Artikels:
Agie se Wenke
Feite & Flaters
Gesondheid
Kos Kaskenades
Het jy geweet.... Grappies
Finansies

E-pos fotos

Advertensies



Wat gebeur?
Museums in Pretoria

Webtuistes

Skakels na ander webtuistes

 

 

Agie se verbruikers wenke:

Agie se Wenke

Kos Klere Spaar krag en water
Meubels Tuine en Buite Veiligheids wenke
Kinders Kookwenke Huis
Ander in en om die huis Diere  

 

Kos
(Boontoe)

Alles oor Eiers
• Maak seker die eiers is op ‘n koel plek as jy dit aankoop – dit voorkom dat organismes groei
• Moenie gekraakte of vuil eiers koop nie
• Die kleur van die eier het nie noodwendig ‘n negatiewe uitwerking nie.
• Kyk wanneer is hulle verval datum – Januarie word byvoorbeeld aangedui as 0001 en Desember as 365
• Eiers wat bo dryf in ‘n pot is nie altyd so vars nie
• As jy die eier oopbreek om dit gaar te maak gooi dit altyd eers in ‘n piering anders kan jy dalk die ander eiers in die pan bederf as hy sleg is
• As jy hulle oopbreek en die eierwit en eiergeel loop dadelik dan is die eiers nie baie vars nie.
• Eiers by langer vars as hulle by ‘n temperatuur van 5°C en by ‘n vog gehalte van 70% tot 80% bewaar word.• Dop gekookte eiers dadelik af om te keer dat 'n swart ring om die eiergeel vorm.
• Bêre eiergeel in 'n koppie in die yskas en bedek met koue water om te keer dat 'n skil vorm. Gebruik binne vier dae.
• Eiers geklits met 'n knippie sout kan vir drie maande gevries word.
• Om te toets of 'n eier vars is, sit dit in 'n maatbeker met 600ml water. As die eier baie vars is, sal dit op die sykant op die bodem lê.
• Moet nooit 'n eier in die dop in 'n mikrogolf kook nie, want dit sal ontplof.

Alles oor Piesangs

• Moet nooit te veel piesangs koop as jy weet jy gaan dit nie kan opeet nie of as jou familie nie te veel daarvan hou nie.
• As jy piesangs koop kyk vir mooi egalige geel piesangs wat geen swart vlekke op het nie.
• Groen piesangs wat jy gouer wil ryp hê kan jy in ‘n papiersak plaas met ‘n appel in – dit sal dit baie vinnig laat ryp word.
• As die piesangs bruin word voor jy dit ge-eet het kan jy hulle gebruik deur of piesang muffins of piesangbrood te maak.
Alles oor Wyn:
• Maak vonkelwyn oop net voordat jy dit bedien om te voorkom dat dit verslaan.
• As jy dit per ongeluk te laat gedoen het – laat sak ‘n metal teelepel met sy steel daarin – dit sal die gas inhou vir solank as 2 dae.
• As jy wit wyn bedien – maak ten minste ‘n uur voor bediening oop plaas die kurk liggies terug en verkoel in die yskas.
• Maak ‘n bottel rooiwyn so uur of twee voor bediening oop sodat dit eers kan asemhaal.
• Ruik aan die kurk – dit moet soos die wyn ryk anders het dit ‘n slegte smaak en is dalk bederf.
• Vee die bek van enige bottel eers mooi af voordat daar geskink word.
• Steek ‘n skerppunt mes in die kurk as hy per ongeluk afgebreek het – as die kurk in die bottel val gooi die wyn eers deur ‘n siffie sodat al die stukkies kurk kan afgaan.

Gemmerkoekies:
Gooi ‘n kwart teelepel peper by jou gemmerkoekies om dit daardie effense brandsmaak te gee.

Braai brood:
As jy vleisbraai en die brood is klaar – bak vinnig ‘n broodjie deur 500g bruismeel met een blikkie bier en voeg ‘n teelepel sout by. Meng alles saam en bak in ysterpot oor die kole of in die oond.

