Artikels:
Agie se Wenke
Feite & Flaters
Gesondheid
Kos Kaskenades
Het jy geweet.... Grappies
Finansies

E-pos fotos

Advertensies



Wat gebeur?
Museums in Pretoria

Webtuistes

Skakels na ander webtuistes

 

 


Is jy in die Regte posisie by jou werk?

1) Wat beteken Maandag oggende vir jou?
a) Blou Maandag en die depressie vang jou voor jy by die werk kom
b) Dis wonderlik die eerste dag van die week met nuwe uitdagings
c) Oggende is nie jou beste tye nie en jy begin eers 9uur wakker word

2) Is jy bekommerd oor jou kleredrag as jy aantrek in die oggend
a) Maak nie saak nie niemand kyk in elk geval vir jou nie
b) Meeste dae maak jy moeite om goed te lyk
c) Jy gaan uit jou pad uit om goed te lyk by die werk

3) Hoe is jou verhouding met jou mede werkers?
a) Goed daar is ‘n redelike goeie atmosfeer en almal is behulpsaam
b) Jy het meeste van die tyd probleme en voel bedreig deur jou mede kolegas
c) Totaal en al moeg vir die skindery en nonsense van mede kolega’s

4) As jou baas nie by die werk is nie wat sal jy doen?
a) Sit jou voete in die lug en bel al jou vriende
b) Dit maak nie saak of hy daar is nie en jy gaan aan met jou huidige projekte
c) Ontspan en vat ‘n langer etenstyd

5) Maak ‘n buite aktiwiteit inbreuk op jou werk?
a) Jou stokperdjie is die belangrikste aspek van jou lewe en jy vind dat daar meer van jou energie tuis verlore gaan as by die huis
b) Jy probeer om jou plesier en besigheid apart te hou
c) Geniet jou werk soveel as enige stokperjie

6) Wat is jou gevoel om met ‘n familie te begin?
a) Jy hou van kinders en kan suksesvol jou loopbaan as jou huishouding beheer.
b) Jy kan nie wag om kinders te kry nie om so gou as moontlik van die werk af te bly nie.
c) Jy verkies om tuis te bly en kinders groot te maak

7) As jy by ‘n partytjie is en iemand vra jou waar jy werk wat is jou antwoord?
a) Probeer die onderwerp verander want jy is skaam vir wat jy doen.
b) Gee hulle ‘n valse beskrywing van jou werk
c) Gee jou ware beroep en los dit daarby

8) A daar ‘n griep epidemie is en die helfte van die personeel is siek wat gaan jy doen?
a) Hanteer dit so goed as wat jy kan en help uit in alle departemente wat jou nodig het tot almal weer op hulle pos is
b) Maak of jy siek is en bly ook tuis
c) Stem in om laat te werk indien jy oortyd betaal word

9) Wat is jou eerste reaksie as die baas jou in sy kantoor wil sien?
a) Word paniekerig hardloop na die badkamer en knap jouself op
b) Voel skuldig vir dit wat jy verkeer gedoen het
c) Voel verlig oor die geleenthei om jou nuwe projek met die baas te kan bespreek.

10) Hoeveel keer kry jy hoofpyne en naarheid as jy by die werk is?
a) Indien jy nie suksesvol voorberei is vir die vergadering nie
b) Gewoonlik altyd
c) Jy is so geintreseerd in jou werk dat jy nie tyd het vir dit nie.

11) As jy oor die naweek moet werk as gevolg van ‘n spesiale gebeurtenis wat sal jou reaksie wees?
a) Kwaad omdat jy gedwing word om jou vrye tyd op te gee
b) Vertel jou baas dat jy seker daarvan gaan maak om die tyd op te maak deur ‘n verlengde vakansie te vat.
c) Gee jou volle samewerking

12) Keur jy kantoor romanse goed?
a) Hoekom werk jy anders by die maatskappy
b) Dit pla jou nie
c) Is baie gelukkig en sal verkies om nie dinge ingewikkeld by die werk te maak nie.

13) Sal jy aandklasse loop as dit jou posisie by die werk kan vebeter?
a) Ja, jy gaan dadelik jou sosiale lewe los en dadelik inskryf met volle entoesiasme
b) Jy kan miskien as dit nie met jou sosiale lewe interfere nie.
c) Nee jy dink by jouself – Jy gaan in elk geval ander werk kry.

