander vars kruie
grasuitjie gekerf
pietersielie
basielkruid
Meng alles saam en sit in gesmeerde ysterspot.
Kan bak in oond, maar die lekkerste as dit op
die vuur gedoen word. Sit kole om die pot en
bo-op deksel en los vir ± 40 min/tot
mooi bruin bo-op is. Bedien warm saam braaivleis,
potjie of sop.
Spek en Mielie Kaasbroodjie
1 Klein blikkie suikermielies (roomsoort)
1 Klein tot medium ui (fyn gekap)
1 Pakkie spek (sonder swoerd)
1 Koppie cheddar kaas
6 Snye brood liggies gesmeer met botter. (dag-oud
brood werk goed)
Aromat
Braai die ui in botter of olie tot sag . Gebruik
min olie of botter. Snipper die spek en voeg
by die ui wat braai, hier kom die verdere olie
van die spek wat sal uitbraai. Braai tot spek
na jou smaak gaar is. Voeg nou die mielies en
helfte van die kaas by en roer deur tot die
kaas gesmelt het en die mielies warm is.Laat
effens afkoel en skep eweredig oor die ses snye
brood wat op n bakplaat gesit is. Strooi Aromat
oor en versprei die res van die kaas oor die
brood. Plaas onder die roosterelement van die
oond en rooster tot die kaas gesmelt het.
Sit voor met goeie koffie en jy het n redelike
ontbyt of ligte Sondag-aand happie.
Potbrood
Bestanddele:
500g bruismeel
1 pakkie beesstertsopoeier
1ml sout
1ml rissiepeper
125ml gerasperde Cheddarkaas
500ml karringmelk
Metode:
• Meng al die bestanddele en skep in ’n
gesmeerde platboompotjie of in ’n gesmeerde
broodpannetjie.
• Bak sowat 1 uur tussen die kole of 45
minute in ’n oond by 180°C.
Variasies:
• Vervang die beesstertsoppoeier met bruin
uiesoppoeier.
• Vervang die rissiepeper, kaas en karringmelk
met 1 blikkie bier.
Kaas-en-mieliehappie
Bestanddele
300ml melk
30ml botter
3 eiers, geskei
1 blik (410g) heelpitmielies
100g Cheddar-kaas (gerasper)
5ml Franse mosterd
250ml vars broodkrummels
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Metode
• Verhit melk en botter in 'n ysterpotjie.
• Klits eiergele en roer by melk saam
met res van bestanddele, behalwe eierwitte.
• Klits eierwitte en vou liggies in.
• Bedek en laat 30 minute prut oor koel
kole tot gestol.
• Genoeg vir 6 mense.
Marinades
Biermarinade
Geskik vir die spit of rooster.
175 ml bier
100 ml olie
1 ui, in ringe gesny
1 takkie pietersielie
1 lourierblaar
6 peperkorrels
1 gekneusde knoffelhuisie
30 ml suurlemoensap
30 ml suurlemoenskil, gerasper
Meng alles saam.
Braaisous
1 ui, in ringe gesny
1 knoffelhuisie, gekneus
10 ml olie
200ml tamatiesous
150ml water
75ml bruinsuiker
30ml Worcester-sous
5ml sout
10ml mosterd
Soteer uie en knoffel in olie tot deurskynend.
Voeg die res van die bestandele by en prut vir
5 minute. Bedien op hamburgers.
Braaivleismarinade
Geskik vir die spit of rooster.
200 ml vleisaftreksel
100 ml olie
1 ui, in ringe gesny
1 takkie pietersielie
1 lourierblaar
6 peperkorrels
1 gekneusde knoffelhuisie
Meng alles saam.
Mosterdmarinade
ml mosterdpoeier
2 ml fyn gemmer
gemaalde swartpeper na smaak
1 knoffeltoontjie, gekneus
75 ml sojasous
50 ml suurlemoensap
50 ml olyfolie
Meng alles saam. Kan ook as bedruipsous gebruik
word.
Perske bedruipmengsel
125 ml perske pureé
5 ml suurlemoensap
30 ml heuning
5 ml gekapte gemmerwortel
Meng alles saam en bedruip vleis terwyl jy braai.
Marinade
50 ml sojasous
50 ml rooiwyn
15 ml heuning
12,5 ml sagte bruinsuiker
1 knoffeltjoontjie, gekneus
5 ml fyn gemmer
3 ml kaneel
3 stingeluie, fyn gekap
Meng alles saam en gooi oor vleis. Laat oornag
staan.
Pynappelmarinade
Geskik vir die spit of rooster.
200 ml pynappelsap
100 ml olie
1 ui, in ringe gesny
1 takkie pietersielie
1 lourierblaar
6 peperkorrels
1 gekneusde knoffelhuisie
15 ml gemmerwortel, gekap
5 ml gemmer, fyn
Meng alles saam.
Romerige marinade
Geskik vir die spit of rooster.
200 ml suurroom
sap van 'n halwe suurlemoen
1 ui, in ringe gesny
1 takkie pietersielie
1 lourierblaar
6 peperkorrels
1 gekneusde knoffelhuisie
5 ml paprika
Meng alles saam.
Roosmarynmarinade
10 ml droë witwyn
50 ml suurlemoensap
50 ml olyfolie
2 knoffeltoontjies, gekneus
1 takkie vars roosmaryn of 5 ml droog
5 ml sout
varsgemaalde swartpeper
5 ml gerasperde suurlemoenskil
Opsioneel: vars tiemie, oreganum en pietersielie
Meng alles saam.
Tamatiemarinade
Geskik vir die spit of rooster.
150 ml tamatiesap
100 ml olie
1 ui, in ringe gesny
1 takkie pietersielie
1 lourierblaar
6 peperkorrels
1 gekneusde knoffelhuisie
15 ml Worcestersous
15 ml vrugteblatjang
25 ml bruinasyn
15 ml bruinsuiker
2 heel naeltjies
Meng alles saam.