Pere vinnig ryp te maak:
Om jou pere gouer ryp te maak – plaas hulle in ‘n plastieksak met ‘n appel in. Maak ‘n gaatjie in die bokant en laat staan op ‘n warm plek

Vars koekies:
Koekies bly langer vars as jy ‘n laag suiker onder in die bak strooi

Aartappels
Voeg suurlemoensap by die water as jy ´n aartappel met skil en al kook. Die aartappel sal wit wees en jou potte sonder vlekke.
´n Knippie bakpoeier by kapokaartappels maak dit sag en lig.
Om te verhoed dat aartappels uitloop plaas jy ´n vars groen appel by dit.
Laat aartappels ´n half-uur lank in melk lê om mooi bruin te bak.
Gooi 'n eetlepel melk in 'n kastrol waarin jy aartappels kook. Dit voorkom dat dit kleur verloor.
Afdroogdoeke
Hou afdroogdoeke sag deur hulle onder koue water uit te spoel met ´n knippie Engelse sout by.

Appels
Appels word makliker geskil indien dit vooraf ´n paar minute lank in kookwater lê.
Gebakte appels sal nie plooi indien jy ´n paar klein snytjies in die skil maak voor hulle oond toe gaan nie.

Druiwe
Om druiwe te skil - doop dit vir 2 minute in kookwater en dan in koue water.

Eiers
Sny hardgekookte eiers deur met mes wat in water gedoop is en die eiergele sal nie breek nie.
en ´n Lepel asyn in die water wanneer jy ´n eier posjeer keer dat die wit versprei.
en Voeg bietjie asyn by die water as jy eiers bak. Dit keer dat die eiers bars.
en Om eiers langer te laat hou meng jy 400 g ongebluste kalk met 6 l water en plaas die eiers daarin.

Brood
Plaas ´n pakkie sout in die broodblik om jou brood vars te hou.
en
Doop ou brood in water en bak dit dan weer in die oond. Dit sal vars smaak.

Bruinsuiker
´n Stuk brood in die houer oornag maak bruinsuiker wat hard geword het weer sag.

Deeg
Plaas ´n stukkie plastiek oor deeg wat moet rys. Dit voorkom dat ´nm harde lagie vorm.

Koffie
Bêre koffie in die yskas om dit vars te hou.

Koffiebekers
Week jou koffiebekers oornag in ´n bleikmiddel om van vlekke ontslae te raak.

Kookoliebottel
Sny die onderste deel van ´n wynbottelhouer af en bêre jou kookoliebottel daarin. Die kartonhouer suig olie wat drup op.

Kaneel
´n Knippie kaneel verleen ´n pikante smaak aan kakoa.

Kapokaartappels
´n Knippie bakpoeier op kapokaartappels maak dit lig en sag.

Koek
Voeg bakpoeier heel laaste by koekbeslag -die koek sal dan baie lig uitrys.
5 ml Gliserien gee enige koekmengsel ´n ligter tekstuur.

Koekiepan
Voer jou koekiepanne uit met swaardiensaluminiumfoelie voor jy koekies bak. Dit voorkom dat die koekies merke laat.

Koekies
Koekies bly langer vars indien jy ´n laag suiker op die houer se bodem strooi.

Miet
Sit Lourierblare in meel om miet uit te hou.
Vyetakkies by droëvrugte hou miet uit.

Pampoen
Om ´n gesnyde pampoen vars te hou, verwyder die pitte en bedek die binnekant met ´n lagie koeksoda.

Pannekoek
Voeg ´n bietjie asyn of witwyn by pannekoekdeeg om te verhoed dat dit taai word.
Verwyder die bruin aanpaksel met ´n droë stukkie staalwol, terwyl die pan nog warm is.

Patats
Stowe patats kry ´n mooi kleur as ´n mespunt koeksoda bygevoeg word terwyl dit kook.

Pere
Indien jy wil hê jou pere moet gouer ryp raak, sit hulle in ´n papiersak saam met ´n appel. Maak ´n gaatjie aan die bokant en laat staan op ´n warm plek.