14) Wat sal jy doen as ‘n ander maatskappy jou ‘n hoér salaris aanbied
a) Sê op ‘n baie mooi manier dankie want jy is baie gelukkig in jou huidiglike pos
b) Vra jou baas om jou salaris op te skyf anders gaan jy gaan
c) Aanvaar die werk sonder om twee keer te dink.

15) Wat is jou kanse om ‘n bevordering te kry by jou werk?
a) 6 maande
b) 2 jaar
c) Wanneer jou baas aftree

16) As jy ‘n besigheids afspraak het, hoe op tyd is jy?
a) Jy is altyd betyds en het ‘n obsessie oor stiptelikheid
b) Jy probeer ommense nie te laat wag nie maar soms is dit onvermydelik
c) Mense probeer nie op tyd wees om jou te ontmoet so hoekom moet jy betyds wees om hulle te ontmoet. Jy het ‘n reputasie om altyd laat te wees.

17) Hoe reageer jy op ‘n telefoon wat lui in ‘n lee kantoor?
a) Antwoord die foon en vat ‘n volledige boodskap.
b) Antwoord die foon sê die mense is nie in nie en sit die foon neer
c) Los dit laat hy lui want jy het jou eie probleme

18) Geniet jy dit om met jou medewerkers na ure te kuier?
a) Julle is ‘n hegte span en die belangstelling is dieselfde
b) Julle drink by geleentheid drankies na werk en nooi hulle dan na jou huis toe.
c) As jy die kantoor deur agter jou toemaak vergeet jy hulle.

19) Dink jy die maatskappy wat jy voor werk moet van die nuutste tegnologie gebruik maak?
a) Dis grieks vir jou en jy het geen behoefte om te weet hoe dit werk nie
b) Ja, vooruitgang kan net behaal word deur die nuutste tegnologie
c) Dit maak jou kwaad as hulle dit wat jy gebruik gedurig vervang

20) Vind jy dit moeilik om op jou werk te konsentreer?
a) Glad nie
b) Partykeer dagdroom ek
c) Jy het nie veel belangstelling in dit wat jy doen nie.


Tel jou punte op en kyk onder hoe het jy gevaar:

  1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20
A 3 3 1 3 3 1 3 1 3 2 3 3 1 1 1 1 1 1 3 1
B 1 2 2 1 2 3 1 3 2 3 2 2 2 2 2 2 2 2 2 2
C 2 1 3 2 1 2 2 2 1 1 1 1 3 3 3 3 3 3 2 3

 

Wat jou punte beteken:

20 tot 29 punte:

Jy gaan dit nog ver bring in die lewe. Enige Maatskappy sal jou as ‘n aanwins inneem. Jou werkgewer is beslis baie trots op jou. As jy nog nie hoogtepunt in jou werk bereik het nie is jy beslis nie baie ver daarvan af nie. ‘n Waarskuwing vir jou: Jy kan in gevaar wees om ‘n “workaholic” te word en die ander mense om jou verveel. Vat dinge rustig van tyd tot tyd en en jy mag dan dalk vind dat jou werk effens meer gaan werk,

30 tot 45 punte:

Jy is redelik gelukkig in jou werksomgewing, tog kan jy bietjie meer moeite insit om jou dag beter te maak en meer interessant. Jy sal nie sommer berug word in jou huidiglike omstandighede nie – miskien moet jy ‘n verandering in jou lewe maak en die glinster in jou oë terugsit.

46 punte en oor:

Dis tyd vir ‘n verandering. Jy het of ‘n hele nuwe loopbaan nodig of jou uitkyk op jy werksomstandighede sal moet verander. Jy is duidelik nie gelukkig in jou omgewing nie en jou mstandighede nie. Vat jou lewe dag vir dag en kyk of jy die nie kan regmaak nie, anders gaan jy een baie ongelukkige persoon wees.

Is jy reg vir Ouerskap?