Toebroodjies
Wynmarinade
Geskik vir die spit of rooster.
200 ml rooiwyn
100 ml olie
1 ui, in ringe gesny
1 takkie pietersielie
1 lourierblaar
6 peperkorrels
1 gekneusde knoffelhuisie
Meng alles saam.
Soorte Pap
Mielie Pap
4 koppies mieliemeel
1 pakkie chakalaka papmengsel
1 bossie spinasie, gewas en versnipper
1 ui in blokkies gesny
2 wortels in blokkies gesny
1 rooi soerissie in blokkies gesny
Opsioneel :- rissie, sampioene of waarvan jy
ookal hou.
Vul kastrol met 2 liter water en voeg by papmengsel
en 30 ml botter. Bring tot by kookpunt. Voeg
meel by 1 liter koue water. Voeg mieliemeel-mengsel
by kookwater-papmengsel. Sit plaat op lae hitte.
Terwyl dit kook die res van die botter in pan
en verbruin uie. Voeg wortels, soetrissie en
spinasie by en braai tot spinasie verwelk. Voeg
by pap en op LAE hitte en kook dit vir nog 15
minute of tot die groente sag is. Roer af en
toe.
Mieliepap
1 koppie mieliemeel
1 koppies kookwater
3 desertlepels margarien
4 desertlepels geelsuiker
½ koppie koue water
Meng mieliemeel met koue water. Voeg kookwater
by. Kook oop by 70% krag in mikrogolfoond vir
5 minute. Roer elke minuut. Gooi dan geelsuiker
en klontjies margarien oor. Moet nie roer nie.
Bedek bak en plaas in mikrogolfoond vir 10 minute
op 50% krag.
Putu Pap
Bestanddele:
2 koppies water
knippie sout
3-4 koppies mieliemeel
Metode:
• Bring water en sout tot kookpunt en
voeg mieliemeel by.
• Verlaag hitte tot normaal.
• Sit deksel op.
• Roer na 3-4 minute en sit weer deksel
op.
• Laat vir sowat 10 minute kook totdat
pap goed gaar is.
• Bedien saam met braaivleis of geniet
dit vir ontbyt saam met vars melk en suiker.
By-disse
Sampioenverrassing
Bestanddele:
sampioene
kaas
blaardeeg
Metode:
• Verwyder stingels van sampioene en sit
’n stukkie kaas in elkeen.
• Rol die sampioene in blaardeeg toe en
bak in diep olie tot gaar.
• Besprinkel met gegeurde sout.
Aartappelsuurdeeg
2 medium aartappels geskil en gerasper
25ml suiker
500ml kookwater
10ml sout
3ml aktiewe of persgis
125ml lou water
fles met deksel
Gooi kookwater oor aartappels en laat afkoel.
Week gis in 125ml lou water. Meng suiker , sout,
en gewwkte gis goed met die lou aartappelmengsel,
gooi in fles en skroef toe. Nie styf nie. Maak
warm toe en laat 6 tot 8 uur lank op warm plek
staan. Die suurdeeg sal skuimerig word en die
fles vul, of selfs uitloop as gis baie aktief
is. As gis te lank gehou word sal gis verswak.
Hou 250ml gis in fles vir plantjie. Syg die
res deur draadsif. Knie volgens insuur of direkte
deeg metode. Opmerking:- Die plantjie sal 8
tot 10 dae lank op ´n koel plek goed hou.
As dit weer aangemaak word, word daar nie weer
gis bygevoeg nie, net die res van die bestandele,
as plantjie metertyd verswak met ´n klein
hoeveelheid gis bygevoeg word, of ander kan
´n nuwe plantjie gemaak word.
Skons
3 koppies meel
3 teelepels bakpoeier
1 eier
1 koppie melk
knippie sout
3 eetlepels botter
Vryf botter in die meel in. Meng die eier, koppie
melk en klein bietjie olie. Sny die melkmengsel
in. Meng verder met die hand tot styf. Rol uit
met die hand. Gebruik 5cm koekdrukkers vir vorm
en verf bietjie eiergeel bo-op voor dit in die
oond bak vir 10 minute op 200ºC.
Botterbroodjies
Sif:
2 koppies bruismeel
1 teelepel bakpoeier
½ teelepel sout
Klits:
´n derde koppie kookolie
1 eier
´n twee-derde koppie melk
1 eetlepel suiker
Voeg meelmengsel by eiermengsel en meng liggies
met mes. Strooi Maizena op tafel en druk bol
deeg liggies plat met die hand. Druk met ´n
drukkertjie en sit die botterbroodjies styf
teen mekaar op ´n gesmeerde plaat wat
uitgeskud is met meel. Bak dan by 220°C
vir 15 minute.
Groente-botterbroodjies
Hantie Welken wag al lank vir hierdie resep.
4 koppies gemengde groente
1 ui gekap en gesoteer
3 eiers geklits
1 koppie melk
2 koppies meelblom
2 teelepels bakpoeier
Meng groente en ui. Voeg eiers en melk by en
dan droë bestandele. Oppsioneel:- tabascosous-
knoffel-paprika- of net wat jy wil hê!!!
Bak lepels vol in verhitte olie.
Piesangbrood
4 ryp piesangs
½ k margarien
½ t koeksoda
½ k melk
1 t vanilla
2 k meel
2 eiers
1 k suiker
1 ¼ t bakpoeier
Meng al die bestanddele, behalwe melk, koeksoda
en piesangs. Maak koeksoda aan met melk en voeg
by. Voeg piesangs by. Bak 1 uur op 350 °F
(180 °C)
Rosyntjie- en neutebroodjie
1½ koppie meelblom
2 teelepels bakpoeier
½ teelepel koesoda
1 teelepel sout
1½ koppie volkoringmeel
1 koppie rosyntjies
1 eier, geklits
¾ koppie bruinsuiker
1½ koppie karringmelk of jogurt
2 eetlepels margarien, gesmelt
1 koppie gekapte pekanneute
Sif eers die droë bestandele behalwe volkoringmeel.