Piesangs
Bêre groen piesangs in 'n bruin papiersak in 'n donker, warm plek om dit ryp te maak.

Room
Om room styf geklits te kry voeg bietjie kremetart by.
Voeg ´n bietjie opgeloste gelatien by indien jy sukkel om room styf te klop.

Roomys
Sit ´n klein marshmellow onder in ´n roomyskelkie. Dit sal verhoed dat die kelkie lek.

Roos
Rose hou langer in ´n mengsel van 1 liter koue water, 1 eetlepel asyn, een eetlepel Jik en ysblokkies.

Slaai
Slaaikoppe bly langer vars in die yskas in papiersakke, nie plastieksakke nie.
Maak verlepte slaaiblare weer bros deur dit in ´n bak yskaswater te plaas; NIE yswater nie.

Sout
Plaas ´n rou aartappel in jou sop/bredie indien jy te veel sout ingegooi het. Die aartappel absorbeer die ergste soutsmaak.
Wanneer gereg te sout is gooi bruinsuiker by.
Gooi ´n paar ryskorrels in die soutpotjie om te verhoed dat die sout klonterig raak in klam weer.
Om sout wat in potjies vassit los te kry, plaas potjie eers ´n paar minute in lou oond.

Suiker
Suiker en botter sal gouer meng as ´n bietjie suurlemoensap bygevoeg word.

Suurlemoen
Laat lê ´n suurlemoen in warm water voor jy dit uitdruk. Jy sal meer sap kry.

Suurroom
Om vinnig suurroom te maak - neem vars room en voeg ´n bietjie karringmelk by of suurlemoensap by. Dit proe die beste indien dit oornag gestaan het.

Uie
Om te voorkom dat uie wat bewaar word uitloop, kan die worteltjies in kookwater gebrand word voordat dit opgehang word.

Visreuk
Verwyder visreuk van eetgerei deur dit in asynwater af te spoel.

Vla
Gooi ´n stukkie botter in vla - dit voorkom dat dit ´n velletjie maak.

Vleis
´n Bietjie asyn in die olie verhoud dat vleis wat in krummels gerol is gou vasbrand in die pan.
Gooi suurlemoensap by vleis om dit sag te maak.

Vleispasteie
Draai vleispasteitjies in botterpapier toe voor jy dit bak. Dit hou die korsies sag.

Vries
want anders vries die middelgedeelte nie goed nie. Hou dit so plat moontlik en gebruik asb. VRIESSAKKIES, nie gewone plastiek nie . Noedels kan goed gevries word en dan in kookwater ontvries word - Dit is ´n vinnige proses.

Vrugtevlekke
Vrugtevlekke moet net met kookwater afgespoel word en dan moet die materiaal in die son drooggemaak word.

Wors
Doop wors in kookwater voordat jy dit bak, dan sal dit nie oopbars nie.
Wynsteensuur

Klere

Bier
Biervlekke kan uit ´n mat verwyder word deur dit met witasyn te vryf.

Bleikmiddel
Maak jou eie bleikmiddel met koeksoda en asyn.

Groen merke
Indien die wit rugbybroekies groen merke op kry van die gras wanneer daar gespeel word. Spuit "windolene" daarop en vryf die broekie. Was dan soos gewoonlik en die groen merke sal weg wees.

Jeans
Week jeans in soutwater voor jy dit was om te verhoed dat dit verbleik.

Klere
Sprinkel terpentyn op stukkies papier en sit dit in jou kas om motte uit jou klere te hou en sit stukkies kamfer in jou kas om motte uit jou klere te hou.
Sit lappies geweek in parafien in jou kas om motte uit jou klere te hou.

