Persoonlike Almanak:
(Kinders en volwassenes)
Benodighede: Gekleurde karton, Viltpenne –
verskeie kleure, datums van volgende jaar, bruinpapier,
gom (ekstra prentjies as jy dit wil plak en
nie teken nie)
Trek twee tabelle met (8 blokkies horisontaal
– dae en 6 blokkies afwaarts vir die weke)
Knip dit uit en skryf byvoorbeel in die een
Januarie se datums en die ander een Februarie
se datums. (Jy kan self besluit of jy 2 maande
op ‘n bladsy wil sit of net een maand.
Gebruik die kleure van jou karton om by die
maande te pas byvoorbeeld:
Somer Helder warm kleure soos Rooi en geel
(Gebruik temas soos son en see)
Herfs Herfskleure soos oranje en bruin ( herfsblare
op bruin papier)
Winter Koue kleure soos Lig pers of blou (Knip
wit papier uit soos sneeuvlokkies)
Lente Vrolike kleure soos Geel en groen (Nuwe
blomme kleure of blare en sonnigheid)
Ander:
Desember: Kersfees temas
Oktober: Halloween
April: Paashasies
November: Guy Folkes
Januarie: Skool toe
Mei: Herfs
Junie: Winter
Augustus: Winde
September: Lente |
|
Gebruik jou verbeelding en tower ‘n prag
persoonlike almanak vir iemand spesiaal op!
Sit die blaaie as hulle voltooid is almal bymekaar
en druk met ‘n gatjie pons gate in. Ryg
‘n raffia tou of lint deur en siedaar
– ‘n Pragtige persoonlike almanak!!
Badsout wat bruis:
1/3 koppie Koeksoda
¼ koppie citro soda kristalle
1 eetlepel meelblom
Koppie Growwe seesout
Meng bestandele en is in ‘n lugdigte
houer. Hou die sout droog anders sal die klammigheid
maak dat dit fizz voor jy gaan bad. Sprinkle
so twee opgehoopte eetlepels in jou bad en sys
al jou verbeel jy bad is sjampanje!!


|
Mandjies:
Maak mandjies as geskenke:
Gebruik enig van die onderste:
Lekkergoed stokkies
Santa sjokelade wat toegedraai is
Bondeltjie Kaneel stokkies
Groenigheid
Kersornamente
Klein strikkies
Gedroogde Lemoene
Neute in hulle doppe
Klein geparfumeerde kerse
Ouma en oupa Mandjie
Kinder se tekenkunds
Geskenke wat deur die kinders gemaak is
Foto raam met die kinders en kleinkinders
Video van die hele familie
Lang Afstand foon kaart
Koffie
Beskuit en Koekies
Kers geskenkies
Liefdes mandjie:
Geskenkies
Fotoraam met julle saam
Klein botteljie sjampanje
Piekniek kombers
Nuwe jaars mandjie
Sjampanje
Glase
PArtytjie hoedjies
Geraasmakers
Sparkles
Konfetti
Bakkers mandjie
Gebruik ‘n diep pan as mandjie
Pot houer
Bak respte
Vadoekies
Verskeideheid sprinkles
Kers mandjie
Tuisgebakte koekies
Verskeidinheid sjokelades
Tuisgemaakte versierings
Kesmusiek
Soetgoed kieries
Sjokelade in kervader vormpies
Kinder “craft” mandjie
Potlode
Viltpenne
Post it notes
Tuiswerk boekie
Papider klo[s
Notas
Dagboek
Nuwe paartjie mandjie:
Duitse tradisie is dat ‘n nuwe
paartjie 12 ornamente moet kry sodat hulle
gelukkig kan lewe
1) Huis is vir beskerming
2) Hasie is vir hoop
3) Teepot is vir hospitaliteit
4) Voeltjie is vir vreugde
5) Rose vir liefhebendheid
6) Vrugte mangie vir vrygewigheid (ani
santas 014)
7) Vis is vir die seen van Jesus
8) Akker vir vrugtevolle lewe
9) Santa vir geluk
10) Hart vir egte liefde
11) Glas ornament is vir vriendskap
12) Dosie vir die ornamentjies soos bo
|


|
Liefde Pille
Geruik ‘n medisyne botteltjie en druk
‘n oulike label uit vir iets oos “liefdes
pilletjies”, “tantrum pille”
en Love potion”“hartseer pilltjies:
ens
Gooi net lekkertjies wat soos pilletjies lyk
in botteljies
Spesiale geskenkie uit die hart!
Gaan kyk op die Internet vir liefde liedjies
se woorde – skryf dit op mooi papier en
raam dit vir ‘n spesiale persoon met mooi
liefdeswoordjies onderaan
Maak ‘n liefdes kersboompie:
Neem ou kersballetjies, gebruik sommer materiaalverf
omlyner en skryf jou hele familie se name elk
op ‘n balletjie – jy kan tot jou
diere se name posit. Hang al die balletjies
aan die boom – glo my dit maak die baie
meer persoonlik as net die boom wat jy elke
jaar opslaan en in jou sitkamer staan.
Skryf agter op die balletjie waaraan die mense
jou laat dink soos ‘n sons ondergang,
roomys, liefde ens.
Takbok kos:
Maak klein material sakkies en gooi bietjie
oats en blinkertjies in. Maak dit toe met ‘n
mooi strikkie en sit ‘n kaartjie op wat
sê:
“springkel op jou gras in die nag”
“die maan sal skyn en blink in prag”
“Santa se takbokke vlieg en reis”
“so sal hulle stop by jou eie huis”