1) Hoe verwag jy gaan ‘n nuwe baba jou verander?
a) Gaan maar net aangaa soos jy altyd gedoen het
b) Jy sal gelukkig wees om jou lewe vir jou baba op te offer
c) Jy sal maak en breek om jou lewe rondom jou baba in te rig

2) Hoe voel dit om te dink dat jy geen inkomste van jou eie gaan kry nie?
a) Ongemaklik
b) Jy verwag van jou partner om sy deel te bring
c) Julle moet julle geldsake saam uitwerk om te weet wat julle kan spend

3) Hoekom dink jy moet mens ‘n familie begin
a) Want hulle voel dit word van hulle verwag
b) Hull voel hulle mag dalk later spyt kry as hulle dit nie doen nie
c) Want hulle hou van kinders en sien uit daarna om met ‘n familie te begin

4) Dink jy swanger vroue moet:
a) Leef op koffie en sigarette
b) Eet vir twee
c) Bly weg van alcohol en sigarette en probeer by ‘n eetplan hou

5) As jou baba jou heeldag wakker hou gaan jy:
a) Die heeldag ontsteld wees
b) Gaan soms vroeg slaap en hoop jou partner sal opstaan
c) Probeer om deur die dag as die baba slaap bietjie rus in te kry.

6) As jy teruggaan werk toe na jou baba – waar gaan jy hom los?
a) Kleuterskool
b) Ouma of ouma grootjie
c) Gekwalifiseerde dagmoeder

7) Hoe reageer jy as jy ‘n winkel sien vol duur bab klere
a) Wil nie nou kinders hê nie.
b) Gee nie om vir die prys nie wil net graag mooi klere vir jou baba aantrek.
c) Maak jou eie by die huis.

8) As jy droom van ‘n familie dink jy aan:
a) ‘n Vuil kleintjie wat die hele aarde vol hol
b) ‘n Mooi baba in ‘n stootwaentjie
c) ‘n Kind wat jou vewrantwoordlikheid gaan bly vir altyd

9) Jy dink om ‘n kind te hê
a) Om jou verhouding bymekaar te hou
b) Maak nie verskil in ‘n stabiele verhouding nie
c) Sit ‘n beste verhouding onder druk somtyds
10) Jy is die sort persoon wat:
a) Jou huis los al is hy vuil
b) Laat nooit iets rondle nie en dit moet altyd netjies wees
c) Laat jou huis tot dit tyd reg is vir jou om hom skoon te maak

11) As jy aan die finansiele las van kinders oorweeg dink jy:
a) Hulle kos nie veel nie – drink net melk
b) Sal geld leen by familie en vriende
c) Hulle kos baie geld en sal moet weet ek kan nie meer dinge bekostig wat altyd daar was nie

12) Jy sal dit oorweeg om ‘n kind te hê as:
a) As jy nie verhouding het met iemand nie
b) As my partner instem die dag
c) Altwee dink dis ‘n goeie idée

13) Maak die gedagte aan ‘n paar maande se nagte wat jy uit die slaap is jou bang?
a) Jy voel jy moet agt ure slaap inkry
b) Jy sal saam jou baab moet slaap om nie jou partner wakker te maak nie.
c) Jy voel jou partner kan help party nagte

14) Hoe gaan dit jou Sekslewe beinvloed
a) Jy dink dit sal meer gebeur
b) Jou partner gaan dalk voel hy kom tweede vir ‘n ruk
c) Jy moet jou liefde verdeel tussen jou partner en jou baba

15) Hoe voel jy oor die idée dat die pa na die kind moet kyk van tyd tot tyd?

a) Hulle is dalk te moeg
b) Dink klein babas moet hulle ma’s by hulle hê
c) Dis ‘n goeie idée dat altwee daar is vir die kind

16) Hoe gaan jou figuur dit hou?
a) Jy verwag jy gaan jou klere kan dra as jy uit die hospital kom.
b) Gaan net bekommer wees oor die baba se gewig
c) Jy weet jy sal terugker na normal oor so ‘n maand of twee

17) Hoe gaan jou sosiale lewe daardeur beinvloed word?
a) Geen verandering nie
b) Wil nie uitgaan as die baba daar is nie

c) Sal apart moet uitgaan of minder

18) Gaan jou baba interfere met jou aktiewe lewe?
a) Gaan frustreerd en vasgebind voel
b) Gee alles op vir die baba
c) Kry nuwe aktiwiteite wat die baba insluit

19) Watter van die is die moeilikste van ouerskap vir jou?
a) Om baie tyd te spandeer saam jou baba
b) Aanvaar nog ‘n persoon wat nou daar is om versorg te word
c) Mis jou vriende by die werk en sien jou vriende minder.