Voeg dan volkoringmeel, rosyntjies en gekapte
neuite by. Meng baie goed. Meng eier, suiker,
melk en gesmelte margarien. Voeg droë bestandele
en meng net genoeg om droë bestandele klam
te maak. Gooi in gesmeerde pan en bak ±
1 uur teen 180°C.
Vetkoek
4 koppies meel
1 teelepel bakpoeier
1 derde koppie botter
sout
4 eetlepels suiker
´n knippie neutmuskaat
2 eiers
dikmelk
Meng die droë bestandele saam (behalwe
die bakpoeier) en vryf die botter in met jou
vingers. Klits die eiers en bakpoeier saam en
voeg by die meelmengsel. Voeg genoeg dikmelk
by om ´n deeg te maak en meng goed. Knie,
rol uit en sny in stukke wat jy diepbraai in
olie.
Sjokolademousse
Bestanddele:
50ml vlapoeier
50ml kakao
175ml suiker
500ml melk
15ml gelatien
30ml koue water
1 blik koue ingedampte melk
Metode:
• Sif vlapoeier, kakao en suiker saam.
• Voeg melk by en roer tot opgelos. Verhit
tot kookpunt. Roer gereeld totdat mengsel verdik
en verwyder van hitte.
• Strooi gelatien oor koue water en roer
by warm kakaomengsel. Laat afkoel.
• Klop ingedampte melk tot dubbel in volume
en vou die sjokolademengsel daarby in.
• Verkoel in yskas.
Sjokoladekoek
Bestanddele:
6 eiers (skei die geel en wit)
500ml koekmeel
500ml suiker
2ml sout
250ml olie
125ml kakao
250ml kookwater
4 teelepels bakpoeier
Metode:
• Klits kakao, suiker en water totdat
die suiker opgelos het.
• Voeg meel, eiergele en olie by.
• Klits eierwitte en voeg by.
• Voeg bakpoeier by.
• Bak in gesmeerde pan by 160ºC vir
ongeveer 25-30 minute.
• Versier koek met gekookte kondensmelk
terwyl die koek nog warm is.
Klapper-karringmelkbeskuit
Bestanddele:
2kg bruismeel
750ml klapper
750ml suiker
3 eiers
500g botter of margarien
1 liter karringmelk
2 teelepels sout
Metode:
• Meng meel, klapper, suiker en sout saam
en vryf botter met vingerpunte in.
• Klits eiers en meng met karringmelk.
Voeg by meelmengsel en meng goed.
• Skep in panne en bak sowat 1 uur in
voorverhitte oond by 180ºC.
• Laat afkoel, breek in stukke en droog
uit teen 100ºC (3-4 uur).
Kaaspoffertjies
Bestanddele:
blaardeeg
1 eierwit
50g gerasperde Parmesankaas
knippie sout
knippie rissiepeper
Metode:
• Rol blaardeeg uit (3mm) en sny in klein
sirkels.
• Smeer styfgeklopte eierwit liggies op
en sprinkel kaas en speserye oor tweederdes
van die deeg.
• Sit twee gesprinkelde deegstukkies op
mekaar en dan ’n stukkie skoon deeg sodat
elke poffertjie uit drie lae deeg bestaan.
• Bak vir 20-25 minute by 230°C tot
ligbruin en goed gaar. Bedien warm.
Suikermieliepoffertjies
Bestanddele:
1 eier
1 blikkie suikermielies
2 selderystingels
1 soet groenrissie
60g rou garnale
1 vars groen brandrissie
6 sprietuie
60g meelblom
10g bakpoeier
geurmiddels na smaak
kookolie
Metode:
• Maal die uie, groenrissie en brandrissie
tot 'n pasta.
• Maak garnale skoon en kap fyn.
• Sny seldery fyn en voeg suikermielies
by.
• Sit al bogenoemde bestanddele in 'n
mengbak.. Breek die eier in die mengsel en roer.
• Voeg meel, bakpoeier en geurmiddels
by. Meng goed om 'n gladde beslag te vorm.
• Verhit olie totdat dit begin rook en
stel hitte laer.
• Skep opgehoopte lepels vol beslag in
die olie. Diepbraai tot goudbruin; draai om
wanneer nodig.
• Dreineer goed. Bedien warm met brandrissiesous.
Mielie-konkoksie
Bestanddele:
1 blikkie suikermielies
1 blikkie pitmielies
½ koppie suiker
1 groot eetlepel maizena
1 teelepel bakpoeier
3-4 eiers (geklits)
Metode:
• Meng al die bestanddele en bak vir 1
uur by 180ºC.
• Bedien saam met ontbyt of saam met braaivleis.
Eierverrassing
• Bestanddele:
3 snye wit brood
8 eiers
500ml melk
1ml mosterdpoeier
125g ontbytspek, gesny in klein stukkies
100g cheddar, fyn gerasper
2ml sout
vars gemaalde swart peper
50g gerasperde kaas en paprika vir versiering
Metode:
• Breek brood in stukkies en week in melk.
Sit mengsel vir 4-5 minute in mikrogolfoond
by HOOG of laat dit vir 3 minute op die stoof
prut.
• Druk brood fyn met 'n vurk en voeg ontbytspek
by.
• Klits eiers goed en voeg mosterd, sout
en peper by.
• Gooi eiers by melkmengsel en voeg dan
100g kaas by.
• Skep mengsel in oondbak en versier met
kaas en paprika.
• Bak vir 30-35 minute in voorverhitte
oond by 180ºC.