Spaar krag en water
(Boontoe)

Spaar krag met jou stoof :
• As jy vir jou ‘n nuwe stoof koop, kies een met ‘n konveksie oond – die gaarmaaktyd is gouer
• Moenie roosterbrood in ‘n oond rooster maak nie – dit vat te lank
• Verminder die plaat se hitte sodra jou kos vinnig begin kook
• Gebruik ‘n drukkoker vir kos wat lank kook of ‘n elektriese pot.
• Kyk dat jy die regte grootte pot op die regte grootte plaat sit – dit bespaar elektrisiteit.
• Hou die oonddeur toe en moenie onnodig die deur oopmaak nie – die hitte ontsnap en vat weer ‘n rukkie om dit op te tel.
• Berei eerder jou maaltye heeltemal in die oond.
• Probeer “One pot Cooking” soos byvoorbeeld pasta en maalvleis met die sous – sodat jy nie drie plate nodig het nie maar net een
• Sorg dat jou potte se deksels pas en plaas hulle op die potte om sodoende die hitte in die pot te hou.
• Sorg dat die lug in die oond vry sirkuleer rondom die skottels in die oond.
Spaar krag so met Elektriese toestelle:
• Maak ys en vrieskasdeure so min as moontlik oop en vir so kort as moontlik.
• Moenie warm kos in die yskas of vrieskas insit nie. Laat dit eers afkoel voor jy dit bere
• Maak seker die deure seël goed
• Gebruik jou mikrogolf soveel as moontlik in plaas van die stoof

Verwarmer
• Sit so na aan die verwarmer as moontlik dat dit nie nodig is om altwee elemente aan te sit nie
• Skakel die verwarmer af as jy die kamer vir ‘n lang ruk verlaat.
• Gordyne hou hitte binne so trek die gordyne toe as dit koud is al vroeg in die aand
• Moenie ‘n ketel vol water maak as jy net twee koppies wil maak nie
• Wasmajiene en skottelgoedwassers moet net aangesit word as hulle vol is
• Moenie ligte onnodig brand nie.
• Dit is goedkoper om ‘n elektriese kombers te gebruik as ‘n verwarmer wat die hele kamer warm maak.

Meubels
(Boontoe)

Leersitkamerstelle
Gebruik een deel asyn met twee dele gekookte lyn-olie. Die mengsel moet goed geskud word. Smeer dan aan soos meubel politoer en poleer na die tyd. Was leerstoele met bietjie melk – jy sal verbaas wees om te sien hoe pragtig en nut dit weer lyk.
Meubel politoer:
Meng asyn en suurlemoen olie om die helfte aan en gooi in ‘n spuitbottel vir jou meubels. Of gebruik byewas met terpentyn om jou meubels mee blink te vryf
Koper:
Vryf koper blink met ‘n suurlemoen wat in sout gedoop is.
Leerbanke
Was leerbanke met seep en water, vryf droog en smeer vaselien in. Laat staan 24 uur en vryf blink. Dit laat die leer langer hou.

Lipstiffie
Verwyder lipstiffiemerke van jou klere met bloekomolie

Tuin en buite
(Boontoe)

Mooi varings
‘n Teelepel brandspiritus opgelos in ‘n koppie water laat jou varings baie mooi groei

Roes op plante
Meng water en tabakstof tot dit soos flou tee lyk. Was die plante hiermee. Gooi ook die water op die wortels.

Varings
1 teelepel brandspiritus opgelos in ´n koppie water laat jou varings goed groei.

 

Veiligheids wenke
(Boontoe)


Algemene veiligheid:

• Wanneer jy ‘n hysbak gebruik kyk altyd eers wie is binne en of hulle dalk verdag lyk, staan naby die knoppies sodat jy alarm kan maak as jy ‘n probleem kry.
• As jy in die bak was en jy moes heelwat geld trek – bêre dit op so manier dat die mense wat in die toue staan jou nie sien nie.
• Vra hulp as jy in gevaar verkeer en wag dat hulp opdaag
• Wees altyd op die uitkyk vir gevaar – daar is misdadigers om elke hoek en draai.
• Hou ‘n lysie met noodnommers altyd naby die foon sodat jy dit kan gebruik in ‘n noodgeval
Veilig in jou motor:
• Maak seker dat jou motor meganies in goeie orde is en dat die kanse om te gaan staan nie so goed is nie
• Moenie pakkies of jou handsak op enige sitplek laat lê nie – sluit dit in die kattebak toe.
• Hou jou deure ten all tye gesluit en die vensters toe wanneer jy ry.
• Parkeer jou motor altyd in ‘n verligte area as jy nie ‘n motorhuis het nie
• Moet nooit rylopers oplaai nie
• Wees op jou hoede vir vreemdelinge wat jou motor by verkeersligte nader
• As jy agtervolg word – ry tot by jou naaste polisiestasie
• Indien jy deur enige persoon bedreig word druk jou hoeter aanhoudend
Veilig in publike vervoer:
• Vermy dit om op verlate terminale te wag – wag eerder in ‘n goed verligte plek tot jou bus of trein opdaag
• Staan naby ander mense wat ook wag vir dieselfde vervoer
• Hou jou handsak of ander waardevolle artikels styf vas en op jou skoot
• As die bus leeg is sit so naby as moontlik aan die bestuurder
• As iemand jou lastig val roep onmiddelik om hulp
• Wanneer jy jou bestemming bereik let op wie saam met jou afklim en loop gou huistoe
Veilig in die Supermark:
• Moet nooit jou handsak of ander items in die trollie los nie al is dit onder ander goed.
• Moet nooit jou handsak of beursie op die toonbank plaas en wegbeweeg nie – nie eers rondkyk nie –dit neem misdadigers net 1 sekond om jou beursie te neem
• Moet nooit jou beursie op ‘n sigbare plek dra soos in jou agtersak of kantsak nie
• Hou jou handsak stewig vas teen jou lyf
Veilig in die straat:
• Indien moontlik moenie alleen loop nie
• Moet nooit in ‘n verlate plek of donker gebied loop nie
• Sorg dat jy nooit nodig het om laat in die aand rond te loop of huis toe te loop nie
• Hou jou handsak naby jou liggaam
• Wanneer jy uitgaan los jou kosbare besittings by die huis
• Hou jou kleingeld en jou krediet kaarte op twee verskillende plekke
• Moenie mislei word deur vreemdeling wat jy die geleentheid gee om ekstra geld te wen nie
• As jy op straat beroof word – gee jou samewerking en bly kalm. Deur terug te veg kan jy dalk beseer word. Wees oplettend sodat jy vir die polisie soveel as moontlik inligting kan gee

 

Kinders
(Boontoe)

Haarsorg
Meng bergamond-essens met shampoo. Was hare soos gewoonlik. Onthou om bottel goed te skud voor gebruik.

Kook wenke
(Boontoe)

Jellie vinniger te stol
Gooi ‘n klein bietjie koeksoda of suurlemoensap by om jellie vinniger te laat stol.

Huis
(Boontoe)

Vensters blink en skoon te maak
Meng een deel parafien een deel brandspiritus en een deel water. Spuit op die vensters was en laat dit self droog word. As dit egter waterstrepe maak poleer met ou koerantpapier.
Droë skaniere
Spuit insekdoder aan krakerige skaniere as jy nie olie het nie.
Geskenkpapier:
In ‘n noodgeval kan jy foelie gebruik om ‘n geskenk in toe te draai en net ‘n mooi lintjie of iets omsit.
Sokkies en kouse
Hou sokkies in pare deur hulle met hakspelde aan mekaar vas te maak en dan in die wasmasjien te gooi. Dit bespaar baie tyd en veral as die gesin groot is
Verf reuk in ‘n vertrek:
Gooi ‘n botteltjie vanilla geursel in ‘n bakkie of in ‘n piering en plaas in
vertrek waar die verf reuk is. Dit sal sommer gou die reuk verwyder.
Roes:
Laat lê jou geroeste items in Coke vir ‘n paar minute en was dan af.
Klein geroeste items kan ‘n paar dae in asyn gelê word om die roes af te haal
Gebruik gelyke dele kremetart en sout om roesvlekke of kolle uit te haal.
Plaas ‘n stukkie bordkryt in jou gereedskapskis om die ergste vog op te neem.
Balpunt pen Ink:
Gebruik brandspiritus, alkohol of haarspoei om die kol te verwyder
Melk kartonne:
Gebruik leë melkkartonne om vuur te maak – die lagie waarmee hulle buite behandel is maak dat hulle lank brand.
Bottels se plakkers af te haal:
Gebruik grondboontjiebotter om plakkers van bottels af te haal. Die gom gaan gou af met die grondboontjiebotter.
Aanpaksels
Vul met helfte wit asyn en helfte water. Kook en laat oornag staan. Spoel die volgende dag uit met skoon water.
Vul met helfte wit asyn en helfte water. Stoom die strykyster tot die tenk skoon is. Hervul met skoon water en stoom weer die tenk leeg.
Vir die aanpaksel in jou ketel, gooi een pakkie of 3 eetlepels wynsteensuur by, kook en spoel ketel uit. Dis onmiddelik skoon.