20) Jy is iemand wat…

a) Dit haat om vas te wees en dat iemand jou lewe omvergooi.
b) Kan jou net toespits op een persoon op ‘n slag
c) Geniet ‘n uitdaging en kan jou aanpas by omstandighede


Punte telling:

Gee jouself die volgende punte:

  1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20
A 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1
B 2 2 2 2 2 2 2 2 2 2 2 2 2 2 2 2 2 2 2 2
C 3 3 3 3 3 3 3 3 3 3 3 3 3 3 3 3 3 3 3 3

Wat jou punte beteken:

20 –29 punte:
Jou punte sê ouerskap is nie vir jou op hierdie stadium nie. Die lewe met ‘n klein babatjie vra baie aandag en los jou met min tyd oor vir jouself. Dit gee baie uitdagings en min mense kan hulle lewe aanpas by sulke omstandighede.

30-49 punte
Jy sal miskien aanpassings kan maak as jy rerig ‘n babatjie wil hê..Jy dink sekerlik dat jy jou vryheid opgee om al jou aandag aan ‘n kind te spandeer, maar pasop om nie te veel oor moederskap te verwag nie. Onthou dat die baba ‘n pappa ook het en dat hy deel moet uitmaak van jou drome saam jou baba

49 punte en meer
‘n Mens sien die slaggate sowel as die lekker van ouerskap. Jy aanvaar dat daar ‘n aanvraag op buigsaamheid gaan wees en dat dit ‘n uitdaging is as vennootskap. In alle opsigte is dit ‘n voordeel tot die praktiese en emosionel sy van ouerskap – maar wees versigtig dat ‘n mens nie te veel op ander se hulp staatmaak nie – die verpligting rus op die moeder en ander is nie altyd beskikbaar nie

Hou jy van jouself?

1) Jy maak ‘n taktlose aanmerking teenoor jou vriend. Jy vra omverskoning maar voel steeds…..
a) Almal maak soms foute
b) Voel rerig jammer omdat jy jou vriend seer gemaak het
c) Dink jy is baie gemeen omdat jy so lelik was

2) Die haarkapper sê jy moet ‘n ouderwetse haarstyl probeer. Jy dink….
a) Sy het swak smaak jy sit nie weer jou voete daar nie
b) Sy is nog nie baie lank ‘n haarkapper nie en dit lyk seker maar mooi vir haar
c) Ek lyk seker ouer as wat ek is.

3) Jy kook ‘n groot maaltyd vir jou geliefde en hy/sy eet nie al sy kos nie wat dink jy….
a) Dink hy het nie veel ge-eet nie wil dalk later passievol raak
b) Dink hy was nioe baie honger
c) Dink hy dink jy kan nie kook nie

4) Jy het baie moeite gedoen vir ‘n vriend se partytjie. Hoe voel jy as jy oppad is soontoe?
a) Seker jy gaan iemand vang by die partytjie
b) Gelukkig omdat jy op jou beste lyk
c) Voel skuldig omdat jy so verwaand is.

5) Jy loop ‘n ou vriend raak by ‘n restaurant. Hy loer heeltyd oor jou skouer, wat dink jy ….
a) Dink hy wag vir iemand
b) Hy is skaam – bly weg kyk
c) Jy verveel hom

6) Jou baas bring jou werk terug en daar is twee foute op, wat doen jy ….
a) Doen die werk oor maar dink hy is onredelik
b) Dink hy het net ‘n slegte dag en jy ook
c) Dink hulle hou jou net omdat hulle jou jammer kry

7) Jy pas ‘n bikini aan wat nie vir jou pas nie. Wat doen jy
a) Koop die bikini want jy gaan maer word en in hom pas
b) Raak paniekerig en gaan op ‘n dieet sodat jy dit later kan koop
c) Voel sleg oor jou voorkoms en voel teneergedruk.

8) Wat doen jy as jy nuwe klere gaan koop?
a) Pas alles aan of dit pas of nie en koop die wat jy die beste in lyk – kyk nie eers na die prys nie
b) Kry iets soortgelyks wat jy het net in ‘n ander kleur
c) Kyk vir iets wat ‘n vriend altyd aan het wat jy admirer

9) Jy het jou bestuurders lisensie vir die tweede keer gedop. Wat maak jy nou….
a) Maak ‘n afspraak vir die derde keer en hoop jy gaan gelukkig wees
b) Wees ontsteld omdad die verkeersman onregverdig was
c) Gee heeltemal op om te bestuur aangesien jy nie kan bestuur nie.

