Resepte
Tradisionele Kersfees Poeding
Bedien: 4
Kook tyd: 66 Minute
4 eetlepels saadlose dadels
4 eetlepels gemengde droë vrugte skille (fyn
gekap)
4 eetlepels rosyne
4 eetlepels sultanna’s
½ koppie neuter gekap
1 eetlepel brandewyn
1 eetlepel rum
2 eetlepels suurlemoensap
1 lemoen skil gerasper
4 eetlepels koekmeel
1 teelepel gemengde kruie (Kaneel, neut, naeltjies
en gemengde kruie)
Knippie sout
2 koppies vars witbrood krummels
2 eetlepels botter
1 koppie bruin suiker
2 geklopte eiers
½ koppie melk
3 koppies water
1) Kombineer dit eerste nege bestandele in ‘n
mengbak en hou eenkant.
2) Sif die koekmeel gemengde kruie en sout in
‘n mengbak en meng die broodkrummels by.
3) Klop die botter en suiker in ‘n ander
bak tot lig. Voeg die eiers stadig by en klop
goed. Voeg die melk stadig by totdat dit effens
vas sit aan die lepel.
4) Vou die meel mengsel by die vrugte mengsel.
Skep dit mengsel in ‘n gebotterde bak vorm.
Sit was papier en foelie bo-oor en maak vas met
‘n lyntjie.
5) Gooi water in stoompot – sit rooster
in en plaas bak bo-op. Maak die stoompot toe met
die “regulator” Kook op vol hitte
tot stoom deur kom. Verlaag die hitte en kook
op lae hitte vir 15 minute.
6) Plaas nou die “regulator” in posisie
en kook onder vol druk. Verlaag hitte en kook
vir 15 minute . As die koker afgekoel het haal
vorm uit en maak die koek los van die kante met
‘n mes. Plaas op ‘n bedizening bor
en tik liggies boo m uit te kom.
Bedien warm met roomys of vla of room
Gemmerbrood uit die oond
Bedien 4
Kooktyd: 15 minute
2 koppies koekmeel
½ koppie volkoring koekmeel
4 teelepels bakpoeier
2 teelepels gemmer
2 teelepels gemengde kruie
4 eetlepels gemengde gedroogte vrugteskille
1 koppie sagte botter
2 koppies bruin suiker
3 eiers geklop
1 koppie suurrroom
½ koppie heuning
4 eetlepels lemoen likeur
½ koppie lemoensap
1 koppie amandels
1 koppie rosyne
1) Voorverhit die oond tot 180 grade
2) Sif die eerste ses bestandele en meng die vrugte
skille saam
3) Room die botter en suiker en vou die eiers
geleidilik by en meng goed. Voeg die suur room,
heuning, likeuer en lemoensap by en meng die amandels
en rosyne by.
4) Vou die koekmeel en meng goed. Gooi in ‘n
gesmeerde broodpannetjie.
5) Bak vir 15 minute en toets voor uithaal. Haal
uit broodpan.
6) Bedien warm en gooi bietjie kakao of strooisuiker
oor.
Bedien met styf geklopte room
Kers koekies
Bedien: 4
Kook tyd 8 minute
8 koppies koekmeel
½ teelelper bakpoeier
Knippie sout
9 koppies botter
½ koppie bruin suiker
4 teelepels goue stroop
½ teelepel vanilla essens
8 klein eiers
½ koppie oats
8 koppies “chocolate chips”
Melk indien benodig
Verglansde kersies
1) Voorverhit die oond tot 190 grade
2) Sif die eerste drie bestandele in ‘n
mengbak
3) Klits die botter, suiker, stroop en vanilla
geursel met ‘n elektriese menger of houtspaan
in ‘n ander bak tot sag en romerig. Voeg
die eiers nou een vir een by.
4) Vou die koekmeel met ‘n metaal lepel
by en meng stadig. Roer die oats en sjokelade
by. Voeg bietjie melk my indien nodig.
5) Skep lepels vol op ‘n bakplaat en bak
vir 4 minute tot die koekie half gaar is.