Angeliere
Angeliere hou langer in ´n blompot as jy sout in die water gooi.
Appelkooskonfyttertjies
Iemand het ´n wenk of voorstel sodat appelkooskonfyt nie sal uitloop by appelkooskonfyttertjies nie?
Probeer :- 1 eierwit en 1 teelepel suiker - klits goed en smeer aan rand.

Balpuntpen
Ink kan van klere verwyder word met brandspiritus, alkohol of haarsproei.

Besem
Plaas ´n paar stukkies wol op die hoeke van jou besem en voorkom so dat jou meubels en vloerlyste beskadig word.
Beskuitblik
´n Eetlepel suiker hou die inhoud van ´n beskuitblik vars.

Blikpanne
Skrop muwwerige panne wat roes skoon met asyn en laat droog word in die son.

Blomkool
Sit 'n stukkie suurlemoenskil in die water as jy blomkool kook. Dit hou die blomkool mooi wit.

Blomme vars hou
Maak ´n gaatjie in ´n rou aartappel en plaas jou stiggie/blom daarin om dit vars te hou as jy dit vervoer.
Sit ´n bietjie koeksoda in die water by die blomme.

Brakwater
Boraks kan gebruik word om brakwater sag te maak.

Bril
´n Druppel gliserien help om jou brilglase skoon te hou. Dit help ook teen wasigheid.

Foto
Beskerm foto's in rame sonder glas deur eers die foto met kleefplastiek oor te trek.

Gloeilamp
Smeer kasterolie aan gloeilamp en vryf blink met ´n sagte lap. Dit verhoed dat vlieë hul merke maak.

Koper
Vryf koper blink met stukke suurlemoen gedoop in sout.

Glase
Wanneer glase inmekaar vassit - plaas onderste een in ´n bakkie met warm water en gooi koue water in boonste een.

Goue juwele
Maak goue juwele skoon sodat hulle lyk soos nuut! Meng Savlon met water in verhouding 2:1. Laat juwele in oplossing lê vir 10 tot 20 minute. Borsel liggies met ou tandeborsel OF spoel eenvoudig af met vars water en droog af met 'n sagte lap!

Hout
Vernisde hout kan met koue tee skoongemaak word.

Ink
Inkvlekke kan uitgehaal word met witdulsies.

Kerse
Plaas jou kerse ´n paar uur in die yskas sodat dit langer en meer eweredig kan brand.

Kaggel
Gooi klam teeblare op die as voor jy die kaggel skoonmaak. Dit keer daardie wolk van stof.

Maaskaas
Maaskaas hou langer as jy dit onderstebo bêre.

Marmervlekke
Om vlekke uit marmer te haal strooi jy fyn boraks op. Was na ´n paar minute dit af met warm water.

Matte
Stop ´n skoon vloerlap in ´n plastiek groentesakkie en was jou matte daarmee.
Verwyder kolle op ´n mat met 1 deel witasyn en 3 dele water.

Messe
Messe van vlekvrye staal bly langer skerp.

Meubelpolitoer
Maak jou eie meubelpolitoer deur suurlemoenolie en wit asyn om die helfte te meng. Wend aan met ´n spuitbottel.

gebruik byewas gemeng met terpentyn om jou meubels mee blink te vryf.