• Bedien warm. Genoeg vir 8-10 mense
Brode
Franse broodpizza
410g blik boontjies in tamatiesous
1 Franse brood
1 ui, gekap
1 tamatie, geskil en fyngesny
25ml groen soetrissie, fyngesny
5ml mosterd
80g songedroogde tamaties
80g olywe, ontpit
80g peppadews
500ml Cheddar, gerasper
pietersielie
Verhit die oond tot 180ºC. Sny die brood
in die lengte deur en verwyder die krummels.
Meng die krummels met die res van die bestandele,
maar net helfte van die kaas. Skep die mengsel
in die twee helftes. Sprinkel die res van die
kaas oor en bak op ´n gesmeerde bakplaat
vir 15 minute. Garneer met pietersielie en olywe.
Gesondheidsbrood
Hierdie wonderlike broodjie word in ´n
mikrogolfoond gemaak en bak perfek elke keer.
250ml semels
500ml volkoringmeel
250ml gerolde koring
125ml sonneblomsaad
50ml pitlose rosyntjies
5ml bakpoeier
5ml sout
500ml karringmelk
5ml koeksoda
25ml sagte bruinsuiker
25ml olyfolie
Smeer ´ 1,5L mikrogolf-broodpan van 25x10x7,5cm
uit met botter. Voer die boom met ´n papierhanddoek
uit. Strooi semels om die kante en bedek die
bodem daarmee. Gooi die res van die semels in
´n mengbak. Meng die meel, koring, saad,
rosyntjies, bakpoeier en sout met die semels
in die mengbak. Meng die karringmelk en koeksoda
saam in ´n aparte bak. Roer nou die suiker
en olie by die melkmengsel. Voeg die melk-mengsel
by die semelmengsel en meng goed. Skep die deeg
in die pan en maak die bokant effens rond. Strooi
bietjie gerolde koring oor. Plaas die pan op
´n onderstebo piering in die mikrogolfoond
en mikrogolf vir 17 minute by 70% krag. (850
watt oond)
Kaasbroodjie
Hierdie is n baie lekker broodresep en mense
se altyd ek moet dit maak as daar n braai is..Baie
lekker as dit nog lekker warm is
3 en n kwart koppie bruismeel.
1 pakkie wit uiesop poeier.
1 klein karringmelk.
1 koppie chedder kaas.
Meng bruismeel uiesop poeier karringmelk en
helfte van kaas baie goed en gooi in n gesmeerde
broodpannetjie. Gooi die ander kaas bo-oor die
broodjie..Daar kan nog meer kaas op die broodjie
gerasper word soos jy dit verkies..Bak vir 1
uur in oond van 180 grade.....
Lepelbrood
450ml melk
300ml mieliemeel
1 teelepel sout
50ml margarien gesmelt
4 eiers geskei.
Verhit melk tot kookpunt. verwyder van hitte
en roer meel by, tot glad. Plaas terug op hitte
en laat mengsel kook tot dik. roer nou en dan.
Voeg sout en margarien stadig by. en verwyder
van hitte . Laat goed afkoel. Klits eiergele
en voeg by. Klits eier witte styf en vou by
mengsel in. Bak in bakskottel in ooond vir 35
minute.
Maklike Mieliebrood
500g self-raising koekmeel
1 blikkie room mielies
1 blikkie ingedampte melk
200g gerasperde kaas
sout en peper
Meng alles saam. Gooi in gesmeerde brood pannetjie
en bak 45 min (of tot bruin) by 180gradeC.
Mieliebrood
70 g (150 ml) mieliemeel
265 g (550 ml) koekmeel
12 g (25 ml bakpoeier)
15 ml suiker
2 ml sout
450 ml melk
80 ml olie
3 eiers
1 x 410 g-blik mieliepitte, gedreineer
Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer en
voer ’n broodpan uit. Sif die droë
bestanddele saam. Klits die melk, eiers en olie
saam. Voeg die melkmengsel en mieliepitte by
en meng liggies. Giet die mieliemengsel in die
broodpan en bak vir ongeveer 1 uur.
Piesangbrood
4 ryp piesangs
½ k margarien
½ t koeksoda
½ k melk
1 t vanilla
2 k meel
2 eiers
1 k suiker
1 ¼ t bakpoeier
Meng al die bestanddele, behalwe melk, koeksoda
en piesangs. Maak koeksoda aan met melk en voeg
by. Voeg piesangs by. Bak 1 uur op 350 °F
(180 °C)
Pizzadeeg
4k koekmeelblom
1 pakkie kitsgis
10ml sout
30ml suiker
lou warm water (omtrent 500ml)
Meng al die droeë bestandele saam. Voeg
klein hoeveelhede water geleidelik by en meng
gedurig tot ´n sagte deeg vorm.
Gebruik dan die hande en knie die deeg to glad
en elasties - hoe langer jy knie, hoe lekkerder
die deeg. Laat staan vir 30min en rol dan pizza
-grootte stukke uit. Jy kan dit nogal regtig
DUN maak, dis hoekom ek hiervan hou.
Die deeg kan ook oornag in die yskas gehou word
en dan vetkoeke van gemaak word.
Potbrood
Lekker potbrood saam met braaivleis.
klaar brooddeeg
250 ml room
1 pakkie sop (sampioen is baie lekker)
bietjie knoffel
swartpeper
enige ander vars kruie
grasuitjie gekerf
pietersielie
basielkruid
Meng alles saam en sit in gesmeerde ysterspot.
Kan bak in oond, maar die lekkerste as dit op
die vuur gedoen word. Sit kole om die pot en
bo-op deksel en los vir ± 40 min/tot
mooi bruin bo-op is. Bedien warm saam braaivleis,
potjie of sop.