10) As jy terug kom van ‘n partytjie af, wat doen jy?
a) Dink aan al die prêt wat jy gehad het en sien uit na die volgende een
b) Wens jy het met meer mense gesels
c) Klim in die bed en dink aan al die goed wat jy vir mense kon gesê het.

11) Jy ontmoet ‘n nuwe vriend by ‘n partytjie en hy vra jou uit …jy
a) Aanvaar die uitnodiging en gaan stel hom voor aan jou vriende
b) Gaan met hom uit maar vertel niemand nie tot jy meer weet van hom
c) Weier want as hy jou uitvra moet daar iets fout wees met hom.

12) Jy het die pos gekry by ‘n nuwe maatksppy wat doen jy….
a) Gaan uit en vier dit
b) Wees bly maar is bang vir jou eerste werksdag by die nuwe firma
c) Dink hulle het ‘n fout gemaak om jou aan te stel

13) Almal wil weet vir wie gaan jy stem …
a) Vertel vir wie jy gan stem en hoekom
b) Vertel hulle jy is nie ge-intresseerd in politiek nie
c) Verander die onderwerp en wonder hoekom hulle wil weet

14) Jy breek op met jou geliefde – wat doen jy?
a) Is ontsteld maar verwelkom die idée om bietjie alleen te wees
b) Haat dit om alleen te wees en gaan uit om nuwe mense te ontmoet
c) Besluit jy gaan nie meer in ‘n verhouding gaan nie want dit werk nooit uit nie.

15) Jy spandeer tyd om te dink – wat dink jy?
a) Hoe om die toekoms te geniet met ‘n plan of twee
b) Jou lewe is maar dal teen ander s’n
c) Baie min het nog reg gegaan in jou lewe en dit is nou te laat om iets daarmee te doen

16) Wat doen jy as mense hulle naweke bespreek?
a) Vertel hulle van jou stories ook
b) Voel ‘n bietjie jaloers maar dink mense oordryf ook altyd
c) Wens jy kon een naweek een van hulle wees

17) Iemand wat jy ontmoet het maak of hulle jou nie ken in die straat nie wat doen jy?
a) Dink hulle het jou nie gesien nie
b) Dink hulle kan jou ie meer onthou nie daar was te veel mense die dag toe julle ontmoet het
c) Niemand sal my kan onthou ooit nie

18) Jou geliefde raak vreeslik kwaad vir jou omdat jy nie jou kant bring in die huis nie – wat doen jy ….
a) Wonder wat gaan aan met hulle
b) Dink hulle het reg om vir jou kwaad te wees
c) Dink hulle moet jou haat om so met jou te praat

19) By jou nuwe werk bespreek hulle die kerspartytjie – wat doen jy …..
a) Sien daarna uit om nuwe mense te ontmoet
b) Stem in om te gaan en hoop jy ken darrem al teen daardie tyd iemand
c) Besluit om nie te gaan nie want jy ken niemand nie

20) Wat doen jy as jy alleen voel en op jou eie is?
a) Voel onsteld en aaklig maar besluit dan die bui sal nou nou oor wees
b) Probeer om die goeie dinge in die lewe te onthou en wees dankbaar daarvoor.
c) Dink aan al die suksesvolle mense wat goed aan gaan en wonder hoekom kan jy nie ook so wees nie.

Punte telling:

Gee jouself die volgende punte:

 

  1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20
A 3 3 3 3 3 3 3 3 3 3 3 3 3 3 3 3 3 3 3 3
B 2 2 2 2 2 2 2 2 2 2 2 2 2 2 2 2 2 2 2 2
C 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1 1


Wat jou punte beteken

50 – 60 punte:
Jy is vol self vertroue en kom maklik met mense oor die weg. Jy kan jouself uit enige situasie uit kry. Jy dink miskien partykeer te veel van jouself, wees dus bedag om nie mense af te skrik nie.

31 – 49 punte
Jou hou van jouself soos jy is en kyk na die ligter kant van die lewe. Jy voel soms jy leef nie jouself heeltemal uit nie maar jy is bereid om risikos te vat indie lewe. Jy word deur ander mense ge-admireer en probeer altyd iets nuts.

20-30 punte
Jy hou glad nie van jouself nie en dink jy is niks werd nie. Probeer om nie so krities op jouself te wees nie. Vat elke aand ‘n bietjie tyd en dink aan dinge wat jy die dag alles vermag het. Konsentreer op wat is oulik aan jou en werk dan daaraan om meer ouliker te word.