6) Plaas die kersies in die middle van elke koekie
en bak verder vir 4 minute. Laat afkoel en stoor
in ‘n lugdigte houer.
ST Nicholas Lekkergoed
1 koppie dadels
1 koppie rosyne
½ koppie vye
½ koppie gedroogde appelkose
1 koppie neute
½ koppie lemoenskil (gedroog)
3 eetlepels vars lemoensap
Bietjie klapper
1) Voeg die droe vrugte en lemoen skil in ‘n
voedsel verwerker en maal dit saam
2) Sit dit in ‘n bak en meng die lemoensap
en die neute by. As daar enige sap oorbly gooi
dit weg.
3) Sodra die mengsel stywerig is moet jy dit in
klein balletjies rol en daarna in die klapper
rol.
4) Draai nou elke lekkertjie toe in groen en rooi
papiertjies en sit dit in die yskas om goed te
stol.
Rum balletjies
2 eetlepels Kakao
Strooisuiker
2 ½ koppie fyn vanilla wafers
1 koppie fyn neuter
3 eetlepels meelblom
1 koppie rum
1) Sif die kakao en koppie suiker
2) Meng die res van die bestandele
3) Vorm die mengsel in balletjies en sprinkle
versiersuiker oor
4) Stoor in blik vir minste 1 week voor gebruik.
Dit kan tot 1 maand lank hou
Mint lekkergoed
1 pond suiker
½ koppie botter
2 eetlepels ingedampte melk
4 drupples peppermint geursel
2 drupples groen kleursel
1) Meng al die bestandele saam en knie goed.
2) Maak klein balletjies vorm minte
3) Plaas op ‘n bakplaat
4) Laat oornag set
Lekkergoed kieries
3 koppies suiker
1 teelepel mint geursel
½ koppie water
3/4 koppie stroop
¾ teelepel rooi kleursel
¼ eetlepel koeksoda
Meng suiker, water, stroop en koeksoda en verhit
tot suiker opgelos het, kook maar moenie roer
nie. Voeg ½ teelepel mint geursel by en
verdeel dan in twee gedeeltes.
Meng die kleursel by die een helfte in. Sit olie
op oppervlak en rol dit in riempies en draai die
rooi kleur om die wit kleur.
Suiker Koekies:
1 koppie suiker
1 koppie margenrien
1 groot eier
½ teelepel amandel of vanilla geursel
1 ½ teelepel bakpoeier
2 ½ koppies koekmeel
Rooi en groen kristalle
Gekleurde smarties
Klein silwer balletjies versiersel
1) Meng die botter en suiker, klits die eier,
bakpoeier en sout saam.
2) Voeg die koekmell stadig by die mengsel en
meng goed.
3) Knie die deeg enroll ‘n bal. Maak toe
in plastiek en laat vir 2 ure in yskas.
4) Voorverhit ood tot 180 grade
5) Rol die deeg uit en gebruik koekiedrukkers
om die koekies uit te druk.
6) Versien met smartjies, kristalle en silwer
balletjies
Gemmerbrood mannetjies
2 ¼ koppie koekmeel
½ koppie strooisuiker
½ koppie olie candycane
½ koppie ligte molasse
1 ½ teelepel kaneel
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel gemmer
1 teelepel naeltjies
½ teelepel koeksoda
½ teelepel sout
1 groot eier
Maak versiersuiker – groen en rooi
1) Meng suiker en koekmeel
2) Voeg eier, sout, koeksoda, gemmer, kaneel,
naeltjie en molasse by.
3) Vorm ‘n bal van die deeg en plaas in
yskas
4) Voorverhit ood tot 180 grade
5) Rol die deeg uit en gebruik koekiedrukkers
om die koekies uit te druk.
6) Versien met smartjies, kristalle en silwer
balletjies
7) Plaas om gesmeeerde bakplaat en bak vir 8 tot
10 minute.
8) Vir verisering sit versiersuiker aan wat aangemaak
is
|