Rosyntjie- en neutebroodjie
1½ koppie meelblom
2 teelepels bakpoeier
½ teelepel koesoda
1 teelepel sout
1½ koppie volkoringmeel
1 koppie rosyntjies
1 eier, geklits
¾ koppie bruinsuiker
1½ koppie karringmelk of jogurt
2 eetlepels margarien, gesmelt
1 koppie gekapte pekanneute
Sif eers die droë bestandele behalwe volkoringmeel.
Voeg dan volkoringmeel, rosyntjies en gekapte
neuite by. Meng baie goed. Meng eier, suiker,
melk en gesmelte margarien. Voeg droë bestandele
en meng net genoeg om droë bestandele klam
te maak. Gooi in gesmeerde pan en bak ±
1 uur teen 180°C.
Spek en Mielie Kaasbroodjie
1 Klein blikkie suikermielies (roomsoort)
1 Klein tot medium ui (fyn gekap)
1 Pakkie spek (sonder swoerd)
1 Koppie cheddar kaas
6 Snye brood liggies gesmeer met botter. (dag-oud
brood werk goed)
Aromat
Braai die ui in botter of olie tot sag . Gebruik
min olie of botter. Snipper die spek en voeg
by die ui wat braai, hier kom die verdere olie
van die spek wat sal uitbraai. Braai tot spek
na jou smaak gaar is. Voeg nou die mielies en
helfte van die kaas by en roer deur tot die
kaas gesmelt het en die mielies warm is.Laat
effens afkoel en skep eweredig oor die ses snye
brood wat op n bakplaat gesit is. Strooi Aromat
oor en versprei die res van die kaas oor die
brood. Plaas onder die roosterelement van die
oond en rooster tot die kaas gesmelt het.
Sit voor met goeie koffie en jy het n redelike
ontbyt of ligte Sondag-aand happie.
Vetkoek
4 koppies meel
1 teelepel bakpoeier
1 derde koppie botter
sout
4 eetlepels suiker
´n knippie neutmuskaat
2 eiers
dikmelk
Meng die droë bestandele saam (behalwe
die bakpoeier) en vryf die botter in met jou
vingers. Klits die eiers en bakpoeier saam en
voeg by die meelmengsel. Voeg genoeg dikmelk
by om ´n deeg te maak en meng goed. Knie,
rol uit en sny in stukke wat jy diepbraai in
olie.
Walliese Kaasbroodjies
45 ml botter
45ml koekmeelblom
10ml mosterdpoeier
knippie rooipeper
90ml bier
250ml melk
500ml gerasperde kaas
sout
6 snye roosterbrood
Mikrogolf die botter tot gesmelt. Roer die meelblom,
mosterd em peper by en mikrogolf weer vir 1
minuut. Klits die bier en melk liggies by en
mikrogolf vir 5 minute. Klits die mengsel 2
keer tussendeur om dit glad te hou. Roer die
kaas by totdat dit gesmelt het. Skep die mengsel
op die roosterbrood en verbruin dit onder die
roosterelement van die oond.
Potbrood
Bestanddele:
500g bruismeel
1 pakkie beesstertsopoeier
1ml sout
1ml rissiepeper
125ml gerasperde Cheddarkaas
500ml karringmelk
Metode:
• Meng al die bestanddele en skep in ’n
gesmeerde platboompotjie of in ’n gesmeerde
broodpannetjie.
• Bak sowat 1 uur tussen die kole of 45
minute in ’n oond by 180°C.
Variasies:
• Vervang die beesstertsoppoeier met bruin
uiesoppoeier.
• Vervang die rissiepeper, kaas en karringmelk
met 1 blikkie bier.
Bruin uie sop
1 Blikkie room
Bietjie rooi wyn - droog
Sweet corn mielies - Nie blikkies nie, die heel
vars klein mielies)
Klein wortels - (Nie groot wortels nie, ook
die wat jy klein aankoop)
Jou keuse van groente verder
Aanwysings:
Warm die potjie op, en voeg so bietjie olie
by net om die onderkant en sykante van die potjie
te "smeer" As die olie lekker warm
is, voeg die uie en die knoffel by en laat dit
bietjie braai - nie brand nie Sondra die uie
en knoffel op proe staduim kom, voeg die hoender
stukkies by, en braai die amper gaar. Maak seker
dat die hoeder lekker "gebraai" is
sodat jy meer smaak kan gee in jou potjie. As
die hoeder op amper gaar staduim is , voeg bietjie
rooi wyn by , braai so bietjie en HAAL UIT.
Die rooi wyn sal nie net ´n lekker smaak
gee nie, maar baie van die cholestrol wegbrand.
Nadat die hoender en die uie en knoffel uitgehaal
is, voeg so 1 tot 2 liter water in die pot.
Roer die water tot al die "vas gebrande"
dele in die water ingeroer is. Voeg nou al jou
groentes by die water mengsel, en geniet so
glasie wyn of twee van jou eie. Kyk so nou en
dan of die groentes al sag gekook is.MOET NIE
dat die groente heeltemal sag kook nie, want
ons maak potjie, nie stew nie.
Sodra jy ´n mes deer die wortel kan druk,
is die groente mengsel gereed vir die res van
die potjie-kos. Voeg nou weer die hoender en
die uie-knoffel mengsel by die potjie. Laat
die potjie nou bietjie kuier vir so 20 min of
wat. Sodra die groente en die hoender mekaar
ordentlik ontmoet het, kan jy nou so bietjie
bruin uie sop byvoeg. As sien sien daar is bietjie
min water in , voeg so bietjie by, want die
bruin uie sop sal so bietjie dikkerigheid veroorsaak.
Laat staan en kook die potjie nou weer vir so
10-20 minute. As die potjie op sy einde is,
voeg die hele blikkie room by, en laat prut
vir so 10 min.
Bedien saam met ´n ligte meng slaai on
´n glasie rooi wyn.
Avo & Maas
Maak avokadopeer, bietjie suurlemoensap en maaskaas
saam fyn.