Naellak
Om naellak gou te laat verhard kan jy dit in yswater dompel.
Naellak word ook gouer droog indien jy goeie ou Spray ´n Cook daaroor spuit.

Oond
As jou oond nie te vuil is nie, plaas ´n bakkie met huishoudelike ammoniak in die warm oond. Laat afkoel en maak maklik skoon met wasmiddel.

Plante
Koffiemoer is goed vir plante.

Pot
Strooi koeksoda op die aangebrande deel in ´n pot. Maak klam met ´n bietjie water.

Radyse
Skud radyse in 'n fles vol water om hulle deeglik te was.

Rekkies
Rekkies hou langer as hulle gevries word.

Reuke
Plaas ´n piering met vanielje in die
kombuis om van die reuk van gebraaide voedsel ontslae te raak.
Vryf jou hande met droë mosterd om van uie-reuk ontslae te raak.

Ritsluiter
Ritsluiters wat vashaak kan met kerswas gevryf word.

Roes
Geroeste artikels kan in Coke laat lê word vir ´n paar minute om die roes te verwyder.
Klein geroeste artikels kan ´n paar dae in asyn gelê word om die roes te verwyder.
Gebruik ´n mengsel van peroksied en Engelse sout vir roes aan ´n emaljebad.
Gebruik gelyke hoeveelhede sout en kremetart om roes te verwyder.
´n Paar stukkies bordkryt in jou gereedskapkas absobeer vog en help roes teëwerk.
´n Mengsel van lemoensap en sout sal roes uit linne haal.
Wynsteensuur aangemaak met water sal roes uit linne haal.

Rotangstoele
Maak rotangstoele skoon met ´n mengsel van seep, warm water en spiritus.
Rubberhandskoen
Trek ´n Rubberhandskoen aan om ´n skroefdop makliker oop te draai.

Seer spiere
Gooi ´n halwe koppie appelasyn in badwater.

Skanier
Spuit insek-doder op skaniere wat raas.
Smeer seep aan skaniere wat kraak.

Skoen
Indien jou skoen druk week jy ´n spons in warm water en hou dit vir ´n paar minute op die plek. Trek dan die skoen uit en vryf dit aan die binnekant op die plek met ´n ou tandeborsel of iets anders met ´n stomp punt.

Skoenpolitoer
´n Paar druppels asyn by skoenpolitoer wat hard geword het maak dit weer sag.

Skroef
´n Geroeste skroef kan uitgedraai wors deur ´n stuk yster rooiwarm te maak en dit op die kop van die skroef te hou net voor jy dit probeer uitdraai.

Spieëls
Maak ´n ou kous klam met 25ml asyn en 20ml lou water en vryf spieëls blink daarmee.

Vensters
Gebruik ou T-hemde om ruite mee skoon te maak. Die materiaal vorm nie wolletjies nie.
Voeg twee eetlepels asyn by die water vir silwerskoon vensters.

Verf
Vanielje geursel in ´n piering verwyder die sterk verfreuk in ´n pasgeverfde vertrek.

Verfkwas
´n Verfkwas met harde hare kan ½ uur lank geprut word in kokende asyn en agterna gewas word met skottelgoedwasmiddel.

Verfpan
Voer jou verfpan vooraf uit met kleefplastiek. As jy die plastiek uithaal is jou bak skoon.

Vet wat spat
Gooi bietjie sout in die braaipan om te keer dat die vetspat.


Vetkolle
Gooi babapoeier op vetkolle in kledingstukke voor jy dit was.