Kaas, Appel & Sultanas
Gerasperde kaas, gerasperde appel en sultanas
op brood.
Kaas & Blatjang
Gerasperde kaas en blatjang.
Kerrie-eier
Druk ´n hardgekookte eier fyn met mayonnaise,
jogurt en ´n knippie kerriepoeier.
Linda-broodjie
Fyn opgesnyde groen soetrissie en ui saam met
kaas op brood waarop botter en blatjang gesmeer
is.
Piesang & Dadel
Maak ´n piesang fyn en smeer dit saam
met dadelsmeer op brood.
Piesang & Grondboontjiebotter
Meng piesang en grondboontjiebotter.
Roomkaas & Appelkoos
Smeer roomkaas oor brood en sprinkel gedroogde
appelkoosstukkies oor.
Roomkaas, geroosterde sesame & kropslaai
Smeer roomkaas op broodjie, besprinkel met sesame-saad
en bedek met kropslaai.
Rouleaux
Rouleaux is maklik om te maak en is 'n heerlike
voorgereg.
Gee jou verbeelding vrye teuels wanneer jy 'n
vulsel maak.
Bestanddele:
100g botter of margarien
100ml meelblom
500ml melk
5 eiers (geskei)
125ml Cheddarkaas (gerasper)
5ml wynsteensuur
sout en peper na smaak
Metode:
• Voer 'n 26x39cm Switserse rol-blik uit
met gesmeerde waspapier of bakpapier.
• Smelt botter en roer meelblom by om
'n gladde pasta te maak. Voeg melk by en bly
roer totdat sous verdik.
• Haal van plaat af en voeg sout en peper
by. Roer eiergele en kaas by. Gooi mengsel in
'n groter bak.
• Klits eierwitte totdat dit punte begin
maak. Voeg wynsteensuur by en klits nog 5 sekondes.
• Vou eierwit in eiergeel-mengsel. Gooi
mengsel in blik en draai skuns sodat mengsel
egalig versprei.
• Bak vir sowat 15 minute in voorverhitte
oond by 200ºC totdat dit stol en amper
ligbruin is. Sit rouleaux op 'n klam doek. Verwyder
bakpapier dadelik.
• Smeer 'n geurige vulsels op die rouleaux
en rol op soos 'n Switserse rol. Sny in skyfies
en bedien warm as 'n voorgereg.
Vulsels:
• Meng 400g hoenderlewerpatee, 4 sprietuie
(gekap) en 25ml room.
• Meng 195g gerookte mossels, 125ml gerasperde
kaas en 25ml gekapte pietersielie.
• Braai 1 repie spekvleis (gekap), voeg
310g roommielies en 5ml meelblom by. Roer totdat
mengsel kook en begin verdik. Roer 25ml suurroom
en 12,5ml gekapte grasuie by.
• Meng 440g rooi salm (dreineer), 4 sprietuie
(gekap), 125ml mayonnaise en 12,5ml gekapte
grasuie.
Sampioenverrassing
Bestanddele:
sampioene
kaas
blaardeeg
Metode:
• Verwyder stingels van sampioene en sit
’n stukkie kaas in elkeen.
• Rol die sampioene in blaardeeg toe en
bak in diep olie tot gaar.
• Besprinkel met gegeurde sout.
Bees vleis
Kasserol
Bestandele:
750 g diklies of binneboudvleis, in blokkies
gesny
75ml koekmeel
40 ml olie
2 huisies knoffel, gekneus (opsioneel, of 2
t knoffelsout)
300 g heel kleinuitjies
5 preie, opgesny
15 ml droë origanum
knypie roosmaryn
sout na smaak
250 g swoerdlose ontbytspek, opgesny
75 ml tamatiepuree
15 ml bruinsuiker
300 ml droë rooi wyn
1 blik roomsampioene
125 ml suurroom
Metode
• Gooi meel en sout in plastieksak en
gooi blokkies vleis daarin. Skud en haal blokkies
uit.
• Verhit olie in dikboom kastrol en verbruin
vleisblokkies daarin.
• Voeg knoffel, uie, preie en kruie by
en soteer 'n paar minute.
• Voeg puree, suiker en wyn by en prut
saggies sonder 'n deksel tot sous met die helfte
verminder het.
• Gooi mengsel in 'n kasserol en voeg
roomsampioene by.
• Sit deksel op en bak in voorverhitte
oond (160°C) vir ongeveer 40-50 minute totdat
vleis sag is.
• Wanneer gereed vir opdien, roer suurroom
in, garneer en bedien met rys, soet ertjies
en 'n slaai.
Bosveld-filet
Marinade:
125ml tamatiesous
60ml Worcestersous
15ml matige blatjang
10ml Franse mosterd
125ml wit wyn
15ml olyfolie
1 knoffelhuisie (gekneus)
1 eetlepel suiker
Ander bestanddele:
Dik filetskywe
speserye na smaak
125ml room
Metode:
• Meng al die marinade-bestanddele en
marineer vleis vir twee ure.
• Rooster oor warm kole vir 10 tot 18
minute afhangende van hoe gaar dit moet wees.
• Strooi speserye na smaak oor.
• Voeg room by marinadesous en verhit
effens oor kole. Sit saam met die vleis voor.
Vingerleklekker dikrib
Bestanddele:
1½kg dikrib
1 uit (gekap)
125ml asyn
125ml stroop
10ml koffiepoeier
Bisto
sout en peper na smaak
Metode:
• Braai dikrib tot bruin en kook dan tot
sag.
• Meng asyn, stroop, koffiepoeier, sout
en peper. Meng met vleis.
• Braai uie en voeg vleis by.
• Verdik sous met Bisto.