Viltpenmerk
Gebruik naellakverwyderaar om viltpenmerke van jou vel te verwyder

Vlekke
Week die vlek in in eetlepel sout en een koppie water.
Nat sout verwyder die vlekke van koppies en pierings.
Vlugsout haal vetvlekke uit.
Vryf olie- en vetvlekke op klere met bensien. Was dan soos gewoonlik en hang op om droog te word. Sit tussen twee stukke kladpapier en stryk.
Warm seepwater is die beste raad vir vlekke op tafellinne.
Verwyder vetkolle op leer met die wit van 'n eier.
Strooi dadelik sout oor ink wat op wit materiaal gemors is vryf met 'n suurlemoen daaroor. Spoel die materiaal dan dadelik af en was soos gewoonlik.
Waar ink op 'n tapyt gemors het trek jy dit dadelik op met kladpapier, vryf die kol met 'n lap wat in gekookte melk gedoop is en vryf daarna met 'n droë lap.
Sodra jy omring word deur dansende mense is dit maklik om rooiwyn op jou klere te kry....
Gooi dadelik sout op die vlek of gooi witwyn oor die vlek.

Vlekke in braaipan
´n Elektriese braaipan kan met foelie uitgevoer word om dit vlekloos te hou

Ander in en om die huis:
(Boontoe)

Los hare wat gesny is
Gebruik ‘n swart sak en sny ‘n gat in net groot genoeg vir die persoon se kop om deur te gaan. Soedoende sal die hare nie aan al die klere vassit nie.

Kaggel
Gooi klam teeblare op die as voor jy die kaggel skoonmaak. Dit keer daardie wolk van stof.

Spykers
Spykers wat jy in 'n muur wil inslaan moet liefs van gegote yster wees. Maak die spykers rooiwarm en gooi hulle dan in lynolie. Dit maak die spykers roesbestand en voorkom dat die pleister uitruk as jy die spyker wil uittrek.

Strykyster
Stryk oor sout om die vlekke van ´n strykyster te verwyder.

Stoof
Maak jou stoof skoon met 'n mengsel van sout en asyn.

Swelling
Rol 'n gholfbal onder jou voete op lang vlugte om swelling te voorkom.

Tafeldoek
´n Bietjie gliserien in die water verhoed dat ´n plastiektafeldoek verhard wanneer jy dit was.

Teevlekke
Maak ´n mengsel van gliserien en die geel van ´n eier. Wend aan en laat droog word. Was in koue water.

Tong
Die vel van tong sal maklik aftrek indien daar asyn by die water gegooi word as die gekook word.

Tuinslang
Rol jou tuinslang in die vorm van ´n 8. Dit verhoed dat dit koek.

Vuil kraag
Maak ´n pasta van asyn en koeksoda en vryf dit aan die kraag.

Vullisblik
Sit bietjie katsand onder in jou vullisblik as dit ruik. Vervang wanneer klam.
Hou die vullisblik higiënies deur kalk en amoniak op die bodem te gooi.
of
Spuit ´n mengsel van Jeyes Fluid en water op jou vullisdrom om te sorg dat diere dit uitlos.

Vuuraanstekers
"Ek het so n rukkie terug 'n histerektomie gehad en het nou 'n vooraad ongebruikte doekies, wat ek natuurlik nooit weer sal gebruik nie. Ek het geen koerantpapier of blitz gehad nie en toe dink ek aan die doekies. 4 is genoeg om dieselfde doel as blitz te dien. Werk soos 'n bom."

Was
Raak ontslae van kerswas op klere deur 'n bruin papiersak daarop te sit en dit met 'n warm strykyster te stryk.

Watervlek
Gebruik ´n mengsel van peroksied en Engelse sout vir watervlekke in ´n emaljebad.

Wit

Hou jou wit klere wit deur dit in 5 liter water en 1 koppie asyn te week.
Om wit handsakke of skoene skoon te maak vryf jy hulle met ´n lap gedoop in Dettol.

Wol
1 teelepel olyfolie by wit wolgoed laat dit mooi spierwit bly.

Brandsmaak met vleis
Gooi vars melk oor gebrande vleis om die brandsmaak te verminder.

Vleis Versagter
Natuurlike jogurt is ’n natuurlike vleissagmaakmiddel. Sit biefstuk of hoender in joghurt en los vir 8 ure in die yskas.

Diere
(Boontoe)

Diere
Was jou troeteldiere twee tot drie keer met water waarin aartappels gekook is. Dit hou die insekte weg van hulle.