• Bedien met rys en slaai
Soetsuur lewer
Bestanddele:
30ml kookolie
500g bees-le-wer, in 5mm-re-pe ge-sny
125ml warm vleis-af-trek-sel
15ml blat-jang
50ml pit-lo-se ro-sy-ne
15ml wynasyn
5ml sout
2ml paprika
Metode:
• Verhit die kook-olie en braai die lewer
3 minute lank oor hoë hitte.
• Voeg die res van die be-standdele by,
plaas die deksel op, stel die plaat af en laat
prut 12-15 minute of tot-dat die lewer sag is.
Gestoofde beesstert
Gestoofde beesstert is ’n tradisionele
gereg in die Bosveld.
Bestanddele:
1 beesstert
4 eetlepels meelblom
2 teelepels sout
knippie peper
50g vet of olie
1 gesnyde ui
1 gesnyde wortel
1 gekapte selderytakkie
1 klein raad (gesny)
2 koppies vleisekstrak of water
Metode:
• Sny stert by litte deur.
• Gooi meel in ’n papier- of plastiese
sak en skud die vleis daarin totdat dit goed
met meel bedek is.
• Verwarm die vet of olie en braai vleis
bruin. Voeg groente by en braai nog ’n
paar minute.
• Voeg oorblewende meel, sout en peper
by en roer die vloeistof by. Kook stadig vir
2-3 ure totdat die vleis sag is.
• Bedien met gebakte aartappels en ’n
groen groente.
Hoender
Hoenderlewer Risotto
Bestanddele:
500g hoenderlewer
2 gekapte uie
vars knoffel (na smaak)
1 pakkie gesnyde sampioene
gekapte groenrissies en chilli (na smaak)
sout en vars gemaalde swartpeper
Metode:
• Braai al die bestanddele in olyfolie
en knoffelbotter.
• Voeg 4 koppies Italiaanse rys by en
braai saam.
• Voeg 2 blokkies hoenderekstrak (los
op in 8 koppies water), asook 1 pakkie wit sampioenroomsop
by.
• Kook alles saam, met deksel op pot,
tot gaar. Moenie te veel roer nie.
• Bedien met Italiaanse brood, Tobasco
en rooi wyn.
Vark vleis
Eisbein — Varkkneukel
Bestanddele:
15ml olyfolie
2 medium preie in skywe gesny
2 gerookte kneukels (±850g elk)
375ml appelkoossap
125ml vleisaftreksel
60ml mediumsoet sjerrie
sout en varsgemaalde peper na smaak
125g droë appelkose
125g sultanas
Metode:
• Sit gietysterpot (nr. 2) oor matige
kole.
• Verhit olie en soteer preie tot sag.
• Voeg kneukels by en braai bruin.
• Voeg sap, aftreksel, sjerrie en geurmiddels
by. Sit deksel op en prut 1½ tot 2 ure.
• Genoeg vir ses mense
Duiwelsrib
Bestanddele:
Varkribbetjies
1 eetlepel marmite
5 eetlepels suiker
1 eetlepel mielieblom
2 eetlepels asyn
3 eetlepels fyn gekapte gemmerkonfyt
of 2 teelepels gemaalde gemmer
1 huisie gekapte knoffel
Metode:
• Kook ribbetjies stadig in 'n bietjie
water totdat die bene uitgetrek kan word.
• Laat die vleis afkoel sodat jy dit kan
hanteer en sny dan in vierkante.
• Meng res van die bestanddele en doop
vleisvierkante daarin.
• Rangskik in oondpan en braai bokante
bruin onder rooster.
• Sodra die bokante mooi bruin is, draai
om en bestryk met nog sous en braai weer bruin.
• Dit kan warm of koud bedien word.
• Die oorblywende sous word ook bedien,
sodat die stukkies vleis aan 'n stokkie opgelig
kan word en weer in die sous gedruk kan word
indien verlang.
Skaapvleis
Lamskotelette
Bestanddele:
12 lamskotelette
75g vars gekapte kruisement
1 teelepel roosmaryn
125g bruin suiker
1 liter asyn
geurmiddels na smaak
Metode:
• Sny meeste vet van die lamskotelette
af.
• Meng res van die bestanddele.
• Marineer lamskotelette vir 3 ure in
hierdie mengsel.
• Geur lamskotelette en braai op kole
of in skottelbraaier.
• Kook en verminder marinade met die helfte.
Gooi deur sif en bedien apart.
Ander
Bruin sous
Bestanddele:
50g vet
2 gesnyde uie
2 klein wortels (gesny)
3 eetlepels meelblom
2 koppies vleisekstrak
½ teelepel blatjang
skeutjie Worcestersous
¼ lourierblaar
pietersielietakkie
knippie suiker
sout en peper na smaak
knoffelsout (opsioneel)
Metode:
• Braai die groente en vet in ’n
souspan totdat dit begin bruin word.
• Voeg meelblom by en kook tot ligbruin.
• Voeg die ekstrak en ander bestanddele
by en roer of klits deeglik totdat die sous
glad is en begin kook. Stel hitte laer en kook
vir 5 minute. Roer dit af en toe.
• Gooi deur ’n sif voor bediening.
Mopaniewurms
Mopaniewurms word as ‘n koningsdis beskou.
Die wurms word gedroog en dan so verkoop. Hulle
het die naam gekry omdat hulle Mopani bome se
blare eet. Mopani bome kom meeste voor in die
Noordelike Provinsie. Die wurm is die larwe
stadium van die mot (Gonimbrasia belina) Die
mot het ‘n vlerkspan van 13.5cm en kan
nogal groot konsternasie veroorsaak as hy verby
jou vlieg. Motte lê omtrent 150 eiers
op die bome in lente ne na net ‘n paar
weke kom hierdie wurms uit en begin eet aan
die boom se blare. As hulle volgroeid is is
hulle so dik soos jou vinger en omtrent sewe
centimeters lank.
Die boorlinge gaan haal dan die wurms af haal
hulle binnegoed uit en braai dit of druk hulle
plat en los hulle om te droog. As hulle uitgedroog
is kan hulle maande lank hou.
Bestanddele:
Gedroogde mopaniewurms
Tamaties (gesny)
Uie (gekap)
botter
Rooirissiesous (na smaak)
sout, peper en knoffelsout na smaak
Metode:
• Week mopaniewurms in water tot sag.
• Braai uie in botter.
• Voeg res van bestanddele by en prut
oor lae hitte tot sag.
• Bedien met putu pap en 'n glasie yskoue
mampoer.
Komkommersous
Bestanddele:
1 komkommer, gerasper met skil en al
½ koppie suurroom
½ koppie ongegeurde joghurt
4 eetlepels vars suurlemoensap
Metode:
• Verwyder oortollige water uit gerasperde
komkommer deur in ’n teedoek saam te pers.
• Voeg res van bestanddele by gerasperde
komkommer en meng goed.
• Sit vir uur in yskas sodat verskillende
smake goed meng.
Roomsous
Bestanddele:
3 eiers
250ml room
125ml suiker
100ml asyn
5ml sout
5ml mosterdpoeier
3ml rooi peper
knippie peper
Metode:
• Klits al die bestanddele saam.
• Verhit in 'n pot oor water en roer totdat
mengsel verdik.
• Gooi dadelik in 'n koue houer en bedien
Knoffelsous
Bestanddele:
1 koppie knoffelhuisies
1 koppie olyfolie
½ koppie suurlemoensap
Metode:
• Versap alles saam.
• Bêre in yskas in 'n bottel met
prop of deksel wat dig sluit
Portwyn-jellie
Bestanddele:
250g vars of bevrore frambose
125ml suiker
250ml portwyn
30ml gelatien gemeng met 30ml water
Metode:
• Sit frambose, suiker en port in ’n
souspan. Druk frambose effens fyn.
• Verhit mengsel oor lae hitte totdat
louwarm. Voeg gelatien by en klop oor lae hitte
totdat gelatien oplos.
• Gooi in 6 klein glasbakkies. Sit in
yskas om te stol.
• Sprinkel versiersuiker liggies oor en
bedien met soet beskuitjies.
Biermarinade
Geskik vir die spit of rooster.
175 ml bier
100 ml olie
1 ui, in ringe gesny
1 takkie pietersielie
1 lourierblaar
6 peperkorrels
1 gekneusde knoffelhuisie
30 ml suurlemoensap
30 ml suurlemoenskil, gerasper
Meng alles saam.
Braaisous
1 ui, in ringe gesny
1 knoffelhuisie, gekneus
10 ml olie
200ml tamatiesous
150ml water
75ml bruinsuiker
30ml Worcester-sous
5ml sout
10ml mosterd
Soteer uie en knoffel in olie tot deurskynend.
Voeg die res van die bestandele by en prut vir
5 minute. Bedien op hamburgers.
Braaivleismarinade
Geskik vir die spit of rooster.
200 ml vleisaftreksel
100 ml olie
1 ui, in ringe gesny
1 takkie pietersielie
1 lourierblaar
6 peperkorrels
1 gekneusde knoffelhuisie
Meng alles saam.
Mosterdmarinade
ml mosterdpoeier
2 ml fyn gemmer
gemaalde swartpeper na smaak
1 knoffeltoontjie, gekneus
75 ml sojasous
50 ml suurlemoensap
50 ml olyfolie
Meng alles saam. Kan ook as bedruipsous gebruik
word.
Perske bedruipmengsel
125 ml perske pureé
5 ml suurlemoensap
30 ml heuning
5 ml gekapte gemmerwortel
Meng alles saam en bedruip vleis terwyl jy braai.
Marinade
50 ml sojasous
50 ml rooiwyn
15 ml heuning
12,5 ml sagte bruinsuiker
1 knoffeltjoontjie, gekneus
5 ml fyn gemmer
3 ml kaneel
3 stingeluie, fyn gekap
Meng alles saam en gooi oor vleis. Laat oornag
staan.
Pynappelmarinade
Geskik vir die spit of rooster.
200 ml pynappelsap
100 ml olie
1 ui, in ringe gesny
1 takkie pietersielie
1 lourierblaar
6 peperkorrels
1 gekneusde knoffelhuisie
15 ml gemmerwortel, gekap
5 ml gemmer, fyn
Meng alles saam.
Romerige marinade
Geskik vir die spit of rooster.
200 ml suurroom
sap van 'n halwe suurlemoen
1 ui, in ringe gesny
1 takkie pietersielie
1 lourierblaar
6 peperkorrels
1 gekneusde knoffelhuisie
5 ml paprika
Meng alles saam.
Roosmarynmarinade
10 ml droë witwyn
50 ml suurlemoensap
50 ml olyfolie
2 knoffeltoontjies, gekneus
1 takkie vars roosmaryn of 5 ml droog
5 ml sout
varsgemaalde swartpeper
5 ml gerasperde suurlemoenskil
Opsioneel: vars tiemie, oreganum en pietersielie
Meng alles saam.
Tamatiemarinade
Geskik vir die spit of rooster.
150 ml tamatiesap
100 ml olie
1 ui, in ringe gesny
1 takkie pietersielie
1 lourierblaar
6 peperkorrels
1 gekneusde knoffelhuisie
15 ml Worcestersous
15 ml vrugteblatjang
25 ml bruinasyn
15 ml bruinsuiker
2 heel naeltjies
Meng alles saam.
Toebroodjies
Wynmarinade
Geskik vir die spit of rooster.
200 ml rooiwyn
100 ml olie
1 ui, in ringe gesny
1 takkie pietersielie
1 lourierblaar
6 peperkorrels
1 gekneusde knoffelhuisie
Meng alles saam.